Algemene skoonheidsbeserings en hoe om dit te behandel

Van brandwonde (dankie oorhaastig wees met haarysters en krultange) tot ’n maskara stokkie in jou oog, wakswonde en gom op jou wimpers. Hier is raad (want ja dit kom almal van ons nou en dan oor.) vir skoonheidsbeserings. Deur Suzanne Kotzé

Skoonheidsbesering: Maskarastokkie in jou oog

Kyk, ons is self skuldig aan haastig wees en in die motor maskara aanwend. Die meeste van ons het al ’n maskara stokkie in die oog gekry. (Gewoonlik waneer die bestuurder vinnig stop of oor ’n bultjie ry, natuurlik is dit hulle skuld of soms bestuur ons natuurlik self).

Oogkundinge Adéle Camera van Spectacle World gee raad.

Maskara is nie ’n produk wat vinnig aangewend moet word nie, veral nie terwyl jy in die motor is nie. Behalwe dat jy jouself kan beseer, is dit ook by belangrik om al jou aandag op die pad te vestig.  

Hierdie besering van maskara-stokkie in die oog gebeur dikwels. Hier is wat jy kan doen

1. Spoel jou oog liggies uit

Spoel dadelik jou oog liggies met skoon, lou water vir ongeveer 5 tot 10 minute. Dit kan help om enige oorblywende maskara of irritante te verwyder.

2. Klam lappie

Nadat jy jou oog uitgespoel het, kan jy ‘n koel, klam lappie op jou toe oog hou. Dit kan help om swelling te verminder en ‘n mate van verligting bied.

3. Moenie vryf nie

Moenie jou oog vryf nie. Dit kan jou oog verder irriteer en moontlike skade veroorsaak.

Enige besering met dowwe of dubbel visie is dringend, veral in een oog. Met enige direkte impak op die oog is dit altyd goed om na jou algemene praktisyn te gaan.

Skoonheidsbesering: Wimperkleur in jou oë

Soms laat kleur jy jou wimpers, of jy kleur dit self, en ewe skielik brand dit vreeslik, want die kleur het in jou oog beland.

Oogkundinge Adéle Camera gee raad

’n Mens moet maar altyd versigtig wees wanneer jy jou wimpers kleur. Gebruik die beste kleursel wat jy kan kry en hou altyd koue water byderhand om jou oog mee uit te spoel sou daar kleursel in jou oë kom.

Die kornea is die duidelike laag weefsel wat die voorkant van die oog bedek. Blootstelling aan kleursel kan tot skade aan die kornea lei. Dit veroorsaak dan pyn, ligsensitiwiteit en versteurde visie.

Skoonheidsbesering: Ooginfeksie wees ou ooggrimering

Oogkundinge Adéle Camera gee raad

Verskeie studies toon dat mense hul ooggrimering gebruik lank nadat dit verval het. Die beste is om na die datum te kyk en dit weg te gooi wanneer dit verval. Dit is ook belangrik om te onthou dat jy jou maskara net vir drie maande kan gebruik. As gevolg van herhaalde mikrobiese blootstelling tydens gebruik en die risiko van ooginfeksies, stel ek voor ’n mens vervang jou maskara drie maande na aankoop. As maskara droog word, gooi dit weg.

Skoonheidsbesering: Gom op jou ooglede/wimpers

Hierdie is iets wat Justine (wat weekliks haar eie vals wimpers aansit) gereeld oorkom. Die beste raad is om ’n olie-gebaseerder reiniger te gebruik om die gom te verwyder van jou vel en die wimpers. Moenie die gom probeer aftrek voordat jy dit gedoen het nie, want jy kan jou vel beskadig en ’n paar wimpers ook in die proses verloor.

Skoonheidsbesering: Haarysterbrandwonde

Wie van ons het nog nie met ’n haaryster of krultang gebrand nie. Ek het al verskeie kere die bokant van my ore gebrand met my krultang. Dermatoloog dr. Suretha Kannenberg sê sy het self al twee keer probeer om haar hare reguit te maak met ’n ‘warm ding’ en altwee kere gebrand en dit sommer toe weggegee. “Ek glo daar is mense daarbuite wat meer handig as ek is, maar ongelukke gebeur steeds.”

Dr. Kannenberg gee raad.

‘n Brandwond (oppervlakkig en diep) het baie sagkense behandeling nodig. Die nuwe selletjies wat onwikkel, het ’n perfekte groeibodem nodig om mooi te ontwikkel dat daar nie lelike merke vorm nie.

1. Maak wond liggies skoon

Maak die wondjie saggies en liggies skoon met soutwater – sagte friksie met ‘n wattebolletjie is al wat nodig is om dooie weefsel (‘slough’) te verwyder.

2. Wend produk wat petrolatum bevat, aan.

Ons weet nou deesdae dat ’n nat wondbed is wat ons wil hê – die outydse storie van wonde uitdroog, is bewys om slegte merke te gee.

Dus is dit belangrik om die een of ander petrolatum bevattende produk mildelik aan te wend. Bedek indien moontlik

3. Bly uit die son

Hou ook die area uit die son – om hiperpigmentasie te voorkom. 

4. Wees geduldig

Moenie haastig raak nie – hoe dieper en groter die wond, hoe langer gaan dit neem. 

Skoonheidsbesering: warm waks brandwond

Of dit nou in die salon of tuis is, gebeur waks wat te warm is en jou brand, baie algemeen. Volg dieselfde stappe as hier bo vir waks-brandwonde.

Skoonheidsbesering: kopvel brandwonde

Kopvel brandwonde, so erg dat jou kopvel stukkend brand en seerplekke vorm, gebeur. Soms is jou kopvel ook net meer sensitief, en dit vorm nie noodwending brandwonde nie.

Haarstilis Charles Junior Louw gee raad

(Charles sê wel dat hierdie nie in sy stoel gebeur nie, omdat hy al jare se ondervinding het)

Die redes hoekom kopvelbrand gebeur

Chemiese irritasie

Chemiese irritasie as gevolg van amonia en hydrogen peroksied kan die kopvel irriteer.

Over processing

As die bleikmiddel te lank opgelos word (haarkappers noem dit over processing) kan dit die kopvel beskadig.

Allergie

Sekere mense is allergies vir die bestandele in bleikmiddel. Dit lei tot swelling, rooiheid, jeukerigheid, en dit kan ook seer wees.

Versteurde pH

Bleikmiddel kan die pH balans op jou kopvel ontwrig. Dit lei dan tot irritasie en sensitiewe kopvel.

Sien dadelik ’n dermatoloog of dokter as jou kopvel so gebrand is dat jou kopvel afkom.

Voorkom ’n gebrande kopvel

Wees eerlik

Sê dadelik vir jou stilis as jou kopvel meer as gewoonlik brand (’n effense ongemak is normaal).

Kies jou haarstilis met sorg

Maak seker jou haarstilis is ’n kundige, met veral bleikmiddel.

Olie op jou kopvel

’n Beskermende behandeling of spesiale haar-olie (soos Wella Professional se Marula Oil behandeling) voor die tyd kan help om dit te voorkom.

Die beste beskerming is egter om nie jou hare 48 uur voor jou afspraak te was nie. Die sebum/olie op jou kopvel vorm self ’n natuurlike beskermingslagie.

Charles Junior Louw
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Ses wenke om gedehidreerde vakansievel te voorkom
error: Content is protected !!