7 Skoonheidsredders wat elke besige vrou nodig het

Hardloop jy rond tussen afsprake, of is jy net te moeg of te lui om baie tyd af te staan aan jou voorkoms hierdie tyd van die jaar? Hier is van ons staatmaker skoonheidsredders. Deur Suzanne Kotzé

Stylvol se ware skoonheidsredders

Hierdie is waarop ons staatmaak wanneer ons rondjaag van een afspraak na die volgende of oor naweke of vakansies wanneer ons eerder wil ontspan as tittewyt.

1. Droë Sjampoe

Nie tyd vir hare was nie? Droë sjampoe. Skoon hare wat pap hang? Droë sjampoe. Dit bly net eenvoudig ons grootste haarredder.

Pureology Dry Shampoo




Pureology Refresh & Go Dry Shampoo (R580, uitgesoekte salonne) is veganis-vriendelik en ruik heerlik.
Kristin Ess Style Reviving Brunette Dry Shampoo (R275, Clicks)
Moroccan Oil Dry Shampoo for Darker Tones (R515, retailbox)

2. Roomblosser

Roomblosser laat jou nie net dadelik minder moeg lyk nie (dit gee kleur en pragtige glans), maar jy kan dit blitsig aan jou lippe en wange tik. En sommer lyk of jy weet wat jy doen aangesien die monokromatiese (selfde kleur) grimeervoorkoms steeeds groot nuus is.

Catrice Cheek Flirt Face Stick 030 – Rock’n’Rose (R126, Superbalist)
Ere Perez Carrot Colour Pot (R470, straal.shop)
Maybelline Cheek Heat Liquid Blush 15 Nude Burn (R179,99, Clicks

3. Mooi haarband

Hierdie is nie net ’n redder vir uitgroeikleur nie, maar ook vir enige slegte (of ek het nie tyd vir hare doen vandag nie) dag. Van kopbande tot haarbande; die winkels is vol van die mooiste keuses. Moenie bang wees om te kleurblok met jou haarband nie. Kies dalk ’n oranje haarband by ’n pienk top of lyk monokromaties koel met ’n swart (pragtig saam met ligte hare) haarband en swart uitrusting of room op room. En jy kan enige vervelige uitrusting opkikker hiermee.

Pearl Embellished Satin Band (R259, Bare Threads)
Sequin Headband (R290, Jakop handgemaak)
Silver Knot Band (R239, Bare Threads)
Pink Twisted Knot Head Band (R250, Lovisa)

4. Rooi lipstiffie

Rooi lippe laat jou nou maar net een maal ‘gedoen’ lyk. Een van Coco Chanel se bekendste aanhalings is nie verniet: “If you’re sad; add more lipstick and attack nie.” Navorsing wys ook dat rooi lipstiffie ons jonger en mooier laat lyk.

PS as jy nie tyd het vir netjiese rooi lippe aansmeer nie, tik dit gerus met jou ringvinger aan vir ’n gevlekte (of gesoende!) rooi lip voorkoms. Hierdie is een van ons gunstelingtruuks wat ons by grimeerkunstenaars geleer het.

Chanel Rouge Coco Ultra Hydrating Lip Colour (R970, Woolworths)

5. ’n Aparte sakkie/houer vir jou elkedag grimering

Die meeste van ons het ’n magdom potjies grimering en pallette, tog dra ons gewoonlik dieselfde neutrale skakerings vir elke dag. Hou die grimering wat jy elke dag gebruik apart van al jou ander grimering. Dit maak dit makliker vir gryp en grimeer.

Viva Cosmetic Organiser – Shell (R739, josephjoseph.co.za)

6. ’n Aanplak manikuur

Ek sien onlangs ’n vriendin Emmy Schofield wat ook vir lank ’n skoonheidskrywer en blogger was, in die winkel raak en ek merk dadelik op hoe mooi haar naels lyk. Sy vertel: “Ek gebruik al die die afgelope ses maande al Stikd jel aanplak naelplakkers. Instede daarvan om ure in die salon te spandeer, kan ek maklik binne ’n halfuur my eie naels tuis doen. Die plakkers is supermaklik om aan te plak, jy hou dan jou naels vinnig onder ’n UV lamp, wend ’n bolagie aan, en hou dit weer onder die lamp. En die naels hou gewoonlik so drie weke (ek het selfs een keer ’n stel gehad wat vyf weke gehou het). Dit tjip nie en bly blink. Die beste deel is dat dit binne 10 minute verwyder met naelvlies-olie. Geen geskrop of gevyl om dit af te kry nie en my naels voel gesond.”

STIKD Starter Set (R750, stikd.co.za) sluit alles in wat jy nodig het om te begin: 2 stelle naelplakkers, ’n UV liggie, bo-lagie, naelvyl, hout naelvliesiestokkie, alkohol lappie, naelvliesolie, naelvlies terugdrukker en instruksies in ’n mooi sakkie.

7. Netjiese wenkbroue

Ons het die jaar wenkbroulaminering ontdek, en as dit reg gedoen word (nie te donker nie), spaar dit soveel tyd. Jy hoef nie soggens nog jou wenkbroue in te vul om te vorm nie. Jy spandeer nou wel elke ses weke so 30-40 minute om dit te laat doen, maar vir die elke dag tyd spaar is dit beslis die moeite werd. En jy lyk ook soveel beter met geen grimering aan as jou wenkbroue getint en gevorm is. (Veral as jy saam met mense op vakansie is, en selfbewus voel oor jou ‘bleek’ gesig.)

Lees gerus hier: Wat is wenkbroulaminering en hoe werk dit?

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Dr Derma
Wat is teledermatologie en 5 algemene veltoestande wat gediagnoseer word
error: Content is protected !!