Nuxe Merveillance Lift
Nuxe Merveillance Lift

’n Sterk, ferm vel met Nuxe Merveillance Lift

Die nuwe Nuxe Merveillance Lift velsorgreeks fokus daarop op jou vel se plooie en fermheid aan te spreek. Die formule is boonop veganisties silikoonvry en bevat minstens 96% natuurlike bestanddele. Deur Suzanne Kotze

17/06/2022
promosie

Waarom hou ons van die Nuxe Merveillance Lift velsorgreeks?

  • Die antieke groen-alg bestanddeel (wat al vir 2.5 biljoen jaar oorleef!)
  • Dit is veganisties, silikoonvry en word van 96% natuurlike bestanddele gemaak
  • Die verpakking is eko-vriendelik
  • Die ongelooflike teksture en geure!


Chlorella Vulgaris, die weerstandige antieke alg

Die naam van hierdie alg klink dalk soos ’n siekte, maar dit is ’n groen alg wat al vir langer as 2,5 biljoen jaar oorleef danksy die ongelooflike weerstandigheid van ’n membraan hoog in aktiewe bestanddele. Hierdie membraan is so ondeurdringbaar dat nie eens virusse dit kon deurdring nie! (en dink net wat die vir jou vel kan doen!) Boonop hergenereer dit ook sodat dit elke dag vier nuwe selle vorm.

Die groen alg word in Frankryk bekom deur ’n ingewikkelde wetenskaplike ekstraksie-
proses. Dit is immers nie maklik om die membraan van die alg te deurdring om ’n stabiele
mikro-alg olie-ekstrak, hoog in essensiële vetsure en anti-oksidante te maak nie. En ’n
enkele druppel van die olie bevat volgens Nuxe die konsentraat van vier miljoen mikro-alge!

Nuxe fokus daarop om meer natuurlik en eko-verantwoordelik te wees

Behalwe vir die veganistiese formule, word selfs gasse (soos koolstofidioksied) hergebruik
en die verpakking is ook meer omgewingsvriendelik. Teenoor Nuxe se vorige Merveillance-
reeks word 35% minder plastiek en 22% minder karton gebruik. Al die verpakking (behalwe die pipette van die serum) is ook herwinbaar.


Die ongelooflike teksture en geure van die Mervellance Lift produkte

Behalwe dat die produkte help om jou vel fermer en gladder te maak, is dit die ongelooflike teksture en geure wat ons hierop verlief gemaak het!

Nuxe Merveillance Lift Firming Powdery Cream (R750 vir 50ml)

Die room voel effens poeierig soos dit ingesmeer word en dit help om ’n natuurlik ‘blur’
gevoel te skep, wat plooie ook minder sigbaar laat lyk. Dit voel egter nie net lekker nie, 71% vroue wat die produk getoets het, sê ook hulle vel lyk gelig en 63% sê dit is fermer. Hierdie room is vir jou as jy ’n normale tot kombinasievel het.

Nuxe Merveillance Lift Powdery Cream


Nuxe Merveillance Lift Firming Velvet Cream (R750 vir 50ml)

Die room met sy fluweelagtige tekstuur is geskik vir normale tot droë veltipes. Dit voel
behoorlik of dit jou vel vertroetel soos wat jy dit aansmeer. Dit is maklik om te sien waarom 100% van vroue wat die room getoets het na twee maande voel hulle velle lyk mooier en meer soepel.

Nuxe Merveillance Velvet Cream

Nuxe Merveillance Lift Firming Activating Oil-Serum (R750 vir 30 ml)

Ons is absoluut mal daaroor om ’n gesig-olie te gebruik gedurende die winter. Dit voel
sommer soos ’n bietjie ekstra liefde vir jou vel. En drie druppels van die serum is al wat jy
nodig het op ’n slag. Die serum fokus daarop om jou vel meer soepel te laat lyk en help ook met die tonus en fermheid.

(N.S die olie voel glad nie olierig nie, en trek heerlik in.)

Nuxe Merveillance Lift Eye Cream (R575 vir 15 ml)

Soos die ‘Powdery Cream’ skep die tekstuur van die oogroom ook ’n ‘blur-effek’ sodat dit lyk of jou plooitjies en pofferigheid dadelik minder lyk. Dit is darem nie oë-verblindery nie, want 94% van vroue voel na een maande se gebruik dat hulle plooitjies en lyntjies gladder is.


Nuxe Merveillance Lift Concentrated Night Cream (R750 vir 50 ml)


Volgense Nuxe se navorsing kan die nagroom help dat jy soveel meer uitgerus lyk nadat jy
hierdie saans gebruik, dat dit lyk asof jy twee ure ekstra slaap ingekry het. Dit help om nuwe energie aan jou vel te gee en jou vel te herstel. Verder sê 100% van vroue wat die produk getoets het dat hulle plooie meer herstel het.


En as jy wonder oor wat die lekker geure is wat jy ruik as jy die produkte aansmeer; dit is
kammetjies (Freesia) en magnolia en (veganistiese) wit muskus. Dit kom in al die produkte voor, behalwe die oogroom wat ’n spesiale geur het spesifiek bedoel vir die sensitiewe area.

  • Die toetse is onderskeidelik deur 22 vroue gedoen wat die produk vir 28 dae gebruik
    het en 21 vroue wat dit vir 56 dae gebruik het.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Indola Act Now Texture Spray
Nuwe tekstuursproei: Indola Act Now Texture Spray
error: Content is protected !!