vierkantige gekleurde franse naels
vierkantige gekleurde franse naels

Vierkantige gekleurde Franse naels: dié nael-trend om nou te dra

Vergeet van net pienk en wit vir Franse naels; vierkantige gekleurde Franse naels is nou dié naels om te dra. Verskillende kleurskakerings en ‘n naelvyl omtower die ou gunsteling en maak dit modern, vars en prettig. Ons wys jou hoe. Deur Suzanne Kotzé

Vierkantige gekleurde Franse naels

Neem hierdie saam as jy weer salon toe gaan of verf dit self by die huis. As jy jou Franse manikuur tuis kon doen, gaan hierdie vir jou baie maklik wees. Vierkantige gekleurde naels is ideaal as jy nog altyd huiwerig was vir naelkuns of nie te veel van ‘n stelling wil maak met jou naels nie.

Die ronde vorm van die gekleurde verf en die reguit lyn van die vierkantige nael-vorm skep ‘n koel kontras. 

 Vars met turkoois

Naels deur fayebeautyx

Die turkoois lyk vars en skoon en die kleur is nie oordadig nie. Bio Sculpture Gel is gebruik om die voorkoms te skep, maar dit kan met gewone naelverf ook gedoen word. 

Verskillende pastel skakerings

Naels deur fayebeautyx

‘n Effense pienk onderlagie is gebruik. Pastelle maak dit maklik om verskillende kleure saam te dra, want dit pas bymekaar. 

Halfmaan detail (so reg uit die tagtigs)

Met die mode uit die tagtigs wat nou groot nuus is, is dit geen wonder dat die halfmaan Franse manikuur ook nou groot nuus is nie. Die monokroom skakerings en korter lengte laat dit egter modern lyk. Die styl is deur bekende Kaapse nael-kunstenaar, Minelli, geskep. Volg haar gerus op Instagram

Strepe details

As jy van naels hou volg gerus Betina R. Goldstein op Instagram. Haar ontwerpe is ongelooflik. Kyk net hoe modern laat hierdie fyn swart lyntjies die ontwerp lyk! Die nael vorm is wel rond (en nie vierkantig nie).

Pienk en turkoois met kant-detail

Gekleurde Franse manikuur

Hierdie mooi ‘mani’ is geskep met Gelish, deur Gelish SA, maar jy kan dit tuis ook doen. Ons hou van die kleur aan die kante. Die Gelish-skakerings wat gebruik is, is No Filter Needed en Manga round with me. Dieselfde kleure is beskikbaar van Morgan Taylor wat jy tuis kan gebruik of waarvoor jy kan vra by jou salon. 

Doen dit so

Gebruik ‘n natuurlike skakering as basislagie en die Morgan Taylor No Filter Needed en Manga round with me (of ander skakerings wat jy tuis het) om die voorkoms te skep. 

Video deur Gelish SA

Vylwenke

naelvyl 240 240

Nicole Hoffman, kreatiewe direkteur van Sparkle SA gee raad.

  1. Gebruik ’n 240/240 hout naelvyl op natuurlike naels.
  2. Vyl altyd in een rigting.
  3. Moet nooit jou naels vyl nadat dit in water geweek is nie, want jou naels is dan te sag en kan skeur.
  4. Poets (buff) jou naels met ‘n 100/180 naelpoetser (buffer). Gebruik die 180 (growwer kant) om enige oorblywende vyl-stukkies te verwyder.

Lees ook: /https://stylvol.co.za/die-treffende-ooggrimering-vir-met-of-sonder-maskers/

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Vyf goeie lipstiffiewenke
error: Content is protected !!