Eucerin se Ato Control reeks bied verligting en hidrasie vir my kinders se atopiese droë velletjies. Albei my dogtertjies sukkel met atopiese ekseem wat beteken hulle velletjies is baie droog met ‘n geweldige gejeuk.
Toe ons onlangs in die Vrystaat gaan kuier het, het die droë winter-lug die ekseem, wat goed onder beheer was in die Kaap se vogtige klimaat, net vererger. Met die gejeuk en gekrap was ek bekommerd dat die ekseem weer sal opvlam. As hulle aanhou krap kan dit lei tot klein blasies of selfs plaak wat kan vorm.
Ek het inderhaas Clicks toe gejaag en hierdie Eucerin Ato Control lyfwas en room gegryp. Die Eucerin Ato Control reeks beloof om die vel se sperfunksie te herstel. Die olie verhoed ook dat die vel verder sal uitdroog wat natuurlik ekseem kan vererger.

Eucerin Ato Control Bath & Shower Oil
Hierdie olie is so lieflik om te gebruik – die botteltjie het ’n oulik ‘pomp’ (mammas weet hoe handig dit is as mens net een hand het!). Dit bevat 50% omega-olies om die vel te hidreer en voed. Hoewel die lyfwas soos ’n olie lyk en voel, word dit seperig en vorm ’n skuim sodra jy water byvoeg. Dit laat nie ’n olierige lagie op die vel nie maar moenie die hare daarmee te was nie. Jy kan hierdie produk vir babas vanaf drie maande gebruik.



Eucerin Ato Control Lotion
Die lyfroom bevat ook omega-6-olies en die unieke ‘water in olie’ formule van hierdie room beloof om die vel sag en gehidreer te hou. Ek wend dit saans en soggens aan my dogtertjies se lyfies, veral die gedeeltes waar die ekseem geneig is om erger te raak soos in die voue van hul armpies. Ek het een aand vergeet om aan te smeer en Sidney het kort-kort wakker geword en gekrap aan die ekseem kolletjies. Ek is werklik beїndruk met die reeks, dit bied beslis verligting vir kinders se droë velletjies. Ek gaan dit aanhou gebruik, selfs wanner ons weer tuis is in die Kaap.


Sukkel jy ook met ’n droë vel tydens winter?
Lees ook Prettige haasoor haarband en bruisende tuisbehandelings-masker