Ons en Stylvol-vriendinne deel ons gunsteling romantiese flieks. Of jy nou ’n tuisbly Valentynsaand wil vier met ’n mooi fliek en of jy op jou eie ’n ‘chick-fliek’ wil kyk, hier is ’n heerlike lysie om van te kies. Deur Suzanne Kotzé
Ons moes onsself beperk tot slegs drie gunsteling romantiese flieks, want ons lysies is net te lank.
Suzanne se drie gunsteling romantiese flieks
Four weddings and a funeral
Ek geniet Britse humor en het net so lekker gelag vir al die ‘quirky’ karakters. Tussendeur die gelag en gehuil vir die karakters is ’n storie wat ’n groepie vriende volg terwyl hulle vier troues en ’n begrafnis bywoon en natuurlik ook liefde vind. Ek giggel sommer as ek dink hoe Hugh Grant se karakter Charles en sy woonstelmaat Scarlett elke keer verslaap wanneer daar ’n troue is.
Meer inligting hier
Kyk dit hier: Google Play
Eternal Sunshine of the spotless mind
Hierdie fliek bly my by omdat dit so anders as ’n gewone romantiese storie is. Clementine (Kate Winslet) en Joel (Jim Carrey) se verhouding het opgebreek en Clementine ondergaan ’n prosedure om Joel uit haar geheue te vee. Joel doen toe dieselfde. Maar somtyds hoort twee mense nou maar net bymekaar.
Meer inligting hier
Kyk dit hier: Google Play
Notting Hill
Alweer ’n Hugh Grant fliek! William (Hugh Grant) besit ’n klein boekwinkel in Londen en ’n bekende Amerikaanse aktrise Anna Scott (Julia Roberts) besoek sy boekwinkel en later loop hy haar weer raak op straat wanneer hy lemoensap oor haar mors. Hugh Grant se lomp manier van romanties wees en Julia Roberts se sterpersoonlikheid is ’n wenkombinasie. Hugh Grant se baie vreemde woonstelmaat sorg vir vele komiese oomblikke.
Meer inligting hier
Kyk dit hier: Google Play of Netflix
Justine se drie gunsteling romantiese flieks
Pride and Prejudice
is beslis ’n ou gunsteling – ons het op skool die Jane Austen boek as voorgeskrewe leesmateriaal moes deurwerk en ek het totaal en al my hart verloor op Mr Darcy! Destyds was die 1995 minireeks met Colin Firth my gunsteling, en later die 2005 fliek met Keira Knightley en Matthew Mcfadyen. Ek het al ophou tel aan hoeveel keer ek al hierdie fliek gekyk het!
Meer inligting hier
Kyk dit hier: Google Play of Netflix
Kyk Sense and Sensibility hier: Netflix
Bridget Jone’s Diary
Hierdie is een van daardie goedvoel, skreeusnaakse romantiese flieks wat ek oor en oor en oor sal kyk. Colin Firth is weer ’n “Mr Darcy” in hierdie treffer en hy bly een van my heel gunsteling akteurs. Renee Zellweger se karakter het by so baie vroue aanklank gevind en die lekker lag van die fliek sal my altyd bybly.
Meer inligting hier
Kyk dit hier: Google Play of Netflix
The Big Sick
Tranetrekker en lag tot jy huil beskryf hierdie fliek die beste. Die persoonlike groei in elk van die karakters en “realness” van die storielyn wat kultuurverskille aanspreek word fantasties uitgebeeld. Ek is sommer nou lus om dit dadelik weer te kyk!
Meer inligting hier
Kyk dit hier: Showmax
Stylvol-vriendinne se gunstelinge
50 First Dates
Op aanbeveling van Stylvol-vriendin Natasha Du Plessis
Henry (Adam Sandler) raak verlief op Lucy (Drew Barrymore), maar sy het ’n seldsame tipe geheueverlies en vergeet hom ’n dag later. Hy moet haar elke keer van vooraf op hom verlief laat raak.
Meer inligting hier
Kyk dit hier: Google Play en Netflix
About Time
Op aanbeveling van Stylvol-vriendin Sara-Lea van Eeden
Van die skeppers van Love Actually en Notting Hill. ’n 21 jarige man (Domhnall Gleeson) se pa verklap aan hom dat die mans in hulle familie deur tyd kan reis. Hy probeer ’n meisie kry (Rachel McAdams), en gebruik sy toekomsreise om die saak aan te help.
Meer inligting hier
Kyk dit hier: Google Play en Netflix
A Star is Born
Op aanbeveling van Stylvol-vriendin Cherade Bruiners
Hierdie hartroerende mooi fliek was beslis ook een van ons gunstelinge. Bradley Cooper en Lady Gaga se goeie toneelspel, die bittersoet storie en die ongelooflike musiek het ons nog lank bygebly. Dit het nie verniet soveel pryse gewen nie!
Meer inligting hier
Kyk dit hier: Google Play en Showmax:
A Walk in the Clouds
Op aanbeveling van Stylvol-vriendin Bets Ferreira
’n Getroude soldaat (Keanu Reeves) wat terugkeer van die tweede wêreldoorlog maak of hy ’n swanger vrou se man is om haar teen haar pa se woede te beskerm.
Meer inligting hier
A walk to Remember
Op aanbeveling van Stylvol-vriendinne Line Geringer en Lise-Marié van Zyl
Die storie van twee tieners. Stoutseun Landon Carter, en die voorbeeldige boekwurm, Jamie Sullivan, ontmoet mekaar nadat Landon in die moeilikheid beland en gemeenskapsdiens moet doen.
Meer inligting hier:
Kyk dit hier: Netflix
An Officer & A Gentleman
Op aanbeveling van Stylvol-vriendin June Wiid
’n Jong man (’n baie jong Richard Gere) moet ’n moeilike kursus voltooi om ’n loods te word. ’n Tawwe drilsersant en sy meisie ondersteun hom terwyl hy die belangrikheid van vriendskap, dissipline en liefde leer.
Meer inligting hier:
Kyk dit hier: Google Play
The Bridges of Madison County
Op aanbeveling van Stylvol-vriendinne Bets Ferreira en Jolanda Moote-Postmus
Wêreldbekende National Geographic fotograaf Robert Kincaid (Clint Eastwood) ontmoet ’n getroude vrou Francesca Johnson (Meryl Streep). Die aanvanklike vriendskap word ’n affair.
Meer inligting hier
City of Angels
Op aanbeveling van Stylvol-vriendin Rene Navisotschnig
’n Liefdestorie tussen ’n jong hartchirurg, Dr Maggie Rice (Meg Ryan) en ’n engel (Nicolas Cage).
Meer inligting hier:
Kyk dit hier: Google Play:
Crazy Stupid Love
Op aanbeveling van Stylvol-vriendin Bronwen Gordon
’n Middeljarige man Cal (Steve Carell) se vrou (Julianne Moore) wil skei. Sy nuwe vriend Jacob (Ryan Gosling) leer hom hoe om meisies op te tel. Maar dan ontmoet Jacob Cal se dogter.
Meer inligting hier
Dirty Dancing
Op aanbeveling van Stylvol-vriendinne Inamari Visagie, Natasha Du Plessis, June Wiid en Jolanda Moote-Postmus
Die 17 jarige rykmansmeisie ,Francis, hou saam met haar familie vakansie. Sy ontmoet die vakansie-oord se dansinstrukteur (Patrick Swayze)en word smoorverlief op hom. Hulle dans die oord aan die brand.
Meer inligting hier
Kyk dit hier: Netflix
Dying young
Op aanbeveling van Stylvol-vriendin Riana Venter Du Plooy
Hilary O’Neil (Julia Roberts) se kêrel het haar verkul. Sy begin met ’n nuwe werk as privaatverpleegster vir ’n man wat bloedkanker het. Hulle raak verlief, maar weet dit kan nie werk nie, want hy gaan sterf.
Meer inligting hier:
Eat Pray Love
Op aanbeveling van Stylvol-vriendin Nerine Saad
Na aanleiding van die bekende boek met dieselfe naam. ’n Getroude vrou Liz Gilbert (Julia Roberts) het alles wat haar behoort gelukkig te maak – ’n goeie werk, sukses en ’n man. Sy is egter nie gelukkig nie en skei van haar man. Sy probeer haarself vind deur op ’n wêreldreis te gaan. Sy ontdek die plesier van eet in Italië, bid in Indië en innerlike vrede (en liefde) in Bali.
Meer inligting hier:
Kyk dit hier: Google Play en Netflix
Life is Beautiful
Op aanbeveling van Stylvol-vriendin Mariette Pittaway. Mariette sê: Roberto Benigni, die regisseur, het gesê: “It’s a real love story in an extreme situation.”
Gedurende die 1930’s in Italië raak ’n Joodse man, Guido, verlief op ’n meisie en trou met haar. Hulle het ’n pragtige seuntjie en die gelukkige gesin se vrede word versteur toe die Duitse magte Italië binneval. Hulle word gevangene geneem en in die konsentrasiekamp maak Guido vir sy seuntjie se onthalwe of alles net ’n speletjie is. Hartroerend mooi.
Meer inligting hier:
Love actually
Op aanbeveling van Stylvol-vriendin Marthé du Preez van der Merwe
Die storie volg die lewens van agt baie uiteenlopende paartjies in die maand voor Kersfees in Londen. Van ’n ou rockster (Bill Nighy) tot ’n man wie se vrou oorlede is (Liam Neeson) en sy stiefseuntjie (Thomas Brodie-Sangster) tot ’n pasgetroude paartjie (Keira Knightley en Chiwetel Ejiofor) en Hugh Grant as eerste minister van Engeland wat verlief raak op een van sy junior personeellede.
Meer inligting hier:
Kyk dit hier: Google Play en Netflix
Mamma Mia
Op aanbeveling van Stylvol-vriendinne Paulette Goedhart Calitsen en Liesl Venter van Diemel
’n Ma (Meryl Streep) en dogter (Amanda Seyfried) is op ’n Griekse Eiland vir die dogter se troue. Sy weet nie wie haar pa is nie, en nooi sonder haar ma se medewete al drie moontlike pa’s na haar troue.
Meer inligting hier
Kyk dit hier: Google Play
Me Before You
Op aanbeveling van Stylvol-vriendinne Elane La Grange en Riana Venter Du Plooy
’n Jong vrou (Emilia Clarke) werk vir ’n kwadrupleeg, Will Traynor (Sam Clafin), wat geen wil oor het om te leef nie. Die twee vorm ’n baie hegte band. Hou sneesdoekies byderhand!
Meer inligting hier:
Kyk dit hier: Google Play
Message in a Bottle
Op aanbeveling van Stylvol-vriendinne Lise-Marié van Zyl, June Wiid en Nerine Saad
’n Vrou (Robin Wright) vind ’n uitgespoelde bottel met ’n romantiese brief in op die strand. Sy spoor die skrywer (Kevin Costner) op wie se vrou tragies oorlede is.
Meer inligting hier:
Ouf of Africa
Op aanbeveling van Stylvol-vriendin Bets Ferreira
’n Deense barones (Meryl Streep) raak verlief op ’n vrygeestige wildjagter (Robert Redford) in koloniale Kenia gedurende die 20ste eeu.
Meer inligting hier:
Kyk dit hier: Google Play
Pretty Women
Op aanbeveling van Stylvol vriendinne Joyce du Plessis, Riana Venter Du Plooy, Natasha Du Plessis, Inamari Visagie en June Wiid
’n Sakeman (Richard Gere), huur ’n prostituut (Julia Roberts) om sy metgesel te wees na verskeie funksies. Natuurlik raak die twee verlief, maar nie sonder ’n hele paar dramas nie.
Meer inligting hier:
Ps. I love you
Op aanbeveling van Stylvol-vriendinne Elana La Grange en Andrea Kok
’n Jong weduwee (Hillary Swank) sukkel om oor die dood van haar man (Gerard Butler) te kom. Sy ontvang 10 briewe van haar oorlede man wat anoniem afgelewer word oor ’n tydperk. Die boodskappe stuur haar op avonture om haarself te herontdek en haar te help om aan te beweeg. Elke brief eindig met die woorde: “Ps. I love you.’
Meer inligting hier
Kyk dit hier: Netflix
Safe Haven
Op aanbeveling van Stylvol-vriendin Lise-Marié van Zyl
’n Jong vrou met ’n misterieuse verlede (Julianne Hough) vlug na ’n plattelandse dorpie. Sy is vasbeslote om geen bande te vorm nie, maar swig voor die warmte van die gemeenskap. Sy vorm ’n hegte band ’n wewenaar (Josh Duhamel) en sy kinders wat haar leer om mense te vertrou, tot ’n vreemdeling opdaag wat vrae oor haar begin vra.
Meer inligting hier:
Kyk dit hier: Showmax
Sleepless in Seattle
Op aanbeveling van Stylvol-vriendin Nerine Saad
Wewenaar (Tom Hanks) stort sy hart uit oor sy liefde vir sy vrou tydens ’n radioprogram. ’n Joernalis (Meg Ryan) word diep geraak deur sy storie, soveel so dat sy aan hom skryf om hom te ontmoet.
Meer inligting hier:
Kyk dit hier: Google Play
Shall we dance
Op aanbeveling van Stylvol-vriendin Santa van der Heever
’n Verveelde middeljarige prokureur, John Clarke (Richard Gere), begin met dansklasse nadat hy die mooi dansinstrukteur (Jennifer Lopez) raakgesien het. John se vrou Beverley (Susan Sarandon) raak agterdogtig oor die nuwe wip in haar man se stap.
Meer inligting hier:
Sweet Home Alabama
Op aanbeveling van Stylvol-vriendin Elaine Nieuwoudt
’n Mode-ontwerper in New York (Reese Witherspoon) se droomkêrel (Patrick Dempsey) vra haar om te trou. Die enigste probleem? Sy is reeds getroud en probeer al sewe jaar lank van haar vervreemde man (Josh Lucas) skei. Sy keer terug na haar man om hom te probeer ompraat om te skei.
Meer inligting hier:
Kyk dit hier: Google Play
The Best of Me
Op aanbeveling van Stylvol-vriendin Lise-Marié van Zyl
Twee hoërskool-liefdes wat sielsgenote was, maar uit verskillende agtergronde kom, keer na 20 jaar terug na hulle klein tuisdorp vir die begrafnis van ’n vriend.
Meer inligting hier:
Kyk dit hier: Showmax
The Holiday
Op aanbeveling van Stylvol-vriendinne Liesl Venter van Diemel en Marthé du Preez van der Merwe.
Twee vroue, Amanda (Cameron Diaz) en Iris (Kate Winslet), ruil huise vir die vakansie nadat altwee se verhoudings nie uitgewerk het nie. Amanda bly in Iris se klein huisie in Engeland, terwyl Iris in Amanda se groot huis in Los Angeles bly.
Meer inligting hier:
Kyk dit hier: Google Play en Netflix
The Notebook
Op aanbeveling van Stylvol-vriendinne Joyce du Plessis, Marthé du Preez van der Merwe, Rosa Van de Merwe en Andrea Kok
’n Ou man lees briewe aan ’n vrou in die ouetehuis wat sukkel met haar geheue. Hy hoop dat die briewe oor ’n passievolle, maar arm, jong man (Ryan Gosling), wat verlief geraak het op ’n jong ryk vrou (Rachel MacAdams), gedurende die 1940’s en toe geskei is as gevolg van die oorlog en klasseverskille, help haar om te onthou.
Meer inligting hier
Kyk dit hier: Netflix
The Proposal
Op aanbeveling van Stylvol-vriendin Elaine Nieuwoudt
Andrew Paxton (Ryan Reynolds) is al drie jaar lank slawedrywer Margaret Tate (Sandra Bullock) se assistent. Die Kanadese Margaret het egter visumprobleme en om in die VSA te kan aanbly forseer sy haar assistent om met haar te trou.
Meer inligting hier
Kyk dit hier: Google Play
The Sound of Music
Op aanbeveling van Stylvol-vriendin Riana Venter Du Plooy
In hierdie ou klassieke film, op die waarheid gebaseer, verlaat ’n voornemende non (Julie Andrews) die klooster om na ’n wewenaar se sewe kinders om te sien.
Meer inligting hier
Kyk dit hier: Google Play
Top Gun
Op aanbeveling van Stylvol-vriendin Elaine Nieuwoudt
’n Waaghalsige en gedrewe jong vlieënier (Tom Cruise) van die Amerikaanse vlootskool leer ’n paar vlieglesse by ’n gewone vluginstrukteur (Kelly McGilles).
Meer inligting hier
Kyk dit hier: Google Play
Vir Altyd
Op aanbeveling van Stylvol-vriendin Nerine Saad
Hugo (Ivan Botha) en Nina (Donnalee Roberts) is al van kleins af vriende, maar hulle paaie skei. Jare later keer Hugo, nou ’n suksesvolle reisfotograaf, terug na hul tuisdorp. Sonder dat hy dit weet is die die dag voor Nina se troue.
Meer inligting hier
Kyk dit hier: Showmax
Walking on Sunshine
Op aanbeveling van Stylvol-vriendin Liesl Venter van Diemel
Populêre liedjies van die tagtigs word gebruik om die storie te help vertel wat afspeel in ’n kusdorpie in Italië. Na ’n holderstebolder-romanse berei Maddie voor om met die Italianer Raf te trou. Maddie nooi haar suster, Taylor, na die troue, maar besef nie dat Raf eintlik Taylor se eks van ’n vakansieromanse is nie.
Meer inligting hier
Kyk dit hier: Google Play
You’ve got mail
Op aanbeveling van Stylvol-vriendin Amelia Kroes
Kathleen Kelly (Meg Ryan), die eienaar van ’n klein, onafhanklike boekwinkel, ontmoet ’n man tot wie sy aangetrokke voel op die internet. Min weet sy die man, Joe Fox (Tom Hanks), is ook die eienaar van ’n groot kettingboekwinkel-groep ]. Dieselfde groep wat ’n bedreiging vir die voortbestaan van Kathleen se winkel is.
Meer inligting hier
Kyk dit hier: Netflix
Wat is jou gunsteling romantiese flieks? Laat weet ons gerus!