Met die vinnige pas van elke dag benodig ons ’n skoonheidsroetine wat so vinnig en hard werk nes ons doen. Indien jy dalk ’n minimalistiese skoonheidsverbruiker is of graag jou daaglikse skoonheidsroetine wil vereenvoudig, is hierdie artikel vir jou. Ons deel ’n paar hardwerkende, veelsydige en multi-taak skoonheidsprodukte wat jou nie net gaan tyd spaar nie, maar boonop rakspasie daarby. Deur Justine Kroes
06/06/2025
6 Veelsydige “multi-tasking” skoonheidsprodukte
1. Getinte SBF
Hoekom jy daarvan sal hou; ’n Getinte bevogtiger bied hidrasie, velsorgvoordele, ’n ligte onderlaagdekking en sonbeskerming alles in een stap.

Ons gebruik self ’n getinte bevogtiger vir dae wanneer ons nie lus is vir baie grimering dra nie, maar steeds ’n gesonde velglans wil hê. Perfek vir dae wanneer jy nie baie tyd het nie, maar steeds vinnig wil klaarmaak en gepoleerd lyk. Dit alles met sonbeskerming daarby. Psst, ’n BB of CC room sal dieselfde of ’n soortgelyke truuk doen!
’n Paar om te probeer:


2. Lipvlek (vir jou wange ook)
Hoekom jy daarvan sal hou: ’n lipvlek bied ’n natuurlike blosende kleur, nie net aan jou lippe nie maar aan jou wange ook, die beste gedeelte? Geen grimeerkwassie nodig nie.

Ons verkies dit om romerige grimeerprodukte te gebruik, nie net lyk dit meer natuurlik nie, maar wend boonop blitsvinnig aan. Tik eenvoudig jou lipvlek met jou vingers aan en gebruik wat oor is op die appels van jou wange en meng op en uitwaarts as ’n blosser aan.
’n Moet om in jou handsak te hou wanneer jy jou grimeervoorkoms deur die loop van die dag wil verfris.
Ons gebruik graag hierdie:



3. Alles-in-een Reiniger-balsem (Cleansing balm)
Hoekom jy daarvan sal hou: Hierdie balsem of soortgelyke oliegebaseerde reinigers laat grimering en onsuiwerhede in ’n oogwink wegsmelt. Perfek vir wanneer jy nie tyd het vir ’n hele klompie stappe in jou velsorgroetine nie. “Cleansing-balms” verwyder grimering, reinig die vel en laat jou vel goed gehidreerd en soepelsag – alles in een stap.
Koebaai dubbel-reinig – jou olie-gebaseerde reiniger, of balsem staan gereed om jou vel skoon en gehidreerd te laat.
’n Paar om te probeer:
4. Slim ontwerpte grimeerprodukte
Hoekom jy daarvan sal hou: Grimeerprodukte wat slim ontwerp is met meer as een produk in die houertjie maak ons minimalistiese harte opgewonde. Produkte met ’n lipstiffie, blosser, verhelderaar en poeier in een kompakte houer bymekaar? Wat meer wil ’n vrou hê!
Hierdie slim produkte spaar boonop hope plek in jou handsak en grimeersakkie – ideaal vir reis.
Kyk net hoe slim is hierdie ontwerpe:


5. “Multipurpose balm” Veeldoelige balsem
’n “Multipurpose balm” (dink aan Elizabeth Arden 8 Hour, Eucerin Aquaphor, Weleda Skin Food) is ’n voedsame room met okklusiewe voordele. Hierdie room is ontwikkel om jou vel se sperfunksie te herstel – hou vog binne en beskerm jou vel.

Deur die jare word hierdie balsem/rome vir meer as net hidrasie en velirritasies gebruik;
Naelvliesies en handeroom
Gebruik dit op jou naelvliesies, of as ’n ekstra hidrerende handeroom (koebaai eina winterhande!)
Tem jou wenkbroue
Jy kan selfs ’n balsem gebruik om jou wenkbroue te tem en op hul plek te hou.
Lipsalf
Gebruik as ’n lipsalf – hidreer gebarste lippe en skep ’n beskermende lagie, veral handig tydens winter.

Gebruik as verhelderaar (highlighter)
Vir dae wanneer jy min grimering dra – gebruik jou balsem as ’n verhelderaar op jou wangbene, ooglede of op die brug van jou neus.
Kalmeer droë vel
Kalmeer droë en sensitiewe velareas – winterwange, elmboë, kniee of enige droë harde plekkies op jou vel.

Tem wegvlieg-haartjies
Wanneer jy klaar jou balsem aangewend het – vryf (baie min) van die oortollige produk tussen jou hande bymekaar en vee liggies oor jou hare om wegvlieg-haartjies te tem.
Set jou parfum
Wend ’n klein tikkie balsem aan waar jy gewoonlik jou paarfuum gaan aanwend. Nie net beskerm dit jou vel nie, maar laat ook die geur van jou parfuum langer hou.
’n Handsakstapel
Mammas – hou byderhand in jou handsak vir krap, brand, of seerkry plekkies of om onverwagse droë vel of droë lippe te hidreer en streel.



6. Watersproei
Hoekom jy hiervan sal hou: ’n Watersproei (hetsy jy ’n thermal of rosewater sproei gebruik) het veelvuldige gebruike;
Hidrasiehupstoot
’n Onmiddelike hidrasiehupstoot gedurende die loop van jou dag – spuit eenvoudig aan wanneer jou gesig droog en styf voel. Veral handig indien jy heeldag voor die verwarmer sit.

Laat jou velprodukte beter werk
’n Klam vel absorbeer bestanddele beter as ’n droë vel – spuit aan voordat jy jou serums en gesigrome aanwend vir jou aktiewe bestanddele om beter te werk.
Set jou grimering
Sproei oor jou gesig aan nadat jy grimering aangewend het – dit help om daardie glansende velvoorkoms te verkry en ’n droë poeierige voorkoms te vermy.
Verfris jou grimering en vel
Gebruik dit deur die dag om jou grimering te verfris en weer vars te laat lyk.
Koel af
’n Moet vir ons strandsakke (ons hou dit ook in ons karre!) spuit oor jou gesig en agter jou nek aan om af te koel op super warm dae.
Streel geïrriteerde en senstiewe vel
Jou watersproei, veral Avene en La Roche Posay formules, kan ’n senstiewe vel streel en hidreer. Gebruik dit na gesigbehandelings, na ’n skeer of waks of na afskilfering.


Hierdie veeldoelige produkte is meer as net gerieflik, met ’n paar strategiese keuses kan jy jou roetine vereenvoudig, spasie spaar en steeds goed lyk sonder om 10098 stappe te volg.
Lees ook: Algemene wintervelsorg-foute







