Ja, kan julle glo dit is al amper tyd om Valentynsdag te vier – 2022 staan vir niemand stil nie. Ons het vir jou die tyd gespaar om daardie perfekte Valentynsdaggeskenk of ervaring te soek, hier is ’n paar oulike Valentynsdag geskenkidees wat ons raakgesien het.
Kleur vir jou kombuis!
Hierdie Smeg Cordless Kettle (R3 890 beskikbaar op Banwell Luxury Appliances) is nie net mooi nie – maar jy kan die hitte van die ketel verstel – hoe slim. Dit is ook in talle ander skakerings beskikbaar.
Die Swan Espresso Coffee Machine (Retro Pump-reeks) R3 490 is beskikbaar in byna al die kleure van die reenboog! Beslis ’n gunsteling op ons lysie!
Oorbelle
’n Vrou kan nooit genoeg oorbelle hê nie – en moenie bekommerd wees as jy nie seker is oor die regte ontwerp nie, die meeste juweliers en winkels het geskenkbewyse beskikbaar! Hier is ’n paar mooi opsies:
Gin liefhebbers
Die kreatiewe klomp van Pienaar & Son, Sweet Lion Heart en Fitch & Leedes het besluit om hierdie spesiale “Valentine’s Day Bundle” saam te stel. Jou R329 sluit die volgende in: 6x 50 ml gin minis, 6x 50 ml Tonic van Fitch & Leedes, daarby 6x Double Chocolate Cookies van Sweet Lionheart. Ons sal nie omgee om die oulike geskenk te ontvang nie!
Slaapduo
Die perfekte slaapduo – ’n satyn oogmasker met ’n bypassende haarband daarby. Mr Price Eye Mask and Hair Band Set (R69,99)
Stylvolle blomskeppings
As jy in die Kaap woon is hierdie vars geskenkidee een van ons gunstelinge. Kyk net hoe mooi is die rangskikkings en blomkombinasies van To Gather Studio (volg hul op Instagram hier). Pryse wissel van R250 tot R450 afhangende van rangskikkinggroottes en blomkeuses. Stuur gerus ’n boodskap op Instagram hier.
Interessante plante
As jou ander helfte lief is vir ’n huis vol plante – hou verby met die bos rooi rose en bestel eerder ’n unieke plant van www.plantify.co.za
Die webtuiste maak dit sommer vir jou maklik – hul lewer af en jy kan jou plant kombineer met die allermooiste potte. Onthou net om betyds te bestel!
Skakel die geraas uit
As jou beter helfte lief is vir musiek, podcasts en oudioboeke luister is ’n paar “noise cancelling” oorfone dalk net die perfekte geskenk – JBL Tune 600 Wireless Active Noise Cancelling Headphones (R1 899 Superbalist). Bonus? Die pienk is so pragtig!
IOU- boekie vol verrassings
Die oulike Voucher Activity Book (R99 Typo) bevat 30 bladsye vol kreatiewe idees vir uitstappies, of selfs net ’n geskenkbewys vir ‘n”drukkie”. Soms is dit net die idee wat tel!
Hou Date Night tuis
Piekniek by die huis
Ons besef almal het nie altyd die geleentheid om uit te gaan nie, soos wanneer kinderopassers nie beskikbaar is nie maar jy wil steeds iets spesiaals saam geniet. Kyk hoe slim is die Wild Peacock Date Night Box (Kaapstad) R629 op yuppiechef.com. Die boks bevat die volgende: Jack Rabbit Chocolate Slab, 70 g; Wild Peacock Preserve, 320 g; 2 x Gudgu Sugar Free Cordials, 50ml each; Dulcey Chocolate Discs, 100 g; Pack of 2 Schoon Frozen Pasteis de Nata; Charcuterie Mix (Bresaola, Rustico & Prosciutto); Dalewood Traditional Camembert, 125 g; Pack of 2 Jason Bakery Frozen Baguettes, 25 cm; Gonedsa 2 Months Matured Boerenkaas Jong Belegen Gouda; Chilli Lizzi Picnic Red Chilli Relish, 28 g.
Fliek-aand
To be gift boxes se Couples Movie Box (R330) is die perfekte bederfboks vir ’n fliek-aand in die gemak van jou eie huis. Die boks bevat mikrogolf-springmielies, ’n springmielie-emmer, smarties, ‘know-your tribe’ kaartjies, plastiekkoppies plus ’n 220 ml Coke. Al wat jy nou nodig het is ’n goeie fliek!
Vir diere-liefhebbers
So Pooch illustreer unieke kunswerke van jou troeteldier. Die proses is so maklik – kies jou ontwerp (poster, canvas of t-hemp), laai ’n foto van jou troeteldier op, en jou plaas jou bestelling. So maklik soos 1,2,3! Pryse wissel van R550 tot R1 800
Bederfboks vir die manne
To be gift boxes het hierdie slim bederfboks vir die manne saamgestel – Die boks bevat; ’n kaartjie van jou keuse, ’n leer sleutelhouer, ’n luukse sepie, óf brandewyn óf gin (200ml); lipsalf en ’n soethappie.
Vir die braaimeester
5 minute is al wat jy nodig het vir ’n vuurgebraaide pizza! Die bonus – pak jou Pizza Braai in wanneer jy reis of selfs net by vriende gaan kuier. Die resep-opsies is eindeloos – van pizza tot lamspastei, soete smores of dalk selfs ’n hartjievormige pizza is maar ’n paar van die vele disse wat deur die Pizza Braai span getoets is. Pizza Braai with Pizza Spade (R2359)
Smulhappie
Wees gewaarsku as jy eers aan hierdie amandels, haselneute en makadamianeute begin smul gaan jy nie wil ophou nie! Die neute is omhul in 56% sjokolade, wat dit minder soet as melksjokolade maak, maar tog soeter as tradisionele donkersjokolade. En dit is so mooi verpak jy hoef dit nie eers toe te draai nie. Winston & Julia Assorted Nuts (R65 vir 100g)
His & Hers
Swemklere
Vinnig spring, Granadilla Swim het 20% afslag op elke item op hul webtuiste – hier is ’n paar gunstelinge wat ons raakgesien het:
Geskenk van tyd
Daniel Wellington se horlosiestyle is klassiek en stylvol; kyk net hoe mooi is die twee, een vir hom en een vir haar:
Vir die oggend koffies!
Die couples mug box (R460) van To Be Gift Boxes maak oggendkoffies saam net soveel meer spesiaal. Die boks bevat x2 koppies, x2 oulike hartjie teelepels, een pakkie Mama Macs Chocolate Chip Cookies.
Lees ook gerus: Reg uit die 90’s – kleurvolle krale