Hierdie oefenbykomstighede sal jou dalk motiveer om meer te oefen. Ons het al die ekstra aanmoediging nodig. Van die mooiste jogamat tot ’n handige drasak en reuse waterbottel. Deur Suzanne Kotzé
Oefenbykomstighede
A Love Supreme Aqua Delicious Monster oefenmat


Hoe mooi is hierdie oefenmat? Ek voel amper te jammer om dit op die nat gras neer te gooi en met my soms modderige tekkies daarop te trap. As jy heilig voel oor jou mat, is joga of pilates dalk veiliger oefeninge om hierop te doen.
As jy gereeld Stylvol lees, sou jy al agtergekom het dat ons gaande is oor die plaaslike ontwerpers A Love Supreme. Loer gerus hier na van hulle ander mooi produkte.
Die mat is van PVC-spons gemaak en is 1730 x 610 x 8mm groot. Onthou om nie jou mat lank in die son te los nie, aangesien dit sy leeftyd sal verkort.
Groot waterbottel; Snappy Tritan bottel in Koraal

So ’n groot waterbottel help my om deur die dag genoeg water te drink. Ek maak dit propvol as ek soggens douvoordag gaan oefen en probeer om seker te maak dat my bottel leeggedrink is teen nege-uur saans. So weet ek, ek het amper genoeg water ingeneem.
GetUp Jogamatsak


Hierdie sak se grootte is ideaal vir my opgerolde oefenmat. Dit het boonop ’n handige sakkie aan die buitekant van die mat met plek vir jou foon en sleutels.
Avène Thermal Spring Water

Ek hou graag hierdie klein botteltjie watersproei ook in my oefensak, en spuit myself koel gedurende en na my buitelugoefenklasse. Dit help natuurlik ook met rooiheid (en so onfiks soos ek tans is, is my gesig sommer baie rooi!) en sweterigheid.
Garmin Vivomove 3S Smartwatch (39mm) Rose Gold Bezel

Ek is nie mal oor die voorkoms van die meeste oefenhorlosies nie, maar hierdie een is mooi genoeg dat ek dit elke dag sal dra. (Ek moet net onthou om die battery te laai). Dit lyk soos ’n gewone horlosie, maar as jy op die gesig tik, verander dit in ’n slimhorlosie, waarmee jy jou hartspoed, die hoeveelheid treë wat jy gegee het, die kiljoules wat jy verbrand het en selfs jou slaappatroon ook kan sien. Die battery hou vir tot vyf dae voordat jy dit weer moet herlaai. Dit stuur ook deur die dag vir jou boodskappe om jou te herinner om nie te lank op ’n slag stil te sit nie.