Reg uit die 90’s – kleurvolle krale

Net toe ons gedink het die 90’s trend is verby, is die kleurvolle kralehalssnoer weer terug en meer luuks as ooit van tevore. Dit lyk nou effens anders – ’n klein bietjie meer volwasse met pêrels, goud en silwer afwerkings. Ons wys julle hoe ons dit dra en daarby ’n paar gunsteling kleurvolle krale wat nou in die winkels beskikbaar is. Deur Justine Kroes

Justine se kleurvolle krale:

Ek geniet dit so om hierdie kleurvolle krale te dra – seker die nostalgie daarvan! Dit herinner my skoon aan daardie kralehalssnoere wat ons vir vriendinne gemaak het en uitgeruil het op skool.

Ek het in Desember op twee sakpaskopies afgekom wat enige vervelige uitrusting dadelik ophelder. Ek kry boonop so baie komplimente wanneer ek hul dra dat dit beslis die nuwe gunsteling bykomstighede in my kas is.

Cotton On Beaded Necklace

Hierdie outjie is so lig en gemaklik om te dra en die sterretjies daarby is so oulik – ek het hul nog in ’n paar Cotton On winkels raakgesien maar dit is nie meer aanlyn beskikbaar nie.

Foschini Pearl Bead Multi Layer Necklace (R125)

Hierdie lyk dalk soos drie aparte hangertjies maar dit is eintlik drie-in-een – wat die “stapel” trend net soveel makliker maak om te dra. Geen koeke, en spaar boonop tyd om vinnig om jou nek aan te glip.

Ek kombineer sommer die boonste hangertjie met die hangertjie vir ’n voller effek rondom my nek. Stapel so veel as wat jy kan kan bo oor mekaar – meer is meer en hoe kleurvoller hoe beter met hierdie trend!

Dra verskillende krale saam!

Hier is nog ’n paar gunstelinge op ons wenslysie:

Carnival Daisy Multi Layered Necklace (R125 Foschini)

Pack of Beaded Necklaces (R339 Zara)

kleurvolle krale

Faux Pearl Necklace with Details (R419 Zara)

Bead and Pearl Coloured Necklace (R175 By Cara)

Confetti Choker (R260 Cheekababy by EGG)

Superbalist Flower Charmed Necklace (R179)

Lees ook: Gekleurde sonbrille wat ons nou wil dra

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Stylvol toets: Mikronaaldterapie
error: Content is protected !!