Vakansiehuis-regruk, Inspirerende voor en na fotos

Instagram bekende Misha Levin het in drie en ’n half maande ’n vakansiehuis-regruk aangepak – en ons het (soos baie ander) die inspirerende vordering en bouproses noukeurig op sosiale media gevolg. Die resultaat is ’n rustige neutrale oase in die Overberg. Ons het dit goed gedink om die inspirerende voor en na fotos te deel. Daarby ook Misha se beste spasie opknap-wenke indien jy jou eie huis-regruk beplan. Saamgestel deur Justine Kroes.

Psst hierdie vakansiehuis, “The Bungalow” in Hermanus, is beskikbaar om te huur vir vakansies; loer onder aan die artikel vir meer informasie.

31/03/2021

Wat was jou inspirasie agter die dekor vir The Bungalow?

Gegewe waar die huis geleë is, Hermanus, is die primêre funksie van die huis ’n vakansiehuis – daarom wou ek graag ’n spasie skep wat soos een groot rustige uitasem voel.

Ek het besluit op neutrale skakerings, ‘n spasie ryk aan teksture met skoon, klottervrye mure. Gemak en spasies waar herinneringe gemaak sal word.

Misha Levin

Hierdie was die denkproses agter al die dekor-besluite en afwerkings.

Na
Voor

Spasie-regruk wenke, moets/moenies:

  1. Wees op die uitkyk vir vervalle ou, on-opgeknapte huise om te transformeer – jy wil nie oor-kapitaliseer en betaal vir iemand se vorige opknapping waarvan jy nie hou nie.
  2. Leer meer oor mure en die huis se struktuur. Leer watter mure uitgebreek kan word om vloei van die spasie te verbeter. Ons kon met die huis op ons eie voortgaan omdat die huis se mure dit struktureel toegelaat het. Indien jy onseker is, kan ’n tekenaar (draughtsman) jou visie in die lewe bring.
  3. Stel ’n goed deurdenkte lys op van elke liewe item wat gedoen moet word met die koste uiteensetting daarby. Hoe meer detail in die “spreadsheet” hoe meer akkuraat sal jou kwotering en begroting wees.
  4. Werk naby aan die projek en moet dit nie oorlaat aan ’n projekbestuurder nie, hoe nader jy self aan die projek werk, soveel beter sal die gewenste uitkoms wees.
  5. Stel ’n begroting op vir onverwagse uitgawes soos byvoorbeeld elektriese- of loodgieterswerk. Ouer huise benodig gewoonlik meer aandag in hierdie areas en jy sal heel moontlik onbeplande ou pype of iets soortgelyks moet vervang.
  6. Stel ’n moodboard saam, dit sal jou help om jou ontwerp en estetika te lei. Verwys gereeld terug na jou moodboard om seker te maak jy skep ’n samehangende spasie waar alles bymekaar pas.
  7. Badkamers en jou kombuis voeg waarde by tot jou huis. Dink daaraan wanneer jy aan jou begrotingsverdeling werk.
Buite area na
Slaapkamer voor
Slaapkamer na
Kombuis voor
Kombuis na
Buite area voor opknap
Buite area na opknap

Boek op airbnb hier:

Lus vir vakansie in ’n spasie wat voel soos een groot rustige uitasem? Loer na The Bungalow op AIRBNB hier.

Vir meer leefstylinspirasie en slim dekorplanne volg vir Misha Levin op Instagram hier.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Raad vir kaggel kies
error: Content is protected !!