foto: Houtlander

Weet jy wat jou dekorstyl is?

Ken jy jou dekorstyl? Ja jy kan meer as een hê! Baie van ons is nie altyd seker wat ons dekorstyl is nie – Kim Botha van Mist Interior Studio in Gauteng deel ’n paar handige wenke om jou persoonlike dekorstyl vas te pen. Kim deel ook vyf van die gewildste dekorstyle wat sy tans mee werk. Deur Justine Kroes

25/03/2022

Is dit algemeen dat jou kliënte nie altyd weet wat hul persoonlike dekorstyl is nie?

“Ek het in my beroep vinnig besef dit is baie skaars vir ’n klient om net een dekorstyl te hê. Die meeste van die tyd het kliënte ’n hele paar gunsteling dekorstyle waarvan hul hou of in belangstel”.

Kim Botha

“Die benadering is dan natuurlik om kliënte se verskeie dekorstyle in ’n suksesvolle ontwerp saam te stel wat die beste by hul persoonlikhede pas maar steeds die integriteit van die dekor style te handhaaf. Dit gebeur ook gereeld dat paartjies van verskillende styl hou – dus is dit ’n belangrike stap in die ontwerpproses om die verskillende style bymekaar te bring en ’n spasie te ontwerp waarvan beide partye hou.”

“As ’n kliënt baie sterk voel oor ’n spesifieke styl probeer ek as ontwerper die proses en ontwerp van die spasie lei na ’n resultaat wat die beste by hul huidige huisstyl pas. As ontwerpers is dit ons verantwoordelikheid om kliënte in te lig oor al die verskillende elemente in ’n huis/vertrek om sodoende ’n pragtige spasie te ontwerp sonder om hul persoonlike styl af te skryf.”

7 wenke om jou dekorstyl vas te pen as jy onseker is:

1. Vra vir jouself “waarvan hou ek nie?”

Kim sê “Ek doen die oefening graag met my kliënte – vra jouself af, waarvan hou ek gladnie? Maak sommer ’n hele lysie en gebruik dit as ’n beginpunt om meer te leer oor waarvan jy eintlik hou.”

2. Maak ’n mood board

Stel jou eie mood board saam. Gedurende die konsep ontwerpfase van ’n projek sal ek as die ontwerper ’n mood board saamstel. So ’n mood board dien as ’n visuele illustrasie van wat moontlik kan werk binne ’n spasie. Die mood board is ’n handige manier om uit te vind waarvan kliënte hou en natuurlik ook waarvan hulle nie hou nie.

3. Kyk na dit wat jy huidiglik het

’n Goeie wenk is om te gaan kyk na die huidige meubels en dekoritems wat tans in jou huis te vind is. Dit gee jou gewoonlik ’n goeie idee van waarvan jy hou – en help natuurlik ook om ’n dekor/ontwerpstyl vas te pen wat binne die spasie sal werk en alles bymekaar te bring.

Baie keer is daar reeds ’n dekorstyl wat binne ’n spasie bestaan –’n unieke en persoonlike styl. Gewoonlik ’n kombinasie van elemente wat die klient van hou – items wat saam gepaar word deur soortgelyke tekstuur, kleurskakerings en vorm -wat as gevolg hiervan ’n styl van sy eie skep. Die sleutel hier is om die styl verder te ontwikkel of beter te laat inpas by die spasie.

4. Doen ’n aanlyn quiz

Jy kan ook ’n aanlyn vraelys invul om meer te leer oor jou persoonlike dekorstyle, daar is ’n hele klompie gratis op die internet beskikbaar, ek hou van:

Klik hier:

https://havenly.com/interior-design-style-quiz

Klik hier:

https://www.modsy.com/design-style-quiz/

5. Begin ’n Pinterest bord

Begin jou eie Pinterest bord – dit sal jou help om visueel te identifiseer van watter items jy meer of minder van hou. Soos jy al die gunstelinge op jou bord begin ‘save’ sal die Pinterest algoritme optel waarvan jy jou en vir jou soortgelyke dekorstyle en fotos begin wys. Wees net versigtig om nie in die gat van eindelose moontlikhede te val nie – dit kan jou net verwar of lei tot besluiteloosheid.

6. Eksperimenteer!

Wenk – Waag ’n bietjie en eksperimenteer met verskillende elemente (kleur, vorm, tekstuur en lig) om uit te vind wat jou gelukkig maak – en daardie “spark joy” gevoel gee. Dit sal jou in die regte rigting stuur met die proses om jou persoonlike dekorstyl te vind.

7. Neem inspirasie vanuit verskillende spasies

Kry inspirasie van spasies (winkels, kantore, museums) wat jou inspireer en wat vir jou esteties mooi is.

Hier is 5 van die gewildste dekorstyle:

Kim deel die 5 gewildste dekorstyle waarmee sy tans werk:

1. Mid Century Modern

Hierdie styl is ’n huldeblyk aan middel van die twintigste-eeuse meubelstukke wat die afgelope paar jare weer groot mode geraak het. Daar is verskeie winkels wat meubelstukke van die 50’s, 60’s en 70’s restoureer, dus word die styl as ’n baie volhoubare ontwerpstyl geag. Middel van die eeuse dekor bestaan gewoonlik uit donker hout spasies en hout meubelstukke (kiaat) met interessante teksture daarby.

Loer gerus na winkels soos Re-trend en Huisraad Modern:

Re-Trend Kiaat Sideboard
The Huisraad Ladidah Settee (R8700)
Render deur Mist Interior Studio Huis ontwerp deur Ruim Architects

2.  Minimalistiese style (Scandinavian/Nordic)

Die Minimalistiese style (Scandinavian/Nordic Styl) is ’n ontwerp konsep gebaseer op die idee dat ’n spasie simplisties, skoon en ongeklotter moet wees.

Die styl maak meestal gebruik van natuurlike materiale en eenvoudige lyne en vorme.

Houtlander Arm Chair (R9600)

3. Boheems

’n Boheemse dekor of interieur styl is ryk aan natuurlike teksture en skakerings. Inspirasie vir die styl word vanuit die natuur en natuurskoon geneem – dus maak hierdie styl gewoonlik gebruik van baie plante as dekor fokuspunte. Dink aan geweefde materiale soos tou of wol en selfs geweefde mandjies om ’n gevoel van warmte te skep.

House Bot ontwerp deur Mist interior Studio

4. Modern Country (Farmhouse)

Die country farmhouse dekor styl is al vir jare met ons, maar deur die jare het dit ontwikkel en al hoe meer ’n moderne aanslag aangeneem. Dit word verduidelik as ’n tradisionele dekorstyl met moderne estetiese ontwerp daarby.

House Max ontwerp deur Mist interior Studio

Die spasies maak gewoonlik gebruik van ontwerpelemente soos hout, rou bakstene en die gebruik van staal.

House Max ontwerp deur Mist interior Studio
House Max ontwerp deur Mist interior Studio

5. Afrika Kontemporêr (Contemporary African)

Contemporary African is nog ’n styl wat deur die jare ontwikkel en ’n meer moderne baadjie aangetrek het. Hierdie dekorstyl word gewoonlik in luukse wildverblyf, lodges of akkommodasie gevind. Loer hier na ’n paar ontwerpe deur Mist Interior Studio (huis ontwerp deur Werkhof Architects).

House Tha ontwerp deur Mist Interior Studio en Werkhof Architects
House Tha ontwerp deur Mist Interior Studio en Werkhof Architects

Meer oor Mist Interior Studio:

Kim Botha

Kim Botha stigter van Mist Interior Studio het haar Meestersgraad in Interieur Agitektuur ontvang en werk aan verskeie projekte insluitend residensiele en kommersiële spasies. Mist is gebaseer in Gauteng. Die Span by Mist glo

“good design emphasizes functionality, beauty and an attentiveness to detail”.

Mist Interior Design Studio

Kontak gerus vir Kim hier. Besoek Mist Interior Design Studio se webstuiste hier en volg hul blad op Instagram hier.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
6 Wenke vir die bou van ’n buite-onthaalarea – argitekte gee raad
error: Content is protected !!