Mila Guy
Mila Guy

Uitverkopingshisterie en -foute; vermy dit so

Vermy uitverkopingshisterie so; hier is kundige raad en aktrise Mila Guy gee ook wenke. Moenie oorweldig word deur en ’n klomp onnodige goed koop nie. (Dis soms moelik, ons weet! )Deur Suzanne Kotzé.

19/11/2022

Uitverkopingshisterie verduidelik

Elza Blerk eienaar van  TherapyNow verduidelik.

Die hele idee agter uitverkopings is dit ons moet voel dat ons iets gaan misloop en dit laat die primitiewe gevoelens van lewe of dood vlamvat. Dat ons regtig die item nodig het, anders gaan alles in ons lewe uitmekaar val.

Dit klink dalk ontsaglik dramaties, maar die realiteit is dat ons brein skuif van: ‘ek gaan nou winkels toe om kos of klere te koop’ tot ‘ek stap met ’n trollie klere of kos daaruit wat ek nooit gedink het ek gaan koop nie’.

Gevoelens van jou bewussyn en onderbewussyn speel ’n rol. Gevoelens uit ons verlede soos wanneer jou emosionele behoeftes nie vervul is nie, veroorsaak dalk dat jy dit probeer kry deur goed te koop by ’n uitverkoping.

Dit is baie soos dobbel. Endorfiene soos dopamiene word vrygestel en veroorsaak dat ons goed voel en deel voel van die ‘hype’. Dan gaan dit van een onderbewuste aksie tot die volgende.

Drie wenke om uitverkopingshisterie te vermy.

  1. Maak ’n lysie van wat jy nodig het en koop net dit.
  2. Neem iemand betroubaar saam winkels toe wat jou help om by jou lysie te bly.
  3. Besef dat koop jou nie regtig beter gaan laat voel nie. Inteendeel, jy gaan dalk erger voel.

Tekens dat jy dalk ’n inkopieslaaf is.

  • Jy stap keer op keer die winkel binne en koop goed wat jy nie regtig nodig het nie.
  • Jy het ’n leë gevoel in jouself wat jy probeer volmaak met inkopies.

Dit is soos ’n dobbelverslawing of ooreet as jy ’n eetsteurnis het. Wanneer jy daarin is, is dit asof jy nie eers meer weet wat aangaan nie.

Dit is belangrik om jouself ‘wakker’ te maak en bewus te wees wanneer jy in een van hierdie kringlope is. Jy koop om beter te voel, dit werk dalk vir ’n kort tydjie voor dit jou net nog slegter laat voel en dan koop jy weer.

Dink aan hierdie ses wenke van Binnelanders-aktrise Mila Guy voor jy koop

Foto:  Louis Daniel Botha 

1. Kwaliteit bo kwantiteit

Hoe ouer ek word, hoe meer besef ek, ek wil graag kwaliteitklere hê. Ek wil nie meer te veel “fast fashion” goedjies koop nie. Dikwels raak dit in elk geval vinnig lelik nadat jy dit gewas het, en dan het jy net jou geld gemors.

2. Wissel duur en goedkoop af

Ek probeer om, sê nou maar ’n duur(same) romp, jeans of rokkie te koop en dan koop ek byvoorbeeld my mode T-hemde by goedkoper plekkies.

3. Ken jou styl

Baie keer raak ’n mens ook so bietjie caught up on a look, soos op Pinterest. en ’n mens probeer dit doen, maar dan is dit glad nie jou styl nie. Of jy wil iets anders probeer met jou styl en dan koop jy iets duurs, maar eintlik is dit ongemaklik en glad nie jou vibe nie.

4. Hoe jy voel is belangrik

Ek probeer nie trends volg nie, maar gaan eerder op wat my vibe is en hoe ek voel. Ek dink met klere kan ons onsself so mooi uitdruk met hoe ons voel.  Dit is nie nodig vir crazy trends nie.

5. Weerspieël jou innerlike skoonheid met jou uitrusting

Jy moet dat daai inner beauty laat deurkom, en as jy lekker voel in die outfit, dan skitter ’n mens sommer soveel meer.

6. Maak seker jy koop net wat jy nodig het.

 Ek probeer gewoonlik wegbly van uitverkopings, want jy raak so meegevoer in die oomblik en dink ‘ahh, dis so goekoop.’ Dan is dit glad nie jou styl nie en lê net in jou kas.

So as jy wel na ’n uitverkoping gaan, sal my raad wees om voor die tyd seker te maak wat jy nodig het en net dit te soek en te koop.

Anders stap jy dak net by die winkel in en voel overwhelmed en koop alles.


Ons hoop hierdie wenke help jou om geen uitverkopingshisterie te ondervind hierdie jaar nie!

Lees ook: So gee jy jou aanlyn inkopies terug

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Jou kleur-persoonlikheid
error: Content is protected !!