Vickie de Beer Low Carb Express
Vickie de Beer Low Carb Express

Twee resepte uit Vickie de Beer se Low- Carb Express resepteboek

Hier is twee van ons gunsteling resepte uit Stylvol-vriendin Vickie de Beer se Low Carb Express resepteboek.  Die nuwe boek maak dit maklik om op die lae-koolhidraat manier te kook; of jy nou tien, twintig, dertig of veertig minute tot jou beskikking het. 

Vickie de Beer se Low-Carb Express
Low-Carb Express deur Vickie de Beer is beskikbaar op Takealot.

Punjabi Pizza uit Vickie de Beer se Low-Carb Express resepteboek

Punjabi Pizza

Suzanne sê: “My seuns begin eindelik meer avontuurlustig raak met kos en hierdie is ’n wenner. Die naanbrood is heerlik, en ons het almal heerlik gesmul hieraan.

Genoeg vir 4 

Hierdie gereg is so smullekker dat dit vinnig ‘n gunsteling vir aandete sal word. 

Blitskerrie:

30ml olyfolie

30g botter

500g hoenderdytjies, sonder vel en been, in kwarte gesny 

sout 

1 ui, geskil en in kwarte gesny

2 knoffelhuisies, geskil

6cm gemmer, geskil

½ groen brandrissie, meer as jy hou van brandsmake 

10ml vinkelsaad

30ml garam masala 

1x 400g blikkie, heel geskilde tamaties 

200ml klapperroom

handvol vars koljanderblare 

Naanbrode:

350g mozzarella, gerasper 

30ml dubbelroom Griekse jogurt

sout

10ml vinkelsaad

120g amandelmeel

15ml bakpoeier

2 groot eiers

30ml botter

2 knoffelhuisies, geskil en fyngekap 

  1. Warm die oond op tot by 200˚C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit en hou eenkant tot benodig. 
  2. Laat die olie en botter in ’n middelslagpan oor hoë hitte warm word. Geur die hoender met sout en voeg by die warm olie en botter in die pan. Braai tot goudkleurig, skud die pan so nou en dan. 
  3. Gooi die ui, knoffel, gemmer en brandrissie in die bak van ’n voedselverwerker en verwerk met die polsaksie tot dit ruweg gekap is. Voeg die uiemengsel by die hoender in die pan en braai vir 5 minute tot sag. 
  4. Voeg die vinkelsaad en garam masala by die die hoender en roer deur. Braai vir nog 1 minuut. Voeg die tamaties en klapperroom by, druk die tamaties met ’n vurk fyn en roer deur. Verlaag die temperatuur en prut saggies vir 15 minute. 
  5. Maak intussen die naanbrode; Meng die mozzarella en jogurt in ’n groot glasmengbak. Plaas in die mikrogolf vir 2-tot 3minute totdat die kaas gesmelt is. Meng goed deur. 
  6. Meng intussen die vinkel, amandelmeel, bakpoeier en eiers saam in ’n ander middelslag mengbak. Voeg die amandelmeelmengsel by die warm kaasmengsel en meng goed deur. 
  7. Keer die deeg op ’n skoon werkvlak uit en knie met jou hande tot dit glad en egalig is en ’n bal vorm. Verdeel die deeg in 4 ewe groot dele. 
  8. Rol elke deel tussen twee lae bakpapier uit in ’n ovaalvorm van omtrent 5mm dik. 
  9. Lig dit versigtig op die voorbereide bakplaat. Herhaal met die res van die deeg. 
  10. Bak vir 8-11 minute in die oond tot goudkleurig en gaar, maar steeds sag. 
  11. Smelt intussen die botter en meng die gekapte knoffel deur. Smeer die warm naanbrode met die knoffelbotter sodra dit uit die oond kom. Bedien die kerrie saam met die naanbrode en ’n paar takkies koljanderblare. 

5-minute Roomys en Wafels uit Vickie de Beer se Low-Carb Express resepteboek

5-minute Roomys en Wafels

Justine sê: “Wat ’n heerlike bederf vir die gesin, sonder dat ek te skuldig hoef te voel. Die dogterjies (en mamma) is mal hieroor. 

Genoeg vir 4 

Vir die roomys:

2 avokados, geskil en pit verwyder 

Knippie sout 

gerasperde skil van 1 suurlemoen

125ml (½ k) volroom jogurt 

300g bevrore frambose

45ml (3e) erythritol 

Vir die wafels: 

100g amandelmeel 

10g psylliumvesels.

2,5 ml (1/2 t) vanielje ekstrak

40g erythritol

60g botter

2 eiers 

125ml (1/2 k) melk

60ml gesmelte botter

  1. Vir die roomys: Gooi al die bestandele saam in die bak van ’n voedselverwerker Verwerk tot glad. Skep uit in ’n glasbak en eet dadelik of hou in ’n digsluitende bak in die vrieskas.
  2. Warm intussen die wafelpan oor matige hitte op. Gooi al die bestanddele saam in die bak van ’n voedselverwerker. Verwerk tot die deeg bymekaar kom. 
  3. Smeer die pannetjie met die gesmelte botter. Skep sowat 40ml (2t) van die mengsel in die pan en versprei die deeg effens met die agterkant van ’n lepel. Maak die wafelmasjien toe en wag tot al die stoom verdwyn  voor jy dit oopmaak. Lig die wafel uit die pannetjie en laat dit afkoel. 
  4. Bedien die roomys met die wafeltjies. 

Lees ook: Lae-koolhidraat Kersfeespoedings

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
estetiese ginekologie
6 Gewildste estetiese ginekologie-behandelings
error: Content is protected !!