KFM omroeper en Tussen-Ons en Bravo aanbieder, Tracey Lange, lag die lewe beter. “Lag is my terapie,” vertel die pasgetroude Tracey Lange, wat net so bekend is vir haar borrelende persoonlikheid as haar skaterlag en groot glimlag. “As jy vir jouself kan lag, dan vat jy die angel uit iemand anders se venynigheid teenoor jou.” En sy deel haar drie gunsteling ‘flou jokes’ wat jou beslis sal laat lag. Deur Suzanne Kotzé
Tracey vertel dat sy in ’n familie van harde werkers grootgeword het. “’n Familie wat ernstig is oor hulle werk, maar om te lag is so natuurlik soos asemhaal. Ons familie het die gawe om die blink kant in enige situasie te vind en dit te omskep in iets wat ons kan geniet en oor kan lag.
Tracey Lange: “Lag is my terapie.”
Lag is ’n vorm van stres-ontlading vir my
Dit is absoluut ’n vorm van stres-ontalding en dis ook ’n manier om partykeer situasies te ontlont.
Die voordele daarvan om vir jouself te kan lag
- Jy oordink nie dinge nie en neem jouself nie te ernistig op nie.
- As jy vir jouself kan lag, dan vat jy die angel uit iemand anders se venynigheid teenoor jou.
Ek het eenkeer by ’n verkeerde venue opgedaag vir ’n werkgeleentheid en een van my kollegas was nogal uiters venynig. Sy wou ’n groot gedoente daarvan maak (nadat ek dit in elkgeval reeds vir hulle vertel het). Toe ek op die verhoog moes gaan, deel ek toe sommer self die storie en toe lag almal lekker saam met my. Sy kon toe niks daarvan maak nie.
Om af te skakel is ook belangrik om ontslae te kan raak van spanning
As ek ’n slegte dag gehad het, gaan ek huistoe, skakel van alles af en kyk Friends. Dan hoef ek nie te
fokus nie en kan net lekker lag vir die simpel grappe.”
Wat laat Tracey lag?
- Simpel grappies wat niemand aanstoot gee nie.
- Mense wat partykeer net kinderlik kan wees, soos my vriende. Ons kan nogal kinderlik wees met hoe ons daaglikse dinge hanteer.
- As ek en my vriende 30 Seconds speel en ons clues is sommer totaal verkeerd.
Trou-oomblikke wat haar laat skaterlag het.

Selfs die berugte Suid-Ooster wat ander bruide moedeloos sou laat, het Tracey eerder laat lag. Toe hulle moes foto’s neem het die strooimeisies maar gesukkel in die wind. “Toe ons terugklim in die bus, sê die een: “Us walking in the wind MUST prove that we love you a lot, ‘cos who else would voluntarily deal with this nonsense! “ Dit was so snaaks! Die bridal party was soveel pret en hulle het die vibe heeltyd aan die gang gehou.”
Tracey se gunsteling ‘flou jokes’

Op Kfm (waar Tracey ’n aanbieder is) en sosiale media, is Tracey bekend vir haar liefde vir ‘flou jokes.’ Hier is drie van haar gunstelinge
- In die tyd van beurtkrag: Ek wil vir jou ’n Eskom grap vertel, maar ek het nie krag nie!
- Maak ’n sin met ‘engine’. Ek hou van wyn EN gin!
- Mnr. Skilpad gaan winkel toe en word beroof deur twee slakke. Die polisie daag op en vra vir hom: “Mnr. Skilpad, wat het gebeur. Mnr. Skilpad antwoord: Ek kan nie onthou nie, dit het so vining gebeur.
“Lag is my terapie. My raad vir ander mense is: Moenie dinge en situasies te veel oordink nie. Kyk uit vir die mooi en die gelukkige goed in die lewe.”