Strandmode; mooiste moet-hê items

Ons het ‘n klompie gunsteling strandmode-items op ’n toetslopie strand toe geneem – en ons was so beïndruk! Lees meer oor ons gunsteling nuwe moet-hê strandmode-items hier: Deur Justine Kroes. Foto’s Raincoat media; Photography Ellis

Lekker strandrokke

Just Cruizin se Lola Dress (R890)

Hierdie lekker lospassende gemakrok is perfek vir die strand – jy kan die rok toe bo-oor jou swembroek dra (met die gordel daarby) of selfs oop bo-oor ’n bloes en broek. Hierdie pragtige ontwerp is boonop beskikbaar in 5 verskillende skakerings, wit, butter, soft coral, navy en silver blue grey.

strandrokke

Stylvol sê

Nooit het ons gedink ons gaan so verlief raak op hierdie sagte geel en koraal kleure nie – beslis  nuwe gunsteling kleure vir ons. Maar vergeet van die kleur – hierdie rok is ’n somer moet-hê. Die super sagte materiaal sit so gemaklik – dit voel skaars asof jy iets aan het, en gaan beslis ons “go-to” uitrusting wees op daardie kokende warm somersdae! Die ontwerp van die effense pofmou aan die onderste gedeelte van die arm gee die rok daardie tikkie ekstra persoonlikheid. As geel of koraal nie jou kleur is nie – probeer gerus die Lola Dress in een van die ander 3 skakerings beskikbaar!

Strandsakke

A Love Supreme Beach Bag Surfs Up/ en Whales Tails (R650 elk)

strandsakke

A Love Supreme se allermooiste patrone stel nooit teleur nie – en hierdie seisoen is ons van vooraf verlief op al die oulike ontwerpe. Die Surfs Up en Whales Tail strandsakke is lekker groot (58 X 39 X 25 cm) en is gevoer aan die binnekant met ’n waterbestande materiaal.

strandsakke

Stylvol sê:

Hierdie strandsak se patrone het dadelik ons aandag gevang – soos kuns op ’n sak! Die grootte is net so lekker, groot genoeg om al jou strandbehoeftes in te pas maar nie ongemaklik oorgroot wat moeilik dra nie. Die handige ritssluiter maak boonop seker dat jy nie iets verloor wanneer die sak omval nie (dit het al so baie met ons gebeur!).

Gemak-plakkies

FitFlop iQushion Slides White (R599)

’n Slim ontwerpte gemakskoen met rubbersole – hierdie plakkies is perfek vir langs die swembad of strand toe! Die skoen gee ook ekstra ondersteuning aan jou voetbrug.

strand skoene

Stylvol sê:

Hierdie outjies noem ons graag “gemak-plakkies” want meer gemaklike slides het ons nog nooit vantevore gedra nie. Die skoen is lekker lig en dit voel skoon asof jy op wolkies loop met elke tree wat jy gee. ’n Slim ontwerp maar steeds modieus en byderwets. Die slider-sandaalstyl is deesdae aan al die modekenners se voete te sien en hierdie paar is net so trendy. Ons hou veral van die wit omdat dit by enige uitrusting sal pas. Die bonus? – die rubber oppervlak vee so maklik skoon!

Lees ook: Ons gesels met Isabel De Villiers

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Die nuwe room, ons bekostigbare kettingwinkelkopies
error: Content is protected !!