Christi Panagio
Christi Panagio
Foto: Kristina Stojiljkovich

So voel Christi Panagio minder oorweldig en meer positief

Al is sy van nature ’n blitsige, bondel energie en positief (dog realisties), sukkel sy ook tans; so voel Christi Panagio minder oorweldig en meer positief. Sy deel tien wenke wat vir haar help. Deur Suzanne Kotzé

“Ek is van nature ’n positiewe mens en baie energiek. Almal wat my ken weet ek het baie energie!,” vertel Christi Panagio. Sy sê egter ook die volgende oor positiwiteit: “Hoe ouer en wyser mens word, hoe meer realisties word ’n mens.

Ek probeer om so positief moontlik te wees oor dié dinge waaroor ek beheer het.

Om positief te wees beteken egter nie dat jy in distracted bubbles van ‘perfek-perfek-wees’ (soos baie keer op sosiale media voorkom) vasgevang moet wees nie. Dit beteken ook nie dat jy nie realisties hoef te wees of moet wegskram daarvan om oor die moeiliker en donkerder dinge van die lewe te praat nie.”

Sukkel jy tans om positief te voel? Voel jy ook ook oorweldig?

Ek voel 100% oorweldig en sukkel om positief te wees. Dis vir my makliker om positief te wees oor myself en my gesondheid, want ek neem beheer daaroor wanneer ek voel dinge is uit balans. Wat my verhouding met my man betref is ’n mens natuurlik bietjie meer geïrriteerd met mekaar, so ’n mens moet daarvan bewus bly.

Al is ek nie noodwendig op persoonlike vlak oorweldig nie, voel ek 100% oorweldig oor die wêreld se huidige stand van sake.

Ek dink dit is abnormaal om nie nou oorweldig te voel nie. 

10 wenke: so voel Christi Panagio minder oorweldig en meer positief

1. Gesels oor die swaar en moeilike dinge ook

Soms praat ’n mens oor wat aangaan in die wêreld en dan sê mense “dit is heeltemal te negatief vir my.”  Dit is vir my gevaarlik om so te dink, want daar is ’n fyn lyn tussen negatief en realisties. Alhoewel ek ’n positiewe mens is oor dit wat ek kan beheer, voel dit vir my dat daar dinge is in die wêreld is waaroor ons moet praat. 

Daar is heavy goed wat besig is om te gebeur. As jy eers met mense begin gesels, kom jy agter baie van ons voel so en almal het hierdie front wat hulle voorhou. Maar ons moet chat.

Ons kan ’n glasie wyn drink en chat oor maskara én oor wat in die wêreld aangaan. 

Ons moet hieroor kan praat! Vriende, mans en vroue. My manier om daarmee te deal is om hierdie goed te face (vierkantig in die die oë te kyk) en nie net daaraan as ‘negatief’ te dink nie.

2. Valerian Root vir slaaploosheid

Ek het so ses maande terug vreeslik gesukkel om te slaap. Ek is van nature baie angstig. Ek het toe Valeriaanwortel begin gebruik. Mens kry dit by die meeste apteke en gesondheidswinkels.  As ’n fisiese oplossing het dit my ’n groot verskil gemaak. 

3. Tref onderskeid tussen waar jy ’n verskil kan maak en wat buite jou beheer is.

’n Mens kan nie die las van die wêreld dra nie, want jy het nie beheer daaroor nie. Dit gaan jou net negatief laat voel. ’n Mens kan net probeer positief wees oor dit waaroor jy wel beheer het of ’n verskil kan maak. Jou eetgewoontes, oefening, leefstyl en persoonlike verhoudings. 

Onthou jy kan nie uit ’n leë teepot skink nie. 

4. Godsdiens; maak seker jy het ’n konstante connection

Vir my en Nico is godsdiens ’n manier van leef. Ons neem nie sommer besluite sonder om te consult nie. So neem ons wyse en ingeligte besluite. Daardie connection wat jy konstant het, gee jou net vrede en laat jou kalmer voel. ’n Mens moet ook ’n konstante verhouding hê. Jy gaan tog nie die ou met wie jy drie maande laas gepraat het bel as jou motor breek nie; jy bel die ou met wie jy gister gepraat het. Ek glo ook dat ’n mens jou Bybel moet ken. 

5. Wees dankbaar

Wanneer ek oorweldig voel, dink ek aan wat ek het, en waarvoor ek kan dankbaar voel. Ek bid elke aand en sê dankie dat ons veilig is, in ons eie huis, met vol mae in warm beddens. Dankie dat ons die dag oorleef het. Al daai klein dingetjies, wat eintlik groot dinge is, maak dat ’n mens minder oorweldig voel.

Dankbaarheid: so voel Christi Panagio minder oorweldig en meer positief
Om dankbaar te wees vir alles wat jy het, skep ’n rimpeleffek en maak dat jy minder oorweldig voel.  

6. Gesonde eetgewoontes en oefening

Terwyl ons onlangs weg was saam met Nico vir die verfilming van Survivor, kon ek agterkom watter groot verskil gesonde kos en oefening maak. Die kos wat ons gekry het, was nie baie gesond nie, en die hotel se swembad en gimnasium was toe. Ons was vir sewe weke daar! Toe ek net self gesonder etes by ’n winkel begin koop het en in my hotelkamer begin oefen het, het dit ’n reuseverskil gemaak. Dit was net weereens ’n bewys daarvan dat om beter te eet (jy hoef nie noodwendig alles reg te eet nie) en te oefen reeds help. Dit is 100% iets wat jou kan laat beter voel. Doen wat jy moet doen om beter te voel. 

7. Skep pockets van geluk tussen die malligheid van die lewe 

Al van voor Covid-tyd af het ek besef dit is nodig om pockets te skep tussen die lewe se malligheid deur. Reël ’n gesinsuitstappie in die berg, pak toebroodjies in, swem in die dam. Ek was nog altyd mal oor temapartyjies, wat toe heeltemal opgehou het. Ek het onlangs ou foto’s van al die ou temapartytjies gesien wat ons gehou het, en net besef hoe belangrik so iets is. Om vir ’n paar uur te ontsnap van die werklikheid. 

Christi en Nico Panagio by 'n tema partytjie
Christi en Nico by ‘n tema partytjie

8. Wees in die oomblik

Ons is baie keer in die verlede of in die toekoms. Fokus op nóú. Nóú is my kinders gesond, is ek hier, is dit ’n mooi dag. Ek voel beter as ek gaan stap, as ek gaan fietsry saam met die kinders, as ek in die koue water swem. 

9. Klim uit die wêreld

As die wêreld se dinge jou oorweldig, dan moet jy sorg dat jy gereeld uit die wêreld klim. Dit gee perspektief. Sit neer jou foon, tel jou lewe op en bring tyd in God se kalmerende natuur deur. Dit WERK en kan dus ’n daaglikse doelwit word.

Christi Panagio saai
Haal diep asem; sit in die son; gaan slaap vroeg; sit jou foon neer en wees aktief, verkieslik in die buitelug

10. Selfsorg

Hierdie is iets wat ek net nog altyd doen. Ek probeer so een keer per week tyd maak vir myself. Ek wens ek kon permanent gegroom wees. Dit sal amazing wees. En dit is nie iets wat ons kan los nie, want die hare begin gras staan, beenhare en toonaaels groei.

Ek sit nog altyd ten minste een keer per week Inoar Absolute Repair Mask op my hare. Soms lê ek sommer daarmee aan terwyl ek in die son lê of ek slaap sommer met dit aan. Dit maak so groot verskil aan my haartekstuur.

Ek probeer om so elke vier tot ses weke gaan vir ‘n gesigbehandeling, maar ek doen ook een keer per week ’n lekker groot gesigbehandeling tuis en gebruik pH Formula se Vita B3 en Vita C masker.

Dit is belangrik om selfsorg te doen om net weer vars en lekker te voel. Al hierdie klein goedjies dra by tot ‘n algehele beter gemoedstoestand wat nou so bitter nodig is.  

Het jy So voel Christi Panagio minder oorweldig en meer positief geniet? Lees ook: 10 Wenke om jou angs te beheer.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
cholera
10 dinge wat jy van cholera moet weet
error: Content is protected !!