‘Praat’ mooi met jou brein en jy sal verbaas wees oor wat jy kan bereik. Rolene Strauss gee raad: gebruik positiewe bevestiging so en jy mag dalk verras wees oor wat jy alles kan regkry. Deur Suzanne Kotzé
Rolene Strauss gee raad: gebruik positiewe bevestiging (‘positive affirmation’) so
Rolene Strauss is tans besig met haar meestersgraad in sielkunde en afrigting en positiewe bevestiging is iets wat sy self daagliks in haar eie lewe gebruik.
Wat is positiewe bevestiging?
Die menslike brein is onbeskryflik kragtig. Een van die funksies van ons brein is om ons te help om te kry wat ons graag wil hê.
Baie keer besef ons nie eens dat ons indirek vir ons brein sê wat ons wil hê en dat hy dit vir ons probeer kry nie.
Rolene deel ’n voorbeeld uit haar eie lewe
“Toe ek in 2011 op die Mej SA verhoog staan, kon ek nie ’n vraag beantwoord nie. Daarna was ek verskriklik bang om in die publiek te praat. Ek het vir myself gesê: ‘Ek wil nie in die openbaar praat nie.” Dit was natuurlik om mys te beskerm en aan die begin was dit dalk nodig. Ek het eintlik so vir my brein gesê: ‘Jy moet my help om nie in die openbaar te praat nie.’ Elke keer wanneer ek voor mense moes praat, het my hart begin klop, ek het begin sweet en ek het siek gevoel. Dit wat jy vir jou brein sê, gaan deur jou brein ingeneem word, en jou brein gaan daarop fokus en jou help om dit te kry.

Ons besef nie altyd hoe sterk of kragtig ‘n brein is nie.
Rolene Strauss
Dink so aan positiewe bevestiging
Rolene vertel gereeld die volgende vir haar kliënte wat na haar kom vir lewensafrigting:
“Verbeel jou jy het ’n groot, oop stuk land voor jou. Jy kan kies wat ookal jy in die land gaan plant. In jou een hand het jy ’n mieliepit en in die ander hand ’n saad van ’n giftige plant. Die keuse van wat jy gaan plant is joune. Die land gee glad nie om wat jy daarin plant nie, sy werk is om jou te help om daardie saadjie te laat groei.

Dit is waar positiewe bevestiging inkom. Dit is ’n manier om drome te manifesteer en ’n realiteit te maak; om jou brein aan te skakel en met die regte saad te voer sodat jou brein jou kan help om dit wat jy graag wil bereik te kan bereik.
Ek glo dat alles in die lewe twee keer gebeur. Die eerste keer in jou kop en die tweede keer in die werklikheid.
Kies dus versigtig en bewustelik wat die eerste keer in jou kop gebeur, sodat die realiteit wat daarop volg presies is soos jy wil hê dit moet wees.
Hoe gebruik ons positiewe bevestiging?
Jy hoef nie noodwendig te glo wat jy sê nie
Jy mag dalk op die stadium wat jy dit sê, nie glo in jou positive affirmations nie, maar dit maak nie saak nie. Jy voel dalk terwyl jy dit sê, nie so nie en dit klink dalk vir jou eenvoudig terwyl jy dit sê. Moet egter nie eenvoud verwar met swakheid nie. Positiewe bevestiging is ’n ongelooflike tegniek wat al oor en oor bewys is om ’n positiewe invloed te hê.
Besluit waarop jy wil fokus
Ek staan soggens op en skryf dan eers neer waarvoor ek dankbaar is. Dan besluit ek waarop ek wil fokus vir die dag. Hetsy dit my gesondheid, of kwaliteit-tyd saam met my kinders is of iets anders, sal ek dit vir my myself neerskryf.

Fokus dus op ’n area van jou lewe wat jy graag wil verbeter en gebruik die postiewe bevestigings daarvoor.
Die beste tyd om positiewe bevestiging te doen
Soggens kan goed werk, maar doen dit wanneer jy ookal kan. Ek gebruik dit byvoorbeeld wanneer ek na ’n funksie toe ry waar ek ’n praatjie moet doen.
Voorbeelde van positiewe bevestigings wat jy kan oefen.
Klik hier vir ’n weergawe wat jy kan uitdruk. Plak dit sommer op jou spieël en kies wat jy vir jou brein wil vertel.
Daar is ag areas waarop jy kan fokus


Vir inligting oor Rolene Strauss se kursusse besoek gerus haar webwerf.