Vandag is selfverbruining rome genadiglik nie meer daardie aaklige oranje skakering nie en meeste sonbruin rome se reuk is ook nie meer so sterk nie. Boonop is dit noodsaaklik om die veilige opsie te kies vir ’n sonbruin lyf, en selfverbruiningrome, geleidelike selfverbruining en getinte lyfroom of afwas kleur doen presies dit. As jy graag binnekort selfverbruining wil aanpak wees versigtig om nie hierdie selfverbruining foute te maak nie. Deur Justine Kroes
Tien foute wat jy maak:
1 Jy skilfer nie reg af af nie – dit is noodsaaklik om ten minste ’n paar dae voor jy fopkleur aanwend te begin om jou lyf te skrop en bevogtig – ’n droë vel sal streperige resultate gee.
2. Jy gebruik ’n olie-gebaseerde lyfskrop – hierdie tiepe lyfskrop laat ’n olierige lagie op jou vel, en veroorsaak dat die fopkleur eenvoudig bo op hierdie lagie gaan sit. So word jou kleur streperig en oneweredig.
3. Kies die verkeerde skakering – Jou fopkleur keuse is te lig, wat nie regtig ’n verskil maak nie, of jou kleur keuse is te donker en jy lyk onnatuurlik bruin. Wenk: toets eers die kleur op ’n onsigbare gedeelte van jou lyf om seker te maak jy het die regte skakering vir jou veltoon gekies.
4. Te oorhaastig – as jy nie genoeg tyd spandeer om jou fopkleur aan te wend nie, kan jy maklik streperige foute maak of selfs kolle laat waar jy nie behoorlik aandag gegee het, ingesmeer of gevryf het nie.
5. Jy gebruik te min fopkleur – jy is nuut met die selfverbruining tegniek en dink dit is “veiliger” om minder van die produk aan te wend. Maar om te min fopkleur gebruik kan ook strepe en kolle veroorsaak. Jy kan nie te veel van die produk aanwend nie – jou vel kan net ’n sekere hoeveelheid van die fopkleur absorbeer.
Maak jy enige van die foute?
6. Jy gee nie genoeg aandag aan jou elmboë, knieë en enkels nie – die maklikste manier om selfverbruining te identifiseer is wanneer iemand se elmboë, knieë en enkels donkerder is as die res van hul lyf. Party areas absorbeer selfverbuining vinniger as ander gedeeltees op ons lyf – vee vinnig jou kneukels, knieë, elmboë en enkels af nadat jy fopkleur aangewend het.
7. Jou bad of stort water is te warm – wat veroorsaak dat jou fopkleur nie so lank hou nie. Wanneer jy jou lyf droogmaak moet nie vryf nie, druk eerder saggies jou vel droog.
8. Jy verlaat dadelik die huis – jou nuwe kleur benodig minstens ’n paar uur om ordentelik te ontwikkel. Enige sweet en selfs skoene aan jou voete kan veroorsaak dat die kleur nie behoorlik daar ontwikkel nie. Ons raad – wend saans jou fopkleur aan, trek donker nagklere aan en wag so ’n uur voor jy in die bed klim.
9. Jy vryf nie die fopkleur reg in nie – onthou hoe meer jy meng en vryf, hoe beter is die kanse dat jy die kleur meer egalig aanwend.
10. Jy was nie jou hande nadat jy jou fopkleur aangewend het nie – was dadelik jou hande met warm seep water om vlekke op die palms van jou hande en tussen jou vingers te vermy. Pssst het jy al ’n handskoen vir aanwending (tanning mitt) gebruik? Dit beskerm jou hande en sorg vir eweredige aanwending van kleur.
Geleidelike selfverbruining
Wat is dit: ’n selfverbruiner wat ’n minder hoeveelheid van die bestanddeel wat kleur gee bevat, en ook ’n donkerder sonbruin lyf meer geleidelik laat ontwikkel.
Gebruik dit so: Wend dit daagliks soos ’n lyfroom aan (maar hou steeds in gedagte dat dit wel ’n selfverbruiner is en dieselfde reels vir aanwending geld hier). Hierdie kleur ontwikkel oor ’n paar dae, die effek is meer subtiel. Jy besluit om op te hou aanwend wanneer die kleur donker genoeg is vir jou.
Afwas selfverbruining kleur
Wat is dit?: Dit werk soos grimering (vir jou lyf) of soos ’n getinte lyfroom wat jou lyf sonbruin en glansend laat lyk maar jy was dit in die stort/bad af. Hierdie is ‘n goeie keuse wanneer jy ’n bietjie kleur op jou lyf wil he maar skrikkerig vir die selfverbruiningsproses is.
Gebruik dit so: Wend dit soos gewone selfverbruining aan (onthou om altyd jou hande te was!). Hierdie grimering of getinte room kan jy aanwend voor jy uitgaan of om jou huidige of paar dae oue fopkleur meer egalig te laat lyk en nuwe lewe te gee.
Ons sê probeer:
Suzanne sê: “Ek is regtig mal oor die Caribbean Tan Tinted Body Bronzer Shimmer Cream (R89,95) en is ideaal vir:
1. As jy nou moet uitgaan en jou bene is spierwit; dit geen net ’n klein bietjie ekstra kleur
2. As jy net meer glansend wil lyk, lekker op jou décolletage en arms wanneer jy uitgaan
3. Om oneweredige fopkleur weg te steek.
4. Om jou fopkleur of tan mooie te laat lyk”.