21 Skoonheids geskenk-idees vir Pa

Vadersdag is om die draai – en as jy nog nie ’n geskenk gekoop het nie – loer gerus hier vir skoonheids geskenk-idees wat enige Pa oornag in ’n metroman sal verander. En nee, geen Soap on a Rope hier nie! Deur Justine Kroes

10/06/2022

Geskenkstelle

Die stel is goeie waarde vir geld – jy bespaar ’n totaal van R285 op hierdie stel. Dit bevat Clarins Energizing Gel 50 ml, Shampoo & Shower 30 ml, Active Face Wash 30 ml met ’n handige reissakkie daarby.

Selfs Pa’s het ’n ordentlike velsorgroetine nodig, en FACE FOR HIM, ’n splinternuwe handelsmerk is gereed om mans (en Pa’s!) te kry om net daardie een stortproduk (van hare tot voete!) effens uit te brei. ’n Velsorgreeks plaaslik ontwikkel met die Suid-Afrikaanse man en klimaat in gedagte. Vir Vadersdag het FACE FOR HIM en Sealand Gear saam gewerk om die produkte en die nuttige wassakkie teen ’n afslagprys bekend te stel. Verskeie opsies beskikbaar – loer hier vir meer. Vanaf (R1 090)

Hou dit eenvoudig – plaaslike handelsmerk lelive het ’n drie stap proses in plek wat dalk net Pa se aandag sal trek. Loer hier om ’n velsorgroetine te kies volgens veltipe, droog, olierig of kombinasie velle (Pryse vanaf R780 per stel).

Skeer en vel

The Body Shop Maca Root & Aloe Shave Cream (R205 vir 200 ml) & Shaving Brush (R210)

Die houtborseltjie sorg vir ’n goeie hoeveelheid skuim wat die skeerproses veel makliker maak. Bestanddele van die maca wortel en aalwyn in die skeerroom beloof ’n gladde sagte en nie geïrriteerde vel na elke skeer.

Charlotte Rhys Shaving Gel (R174) se jeltekstuur maak skeer net ’n plesier – beskikbaar in 4 van Charlotte Rhys se luukse geure.

Charlotte Rhys Destress Aftershave Balm (R312,50) verander jou man se skeerroetine in ’n verfrissende ritueel. Die balsem verminder irritasie en herbalanseer die vel se vogvlakke, met hemelse geure daarby.

Versorging (Grooming) gereedskap

Skeer en knip enige lengte hare. Hierdie hybrid stileerder kan enige randjies van die hare netjies knip of deur enige lengte korter knip. Daar is drie aanglip kammetjies om die verskillende lengtes te probeer en die perfekte lengte van jou baard te vind. Gebruik op nat of droë vel.

Sorbet Man 3-in-1 Shaver (R599)

Die elektriese skeermes is ontwerp om baie na aan die oppervlak van die vel te skeer sonder enige eina oomblikke! Gebruik hierdie toestel op beide nat en droë vel.

Vir die man wat als het – ons kan jou waarborg hy het nog nie so ’n handige stelletjie nie (en as hy reeds het, is die helfte van die inhoud seker al verlore!). Hierdie 5 stuk stelletjie bevat ’n skêrtjie, naelknipper, naelvliestangetjies, naelvliesgereedskap en ’n handige kissie om als netjies te te bêre.

Sy EIE naelknipper!

Ons kan nie die enigste vroue wees wat al ewig na hul naelknipper soek nadat hul mans dit gebruik het nie?! Hierdie naelknipper lyk sommer sterk genoeg vir daardie harde naels.

https://clicks.co.za/sorbet-man_nail-clipper-big-black/p/321874

Vir sy voete

Ons ken van mansvoete wat desperaat hulp benodig – en hierdie Sorbet Man Foot Peel is die antwoord! Justine het onlangs vir haar man ’n stel laat aantrek – en die verskil na ’n week is omtrent indrukwekkend! Die “booties” wat jy aantrek bevat ’n kombinasie van chemiese afskilferaars en sure wat dooie velle na 7 dae laat afdop. Hierdie is gekies en gekeur en beslis ’n probeerslag werd!

Vir sy hande

Sê totsiens vir growwe hande vashou – Jack Black Industrial Strength Hand Healer with Vitamins A & E (R325 Absolute Skin) klink soos iets wat elke man nodig het. Die formule is nie olierig nie en absorbeer lekker vinnig. Die vitamienes A en E bevat albei anti oksidante wat die boonste lagie vel beskerm en herstel.

Lekkerruik fyngeure

Bleu De CHANEL Parfum Spray (R2 770 vir 100 ml)

’n Aromatiese vars – houterige fyngeur. Die boonste note is vars en jy ruik amber en muskus, daarna volg geure van die nuwe kaledoniese sandelhout – wat diepte en elegansie by die fyngeur bring.

https://www.woolworths.co.za/prod/_/A-504235124

Berdoues Hoja de Cuba (R1 675 vir 100 ml)

’n Vars, houterige fyngeur vir mans wat ook beskryf word as warm en kragtig. Met note van peperbessie, tabak en vetiver verbeel jy jou jy staan reg in die die middel van ’n Kubaanse tabakveld.

H24 by Hermès (R2 380)

H24 by Hermès is ’n aromatiese groen geur vir mans. Die eerste van sy soort – ’n kombinasie van natuur en tegnologie – word gebruik om hierdie sensuele, helder en lewendige fyngeur saam te stel. Jy ruik note van salie, nartjie, rooshout en eindig met geure van ’n metaal sclaren. Die geur is bekikbaar in ’n 30 ml en 125ml hervulbare botteltjie. 

Vir die baard

Maak daardie baard haartjies sagter met ’n baardolie. Propvol van net die beste natuurlike olies, insluitend sesamsaad en baobab olies hou hierdie baardolie jou man se baard sag en bevog boonop sy vel daarby.

Die Longmarket Beard Oil hou die vel en baard gehidreerd en sag. Drup ’n paar druppels in die palm van jou hand en wend aan ’n skoon baard aan.

Vir die ernstige baard-man

ENVISHA Beard Grooming Care Kit for Men (R599)

Hierdie stel is nou perfek vir daardie Pa’s wat hul baard groei ernstig opneem. Die stel bevat

1x 30ml Baardolie

1 x 60g Baardbalsem

1 x Skêr

1 x Hout borseltjie

1x Hout kammetjie

1 x Lap sakkie om als in te bêre.

Stortsakkies

Teken in op ons nuusbrief en word deel van die binnekring.

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
wimperwenke
Wimperwenke wat werk
error: Content is protected !!