sonskerm hoed
sonskerm hoed

9 van die grootste daaglikse sonskerm-foute

Ons maak self een of twee van hierdie nege daaglikse sonskerm-foute, so hierdie is beslis nie ’n ‘preek’ nie.  Nou dat baie van ons van die huis af werk en dalk meer sonlig sien as van te vore, is dit ekstra belangrik om sonskerm reg te dra. Deur Suzanne Kotzé.

Probeer om nie een van die grootste daaglikse sonskerm-foute te maak nie.

1. Die son skyn nie vandag nie, so ek hoef nie sonskerm te dra nie.

Dit is seker een van die mees algemene daaglikse sonskerm-foute! As jy dink jy het nie sonskerm nodig nie, want jy ry net werk toe, winkel toe of skool toe en terug en bring die res van die dag binnenshuis deur, dink weer. Google ’n bietjie ‘truck driver sun damage’ om te sien watter erge sonskade jy in ’n voertuig kan opdoen. 

2. Jy wil nie sonskerm gebruik nie, want dit voel ‘taai’.

“Hierdie is ’n verskoning wat ek gereeld hoor,” sê dermatoloog dr. Suretha Kannenberg. “Daar is egter wonderlike sonskerm te koop.

Party mense (die minderheid) hou van die dik, taai en/of blinksoort. Vir die res van ons is daar dunner, meer vloeibares, sommiges wat mat afwerking gee, sommiges met en sommiges sonder parfuums, en selfs sommiges wat getint is wat sommer as onderlaag ook dien. En ja, daar is sonskerms wat werk vir ekseemvelle.”

3. Jy vergeet van jou ore

“Die algemeenste plek waar velkanker voorkom, is op die binnehoek van jou neusbeen by jou oogholte en die bokant van die ore. Mense vergeet dikwels om hier sonroom aan te sit,” sê plastiese chirurg  Dr. Jonathan Toogood. 

4. Jy dink jou onderlaag met ’n SBF is dieselfde as ’n getinte sonskerm.  

“Sonskerm in jou onderlaag is nie dieselfde as ’n sonskerm met ’n tint in nie,” sê dr. Suretha. Die meeste onderlae se SBF is heeltemal te laag en te min in verhouding met die onderlaag. 

5. Jy tel die SBF van verskillende produkte bymekaar en dink die antwoord is die totale beskerming wat jy kry.

Hierdie is een van die algemene sonskerm-foute. Wanneer jou dagroom ‘n SBF15 bevat en jou onderlaag ’n SBF20, beteken dit nie jy het ’n SBF35 aan nie. Die sonbeskermingsfaktor word nie kumulatief verhoog nie. Dit help wel om verskillende lae produkte te gebruik wat sonskerm bevat, want plekkies wat ons dalk met een laag gemis het, kan met ’n volgende raakgesmeer word.

6. Jy los jou sonskerm heeldag in jou kar.

Die meeste sonskerms met ’n goeie reputasie moet deur toetsing gaan om seker te maak dat dit nie afbreek onder verskillende temperature nie. Dit kan beïnvloed word deur ekstreme hitte of koue. Daarom is dit beter om jou sonroom in ’n koel, donker plek te hou.

7. Jy wend sonskerm slegs een keer per dag aan.

“Jy wend nie weer aan nie want jy gaan nie in die son nie.

sonskerm hoed grimering
Foto: Unsplash

Daar is altyd son – of jy nou posbus toe stap of wasgoed ophang of motor toe loop.

Dan kry ’n mens natuurlik nie net ‘solar spectrum’ blootstelling van die son nie.

Sigbare lig word deur ligte en skerms ook uitgestraal.

Net binne-in die huis en motor? Ultraviolet A, infra rooi en sigbare lig kom deur vensters. Dit is dus baie belangrik om gereeld sonskerm aan te wend. Die maklikste manier om dit te doen as jy grimering dra, is om ’n getinte sonskerm te gebruik of self ’n kompakte onderlaag met sonskerm in.” Dermatoloog dr. Suretha Kannenberg. 

 

8. Jy wil nie sonskerm dra nie, want dit brand jou oë.

“As dit brand is dit gewoonlik omdat daar parfuums in is. 

Mens kan altyd redelik veilig wees as mens ’n pediatriese sonskerm kies; gewoonlik vir baie sensitiewe vel.

Indien jy een gebruik wat brand, moet dit nie op jou ooglede gebruik nie en staak aanwending op jou oogbank.” Dr. Suretha. 

* Ons sukkel self met oë wat brande en het onlangs Eau Thermale Avéne se sonskerm getoets en kan met eerlikheid sê dat dit nie brand nie.

9. Jy vergeet van jou hande

Die agterkant van jou hande moet elke dag saam met jou gesig sonskerm kry. Glo my (en almal bo ’n sekere ouderdom) eendag kyk jy na jou hande en wonder hoe hulle ewe skielik so oud lyk?! Die antwoord. Sonskade!

Om nie sonskerm op jou hand te smeer nie, is een van die daaglikse sonskerm-foute wat jy beslis sal berou.

So wees bedag om die grootse daaglikse sonskerm-foute

Lees ook:

Lees ook: Raad vir donker kringe onder jou oë

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
onderverf
Wat is die onderverf-grimeertegniek en hoe doen jy dit?
error: Content is protected !!