Selfsorg is nie selfsugtig nie; maak dit ’n prioriteit

Selfsorg is geweldig belangrik en selfsugtig is dit beslis nie. Dit vorm deel van die grondslag vir jou algehele welwees. Maak dit vandag nog ’n prioriteit, want dit beïnvloed alles van verhoudings tot werksprestasie en ook jou gesondheid. Deur Suzanne Kotzé

Wat is selfsorg?

Selfsorg verwys na intensionele aktiwiteite wat ons gesondheid en welwees verbeter.

Dit sluit die volgende in

Fisiese selfsorg

Genoeg slaap, gereelde oefening, dieet en voorkomende gesondheidsorg.

Emosionele selfsorg

Spanningsbestuur, bewustelikheid en teenwoordigheid en sosiale ondersteuning.

Geestes-selfsorg

Aktiwiteite wat jou brein stimuleer, soos lees of leer of aktiwiteite wat jou laat ontspan en goed voel.

Spirituele selfsorg

Bid, introspeksie, meditasie, tyd in die natuur.

Selfsorg is nie selfsugtig nie

Soveel vroue pas nie selfsorg toe nie, omdat hulle dit dalk self verkeerdelik as selfsugtig beskou, of bang is ander mense veroordeel hulle as selfsugtig. Soms is ons vroue veral die sondebokke. Jy kyk dalk na ’n vriendin wat iets vir haarself doen en dink ‘sjoe, waar kry sy tyd; sy werk seker nie; of sy skeep seker haar familie af.’ 

In realiteit help selfsorg ons om beter vir ander te kan sorg en te kan ondersteun. Deur ons eie koppies te vul deur selfsorg toe te pas, help dit ons om meer energie te hê en meer doelgerig te wees in ons verhoudings en verantwoordelikhede. En hierdie is ook geldig veral vir vroue wat gereeld in hoogs stresvolle situasies is, waar persoonlike welwees direk interaksie en effektiwiteit in verskillende rolle beïnvloed, in beide jou professionele en familie-omgewing.

Die belangrikheid van ’n positiewe omgewing

’n Positiewe omgewing (fisies en psigies) dra ook by tot jou welwees. Dit is belangrik dat jy moet kan onstnap van negatiewe invloede en dinge wat jou gespanne laat voel. Ontklottering van jou fisiese omgewing (regpak, wegpak en uitgooi) en ook negatiewe verhoudings is nodig.

Gesonde dieet

’n Gesonde, gebalanseerde dieet is belangrik vir almal, maar veral vir vroue wat in ’noorgangsperiode soos peri-menopouse is. ’n Goedgebalanseerde dieet ryk in vesel en kos wat anti-inflammatories is, is belangrik vir fisiese en geestesgesondheid.

Lees ook: Jou bloedsuiker en menopouse; kan ’n lae koolhidraat dieet help?

Genoeg slaap

Navorsing wys dat vroue meer geneig is om versteurde slaap te hê. Dit kan jou bui, kognitiewe funksie en algehele gesondheid beïnvloed. ’n Studie gepubliseer in die Journal of Women’s Healh wys dat slegte slaapkwaliteit geassosieer word met depressie en angstigheid in vroue.

Lees meer hier:

Wat is slaapsinchronisasie en hoe gebruik jy dit om beter te slaap?

15 Beste wenke vir beter slaap

Insig tot jou persoonlike behoeftes

Ware selfsorg is om jou peroonlike behoeftes te verstaan en om grense te stel, eerder as oppervlakkige maatstawwe. So verduidelik Amerikaanse sielkundige dr. Kennedy in ’n Hubermanlab-podgooi. Dit sluit emosionele eerlikheid in en om te leer om nee te sê wanneer dit nodig is. Dr. Kennedy beskyf selfsorg as ’n reis van persoonlik groei, wat individue bemagtig om uitdagings beter te bestuur.

Ontspanning

Jy weet wat jou waarlik laat ontspan, en dikwels is dit ’n kombinasie van dinge. Vir ons dit:

Bad en ’n boek

NUXE Rêve de Miel is ’n wonderlike pasmaat hiervoor. Die hele reeks is super-sensories met lieflike fluweelagtige teksture en reuke. Van die hoofbestanddele in die reeks (veral geskik vir droë vel) is heuning en botaniese bestanddele.

NUXE Rêve de Miel Face and Body Cleansing Gel (R750 vir 750ml, uitgesoekte winkels soos Foschini en Woolworths en aanlyn by Orleans Cosmetics). Die eko-vriendelike produk bestaan uit 92% natuurlike bestanddele en ruik en voel ongeloofik. Jy kan jou gesig en lyf daarmee was.

Rêve de Miel Hand and Nail Cream (R215, uitgesoekte winkels soos Foschini en Woolworths en aanlyn by Orleans Cosmetics) voed en streel jou hande.
Rêve de Miel Honey Lip Care 10ml (R445) Hoe oulik is hierdie verpakking! Lieflike tekstuur (glad nie taai nie) wat jou lippe heerlik sag laat voel.

Mooimaak en goedvoel

“Girly” tyd en NUXE Very Rose gaan hand aan hand. Die reeks ruik natuurlik ongelooflik (dit bevat strelende rooswater) en het ’n 100% natuurlike oorsprong.

Very Rose Hand Cream (R245) het die lieflikste roosgeur.
Very Rose Plumping Lip Serum (R445). Hierdie verpakking! Hierdie mooi lipserum voed nie net jou lippe nie, maar plomp dit ook op (danksy hialuroonsuur).

Stap saam met ’n vriendin

’n Studie gedoen deur Harvard Universiteit wys dat dat hegte verhoudings een van die sterkste voorspellers is van geluk en tevredenheid. Die vele voordele van oefening is wyd bekend. Deur saam met ’n vriendin/vriendinne te stap is dus dubbel voordelig.

Lees gerus hier: Stap, stap so; die vele voordele van aanhou beweeg

NUXE se Sweet Lemon produkte gaan saam op die uitstappie. Dit ruik soos suurlemoen meringue, gelukkig sonder die kilojoules!

Sweet Lemon Hand Cream (R215) ruik en voel nie net heerlik nie, maar is ook veganisties en organies.
 Die Sweet Lemon Lip Stick  (R150) is ideaal om jou lippe teen die wind en weer te beskerm terwyl jy stap. Dit is ook veganisties en organies.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
sekspraatjie
Die sekspraatjie: Hoe praat ek met my kinders oor seks?
error: Content is protected !!