Foto: Cotton On

Gekleurde sonbrille wat ons nou wil dra

Sonbrille mag dalk ’n klein modebykomstigheid wees, maar die impak op jou voorkoms is ’n reuse een. Hierdie seisoen is helderkleurige sonbrille in alle skakerings van die reënboog ’n moet-hê. Loer hier na die mooiste gekleurde sonbrille op ons wenslysie vanaf luuks tot ’n paar winskopies. Deur Justine Kroes

Reghoekig mooi

Sê ja vir die kleur die jaar – as jy huiwerig vir té bont klere dra, kies dan kleurvolle bykomstighede. Die reghoekige of vierkantige sonbril-trend is tans groot nuus en hierdie blou en room gekleurde rame van Cotton On het dadelik ons harte gesteel. Cotton On het al jare lank hierdie spesiale aanbieding – koop 2 pare sonbrille vir R250 – beslis ’n sakpas-kopie as jy nie net op een bril kan besluit nie! Koop saam met ’n vriendin en ruil uit wanneer jy moeg raak vir jou sonbrilkleur.

Annabelle Angular Sunglasses (R249)

Gigi Square Sunglasses (R249)

Dink Pienk

Pienk bly een van die seisoen se grootste kleure – ons wenk – vind die skakering pienk wat vir JOU werk of dit nou skelpienk of pastelpienk is – probeer net iets in pienk!

Ons hou van hierdie pienk sonbril-opsies:

Mr Price Pink Glo Sunglasses (R59,99)

Vogue x MBB Acetate Sunglasses (R1 169 Superbalist)

Cotton On Gigi Square Sunglasses (R249)

Geel en oranje

As jy huiwerig is vir pienk of blou – probeer iets nader aan aardse skakerings. Hierdie geel en oranje sonbrille is nog steeds trendy en sal boonop by meer items in jou klerekas pas.

Plastic Square Sunglasses Foschini (R99)

Zara Orange UV protection Sunglasses (R499)

Kleurvolle kat-oog

Kyk net hoe trendy lyk die kat-oog gekleurde rame van Mr Price – blou of pienk? Kies jou gunsteling kleur!

Mr Price Baby Blue Sunglasses (R59,99)

Mr Price Pink Glo Sunglasses (R59,99)

Lees ook: Ons gunsteling strandmode items

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Own it Cosmetics
Die ‘Own it Cosmetics’ sussies
error: Content is protected !!