ekseem
ekseem

Raad vir ekseem gedurende die somer

Hier is ’n dermatoloog se raad vir ekseem gedurende die somer vir as jy of jou kinders met ekseem sukkel. Jy ken die gejeuk na swem of nagte se wakker krap en min slaap. Deur Suzanne Kotzé

Ek en Justine het altwee kinders wat met ekseem sukkel en het self sensitiewe velle. Ons het Kaapse dermatoloog, dr. Suretha Kannenberg se raad gevra. 

Ons het gevra en hier is Dr. Kannenberg se raad vir ekseem gedurende die somer

1. Hoekom maak swem en son ekseem erger?

Water is sleg vir ekseem. Iemand met ekseem behoort dus nie te lank in die water te wees nie. Swem gaan natuurlik gepaard met oormatige hoeveelheid tyd in die water. Die son is ook bekend daarvoor dat dit sommige ekseemgevalle vererger; meestal as gevolg van hitte en sweet. 

2. Wat kan ’n mens doen om dit te verhoed/of die effek te verminder?

Smeer enige standaard room dadelik aan sodra jy uit die water gekom het. Probeer ook om oorverhitting te vermy deur uit die son uit te bly. 

3. Is daar enige sonskerm wat mense met ekseem eerder nie moet gebruik nie?

Dit is verkieslik dat sonskerms in hierdie gevalle nie enige parfuums of kleurstowwe bevat nie. 

My gunstelling minerale blok vir erg sensitiewe gevalle is Heliocare 360 Paediatric (R360-R770). Dit beskik oor  uitstekende beskerming, is nie taai nie (‘]sand-tested),bevat geen parfuum nie (tear-tested) en gaan ’n mens nie ’n wit skynsel gee soos die outydse sink en titanium sonblok nie.

Heliocare 360° Pediatrics Mineral SPF 50+ (R360, dermastore.co.za)

4. Wat kan mens doen nadat jy geswem het?

Spoel jouself dadelik met kraanwater af. Onthou net vinnig in en uit die stort, want lank in die water is nie goed vir ekseem nie. Druk jou/jou kind se vel liggies droog.

Net vinnig in en uit die stort.

Terwyl die vel nog klam is, smeer baie vogroom orals oor die hele lyfie. Vermy aqueous room. Hierdie is van ons gunsteling produkte om te gebruik.

Bioderma Atoderm Sos Spray
Bioderma Atoderm SOS Spray is een van ons gunstelinge vir besige lyfies wat nie wil stilstaan nie, of nie van ‘taai’ room hou nie.
Eucerin Ato-control Lotion ( Clicks)

Wat kan jy doen as die jeuk jou/jou kind wakker hou.

  • Maak seker jy/jou kind is nie te warm nie. Hitte maak die jeuk erger.
  • Muskiete kan die situasie vererger. ’n Muskietnet of ’n waaier kan hiervoor help. 
  • Wend nog vogroom aan. 
  • As dit ‘n geïsoleerde area is wat jeuk kan jy ’n koue kompres daarop aanwend. 
  • Sorg dat jy  ’n plan het om angstigheid te verminder. As almal so angstig raak gedurende so ’n episode is dit ‘n goeie idee om ‘n plan te hê. Fokus dalk daarop om asem te haal, oogkontak met jou kind te maak en ’n spesifieke liedjie te sing. Dit is ’n vorm van mindfulness wat goeie bewyse lewer in die behandeling van ekseem (onder andere).
Maak oogkontak met jou kind en probeer rustig bly gedurende ‘n ekseem ‘episode’.
  • Jy kan ook ’n sederende antihistamien probeer as dit nodig is. 
  • Wetwraps is iets om te oorweeg (veral vir ekseem kindertjies, maar kan verseker ook baie verligting bring vir volwassenes).

So werk Wetwraps

  1. Dit verbeter hidrasie deur water wat die vel afkoel.
  2. Die room onder die nat lap penetreer die vel beter.
  3. Dit help steroïde om beter te werk.
  4. Help dat die kind/jy nie krap nie.
  5. Verbeter slaap
  6. Verminder die langtermyngebruik van steroïde

So doen jy wet wrapping met kinders

  1. Smeer steroïde aan die nodige areas (indien jy steroïede gebruik) en smeer jou kind met ’n vogroom (sien aanbevelings bo)
  2. Week ’n stel (of net broekie of bo-stuk na gelang van waar die ekseem is) sagte klere (soos sagte ‘thermal’ pajamas) of ’n stockinette (beskikbaar by meeste apteke) in bietjie louwarm water.
  3. Druk oortollige water liggies uit en trek dit aan. Jy kan dit ook net gebruik waar die ekseem voorkom. Jy kry ook spesieale wet wrap kledingstukke wat jy kan gebruik.
  4. Trek sagte, droē klere aan bo-oor die klam klere of ‘stockinette’.
  5. Hou die klere so oornag aan.

Let wel: jy kan hierdie nie doen as jy infeksie (opgehewe vel met geel kors of herpes blasies) het nie.

As jy onseker is, kan jy altyd ’n aanlyn konsultasie doen met ’n dermatoloog by ’n platform soos DrDerma.co.za

Hierdie klink dalk soos baie moeite, maar studies het gewys deur dit vir vier dae aaneen te doen, kan dit ekseem met 71% verbeter. 

Nog inligting hier: https://www.allergyfoundation.co.za/…/learn…/wet-wraps/

Word gerus deel van die private Facebook atopiese ekseem ondersteuningsgroep oorsien deur Dr. Suretha. Klik hier. www.facebook.com/groups/saeczemasupport

Lees ook hier

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
sensueel
Vyf wenke om meer sensueel te lyk én voel
error: Content is protected !!