12 Parfuum moets en moenies

Parfuum is so ’n heerlike luukse gewoonte wat jou luim daagliks kan opkikker. Maak seker jy gebruik dit reg om die beste dra te kry. Hier is moets en moenies, van hoe en waar om dit aan te spuit. Deur Suzanne Kotzé

Parfuum moets…

1. Maak seker jou vel is goed bevogtig.

’n Vel wat goed bevogtig is, laat parfuum langer aanbly.

2. So 10cm weg

Hou jou parfuumbottel so 10cm weg van jou af wanneer jy dit aanspuit. 

3. Spuit die voering van jou klere

Moenie huiwer om jou parfuum ook aan die voering van jou klere te spuit nie, dit kan jou geur langer laat draal. Maar maak seker jy spuit dit aan naturlike vesels soos linne, sy of katoen want dit sal nie lank hou op sintetiese materiale nie.

4. Wees geduldig

Wag minstens ’n halfuur nadat jy ’n nuwe parfuum in die winkel aangespuit het, voordat jy dit koop. Dan het die geur al ontwikkel en kom die middel- en basisnote ook deur, wat bepaal hoe die parfuum regtig ruik, sê Barbara van Kraayenburg, bemarkingsbestuurder vir parfuum en skoonheid van die S.Bacher-groep. (Onthou die topnote is die note wat jy aanvanklik ruik, maar ook die note wat die vinnigste verdwyn).

5. Lae geur

Kry die meeste uit jou fyngeur deur jou geure in lae op jou lyf aan te wend. So sal die geur langer aanbly en daar is dit gee ook diepte aan die geur. Gebruik byvoorbeeld’n gegeurde lyfwas, daarna ’n gegeurde lyfroom gevolg deur jou fyngeur. Dit is natuurlike die beste as dit jou parfuum se spesifieke was en lyfroom is, want anders pas die verskillende note dalk nie bymekaar nie.

…en moenies

6. Aan ’n klam vel spuit nie

Moenie parfuum aan ’n klam of nat vel spuit nie. As jou vel klam is wanneer jy parfuum aanspuit, kan ’n reaksie plaasvind wat veroorsaak dat jou vel warmer word. Dit kan die kwaliteit van die parfuum verander.

7. Koop omdat dit goed ruik aan iemand anders nie

“Dit is ’n fout om parfuum te koop net omdat dit goed ruik aan iemand anders; onthou jou vel se suurvlakke verskil van die van jou vriendin en veroorsaak dat dit anders ruik aan jou,” sê Barbara.

8. In jou badkamer bêre nie.

Die temperatuurverskille in die badkamer kan veroorsaak dat jou parfuum se leeftyd verkort en kan ook veroorsaak dat dit nie meer so effektief is nie. 

9. Jou polse teen mekaar vryf nie

As jy jou polse teen mekaar vryf nadat jy parfuum aangespuit het breek jy die geur-molekules en dit beīnvloed hoe die parfuum ruik.

10. Vergeet van jou ander polspunte nie

Moenie parfuum net aan jou polse spuit nie, onthou van jou ander polspunte (soos agter jou ore, binnekant van jou elmboë en agter jou knieë) ook.

11. Aanwend aan jou décolleté area (veral gedurende sonnige dae) nie

As jy parfuum aan jou décolleté area spuit kan dit bydra tot die veroudering van die area, veral as jy werk toe ry en hierdie area aan son blootgestel word,” waarsku Barbara. 

12. Te kwistig spuit nie

Veral met jou wintersgeure wat dikwels meer intens is. Niemand van ons wil daai ou tannie wees wat so sterk na parfuum ruik, dat mens skaars kan asemhaal nie.

Onthou soos ons ouer word, neem ons reuksintuig af, so jy kan dalk self nie jou parfuum so goed ruik nie, maar ander mense kan.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
kopvel
Wat probeer jou kopvel vir jou sê?
error: Content is protected !!