prinses catherine
prinses catherine

Prinses Catherine leer om geduldig te wees met onsekerheid

Prinses Catherine het Vrydagaand ’n hartroerende boodskap oor haar kankerreis gedeel. Deur Suzanne Kotzé. Foto: Matt Porteous

15/06/2024

Prinses Catherine wat in Maart haar kankerdiagnose met die publiek gedeel het, is die afgelope paar maande uit die kollig terwyl sy behandeling ontvang. In haar bekendmaking van haar diagnose het sy gepleit dat hulle privaatheid gerespekteer word en dat hulle tyd as familie gegun word om die nuus te verwerk, terwyl sy met haar behandeling begin.

Die afgelope weke gis en gons dit of sy wel haar skoonpa, Koning Charles se verjaarsdagvieringe in die vorm van die Vaandelparade gaan bywoon en op haar Instagram plasing het sy bevestig dat sy dit wel gaan bywoon. Die Koningshuis het egter beklemtoon dat dit nie beteken sy is terug met haar gewone, vol program nie.

Prinses Catherine se hartroerende boodskap

Foto: Matt Porteous

Sy het hierdie hartroerende boodskap op haar en prins William se sosiale media gedeel.

Sy het mense bedank vir hul mooi boodskappe en gesê dat dit die wêreld se verskil aan haar en William gemaak het, veral gedurende van die moeilike tye.

“Ek maak goeie vordering, maar soos enige iemand wat al self chemoterapie gehad het, sal weet is daar goeie en slegte dae. Op die slegte dae voel jy moeg en swak en jy moet na jou liggaam luister en rus. Op goeie dae, wanneer jy sterker voel, wil jy die meeste daarvan maak.”

Sy deel dat sy steeds besig is met haar kankerbehandeling. Op goeie dae geniet sy dit om deel te wees van die skoollewe of om dinge te doen wat haar energie gee en laat positief voel.

“Ek leer om geduldig te wees, veral met onskerhede. Om elke dag te vat soos dit kom. Ek luister na my liggaam en en laat myself toe om die tyd te neem om te herstel.”

Sy bedank ook almal wat hulle eie stories met haar en William gedeel het.

As jy ‘n vriendin met kanker het, lees gerus hier: Ondersteun jou vriendin met kanker só

Instagram will load in the frontend.
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Instant Vortex VersaZone with ClearCook
Hoera vir ’n veelsydige dubbelgrootte lugbraaier met ’n glasvenster!
error: Content is protected !!