Beeldskone Rolene Strauss en haar man D’Niel Strauss staan bekend as een van Suid-Afrika se kragpaartjies (beslis couple goals!). Hierdie doelgerigte en produktiewe duo het die afgelope paar jaar 4 van hul eie ondernemings begin, en daarby 4 boeke geskryf tussen die twee van hul, dit als terwyl hul 3 besige seuntjies grootmaak. Maar hoe doen hulle dit, vra jy dalk? Om saam te beplan is die resep tot hul sukses. Lees Rolene en D’Niel se 5-stapplan tot sukses en hoe jy dit self met jou ander helfte kan aanpak, beplan jou toekoms saam. Saamgestel deur Justine Kroes
10/02/2025
Waarom saam doelwitte beplan?
“Dit is baie meer kompleks en ingewikkeld om ’n toekoms saam met jou ander helfte te beplan as jou eie toekoms. Om saam te beplan raak meer ingewikkeld, dit gaan nie net oor my eie doelwitte en roeping op my lewe nie, maar ons s’n saam.
Rolene Strauss
Dit beteken daar gaan doelwitte wees van elk van ons wat mekaar ondersteun, botsende doelwitte asook komplementere doelwitte, hierdie beplannings bloudruk is ’n hulpmiddel om daardie doelwitte saam as ’n span te bereik.” Rolene Strauss
“Nadat jy hierdie beplanningsessie voltooi het, gaan dit voel asof daar ’n berg van jou skouers af is, daar is ewe skielik nie meer onrealisitese verwagtinge van die ander persoon af nie en dit maak die saam-beplan-proses aan ’n gedeelde toekoms soveel makliker”
D’Niel Strauss
Beplan jou toekoms saam, hier’s hoe:
Nadat Rolene en D’Niel aan die begin van hul jaar hierdie beplanningsstrategie aanmekaar gesit en gevolg het, het hulle besluit om hul plan met ander paartjies te deel. ’n Stap-vir-stap gids om binne ’n dag duidelikheid te kry oor jou doelwitte en ’n aksieplan om hul doel te bereik.
How to plan a future together; 5-stapplan:

Prioritiseer en beplan vir 2,5 ure om die volgende 5 stappe saam met jou man, vrou, of lewensmaat deur te werk.
Stap 1: Individuele doelwitte en waardes

Dit is uiters belangrik om in hierdie stap duidelikheid te vind rondom jou persoonlike doelwitte en waardes. As jy nie duidelik is oor jou eie doelwitte nie, bestaan die gevaar dat jy moontlik jou ander helfte se verwagtinge probeer nakom eerder as om op jou eie te droom.
Beplan hierdie op jou eie tyd vooraf en lys al jou persoonlike doelwitte in al die aspekte van jou lewe. Van gesin tot gesondheid, jou emosionele welwees, fiksheid, finansies, beroep asook jou spiritualiteit en verhoudingsdoelwitte.
Stap 2: Gedeelde doelwitte en waardes

Deel nou elk van jul se persoonlike doelwitte, drome en waardes met mekaar.
Rolene verduidelik “In hierdie stap neem ons ’n tydjie en ons gesels oor ons gedeelde waardes, die waardes waarvolgens ons kies om te lewe. Byvoorbeeld van ons waardes is onvoorwaardelike positiewe agting vir mekaar (unconditional positive regard), geloof, liefde, respek, persoonlike groei en familie.
“Hierdie gedeelde waardes vorm dan die grenslyn van die beplanningsessie – as ’n doelwit of droom tydens die beplanningssessie nie ondersteun word deur ons gedeelde waardes nie, dan prioritiseer ons nie daardie doewlit nie” sê Rolene.
Skep ’n tydlyn en beplan daarvolgens, ons volg ’n 12 maande tydlyn. ’n Paar voorbeelde van ons gedeelde doelwitte sluit in, om saam ’n oggendroetine te skep, om ons seuns oor besigheid te leer op ’n prettige manier en om byvoorbeeld meer kwaliteittyd saam deur te bring.
Stap 3: Kompeterende en komplementêre doelwitte

Party van jul inviduele doelwitte sal komplementêr en aanvullend tot mekaar wees, byvoorbeeld jy en jou man wil albei graag meer tyd saam as ’n gesin spandeer.
Hoewel daar ook kompeterende doelwitte mag wees:
’n Voorbeeld hiervan; D’Niel het ’n doel daargestel om ’n suksesvolle, topverkoper boek te skryf en te publiseer terwyl ek graag my Meestersgraad in filosofie en coaching wou klaarmaak, dit als terwyl ons albei steeds meer kwaliteittyd as ’n huisgesin saam wou deurbring.
Selfs al is party doelwitte in kompetisie met mekaar moet jy probeer om ’n oplossing te vind om hierdie moeilike kompeterende doelwitte in komplementêre doelwitte te verander. Ons het dit byvoorbeeld reggrekry toe ons aan ons gesondheid en fiksheid wou aandag gee en terselfdetyd meer tyd saam met ons seuns spandeer; ons het toe besluit om meer aktief te wees en meer tyd saam met die kinders te spandeer wanneer ons skool toe stap of daarheen fietsry.
Dink aan kreatiewe manière om kompeterende doelwitte in komplementêre doelwitte te verander.
Stap 4: Prioritiseer en bestuur verwagtinge

Nou dat jy en jou maat op dieselfde bladsy is met gedeelde waardes en doelwitte, is dit belangrik om mekaar se verwagtinge te prioritiseer en bestuur.
Hier is waar die fyner beplanning te werk kom. Dink aan idees en planne om mekaar te ondersteun – beplan vir moontlike probleme wat mag opduik met kompeterende doelwitte en beplan proaktief hoe om hierdie probleme te bestuur en op te los.
Dit mag dalk byvoorbeeld wees om die ander persoon se individuele doelwit te prioritiseer bo jou eie vir 3 maande of om jou man/vrou se verwagtinge rondom huistakies te bestuur.
Leer om te prioritiseer, in die lang termyn sal dit jou so baie tyd spaar.
“Tyd is die mees waardevolle, nie hernubare hulpbron tot ons beskikking.” D’Niel Strauss
“Hierdie oefening forseer jou en jou maat om daardie moeilike gesprekke te hê, rondom verwagtinge, hierdie het byvoorbeeld tydens een van ons beplanningssessies gebeur – Ek het geweet ek is swanger en dat ons tweede kind nou op pad is. D’Niel was besig om ’n boek te skryf en nuwe besigheid te bestuur – dit het gehelp dat ons geweet het wat mekaar se doelwitte en verwagtinge was vooraf – sodat ons kon uitken waar die botsende doelwitte mag lê.”
Stap 5: Beplan agteruit

Die meeste van ons geniet dit om vooruit te beplan – maar ons het die sukses van agteruit beplanning gesien.
Begin met die einde in gedagte, waar wil jy wees in 1 jaar or 5 jaar van nou af. Sodra jy duidelikheid het oor jou toekoms is dit baie makliker om op ’n daaglikse, weeklikse of maandelikse skedule te identifiseer en implementeer wat moet gebeur.
Skep ’n tydlyn en skryf wanneer jy elk van die doelwitte wil bereik.
Gaan dan ’n stappie verder en probeer om vas te stel watter kleiner stappe geneem moet word sodat die groter doelwit bereik kan word.
Stel sperdatums in jou kalenders en ondersteun mekaar en hou mekaar verantwoordbaar.
“Ons het agtergekom daar is meer sukses om doelwitte te bereik wanneer jy agteruit beplan. Waneer jy blindelings vooruit beplan is daar gewoonlik ’n gebrek aan duidelikheid, en jy hoop net vir die beste” D’Niel
Spesiaal vir stylvol lesers:

Rolene het hierdie volle kursus met riglyne gratis beksikbaar gestel vir Stylvol lesers, klik op die skakel hier en gebruik die koepon kode STYLVOL. ’n Aanlyn video deur Rolene & D’Niel plus ’n handige beplanningsdokument wat jou stap vir stap visueel deur die beplanning neem. Geldig tot 28 Februarie.