Donkerbruin is een van die seisoen se gewildste skakerings, kombineer dit met ’n lig of ’n vaalpienk (of selfs helderpienk!) skakering vir ’n trendy voorkoms. Dit is tans ’n gunsteling kleurkombinasie hier by Stylvol. Indien jy onseker is, hier’s ’n paar wenke en inspirasiefotos van die pienk en bruin kleur duo. Deur Justine Kroes
18/04/2025
Foto: Tegan Smith Photography; Foto’s van Justine & Suzanne geneem by Casa Caprice, Kamspbaai
Pienk en bruin duo, dra-dit-so
1. Kies die regte pienk en bruin vir jou
Beide pienk en bruin is warm aardse skakerings wat mekaar goed komplementeer. Die truuk hier sal wees om die regte bruin en pienk skakerings vir jou te vind. Hetsy dit nou ’n donkerder bruin en meer helder pienk is of selfs ’n ligter bruin gekombineer met ’n vaal pienk.
2. Kombineer teksture
Om jou uitrusting interessant te hou, kombineer verskillende teksture soos leer, sweedsleer by woltruie of jasse om ‘n element van diepte en luuksheid te skep.

Justine sê: “Toe ek vir my man vra of hy van my wyepyp bruin kunsleer-broek hou, het hy gevra “is jy seker oor daardie kleur?” My antwoord was sommer dadelik “JA! Ek het dit juis vir die kleur gekoop, het hy dan nie geweet bruin is die nuwe swart nie?”
3. Hou die skakerings in gedagte
Ligter bruin en ligter pienk skakerings saam skep ’n sagter, meer subtiele voorkoms terwyl dieper (en helderder) pienke en donkerder bruine saam, ’n meer dramatiese effek skep.


4. Hou dit eenvoudig
Jy hoef nie oorboord te gaan met jou pienk en bruin uitrusting kombinasie nie, ’n enkele pienk of ‘n bruin modebykomstigheid is al wat jy nodig het. Byvoorbeeld ’n bruin rok met ’n pienk handsak of serp, het die krag om jou voorkoms die seisoen meer modieus te laat lyk. Speel rond met styl- en stileeropsies wat vir jou werk.
Hier is ’n paar inspirasiefotos vir jou volgende pienk-en-bruin modevoorkoms:
Bruin























