Ontwerpers Rufftung stel nooit teleur as dit kom by hul pragtige mode-ontwerpe nie, en hierdie seisoen se skeppings is een vir die boeke. Kleurblokkuns in skakerings van helder pienk, ligpienk en koraalrooi het onmiddelik ons harte gesteel. Lees meer oor Rufftung se kleurinspirasie hier: Deur Justine Kroes en Suzanne Kotze
Helder met gevoel
Nog ’n tikkie van die Dopamine Dressing tendens – die aksie van klere-items aantrek wat jou goed en vreugdevol laat voel. Gewoonlik doen die helder skakerings en die nuwe kleurblok reeks van Rufftung presies net dit.
Bridget Pickering van Rufftung verduidelik die kleurinspirasie agter die nuwe reeks so:
IGNITE YOUR BRIGHT is hierdie seisoen se reeks en word geïnspireer deur die sielkunde van kleur. Na al die lockdown laagtepunte weet ons daar is niks wat ’n bui só kan lig soos ’n tikkie kleur nie!”
Rufftung
Justine dra:
Rufftung Mutliple Wrap Dress (R950)
Hierdie styl is so veelsydig, dra dit as ’n oorvourok, oop bo oor jou jeans en ’n T-hemp, oor jou swembroek of selfs agterstevoor as ’n totaal ander styl. Hierdie kleurblok -oorvourok sit so gemaklik, voel skoon asof ek niks aanhet nie. Dit is beslis ’n showstopper-ontwerp, een wat nog vir jare lank sal hard werk in jou klerekas.
Suzanne dra:
Ek is gaande oor die kleurpanele, wat dit ook maklik maak om verskillende kleure bostukke by die romp te dra. Dit laat jou voel of jy wil draai en swaai.
Justine dra:
Rufftung Puff Sleeve Dress with Frill (R899)
Die rok is beslis ’n gunsteling – die kombinasie van die pragtige pofmoue en die helderpienk afwerking op die valletjie het dadelik my aandag gehad. Die materiaal is effens rekbaar en so gemaklik. Ek sien al hoe leef ek die somer in hierdie rok.
Suzanne dra:
Pienk romp (R799) en tunic top (R699)
Die materiaal wat lekker swaar hang en glad nie kreukel nie, maak hierdie romp en bostuk ’n wenner. Die romp het boonop ’n diermotief rek om die middel, wat dadelik my hart gesteel het. Ek is gaande oor sulke onverwagse verrassings in kledingstukke (soos ’n mooi gevoeringde jas of handsak) wat ander
Lees ook: Gaan vir geel!