Jou vel wat dowwer lyk, droog voel of selfs volwasse aknee en dan natuurlike die rooiheid wat met warm gloede gepaard gaan is alles tekens van peri-menopouse. Hier’s raad. Deur Suzanne Kotzé
09/02/2023
Algemene tekens dat jy die peri-menopouse fase binnegaan
“Die eerste teken dat jy die die peri-menopouse fase binnegaan is dat jou menstruele siklus nie meer gereeld is nie. Dit gebeur gewoonlik rondom die ouderdom van 45, maar dit kan wissel van persoon tot persoon,” sê Kaapse dermatoloog dr. Ian Webster.
Dr Judey Pretorius, eienaar van BioMedical Emporium sê nog tekens sluit in
- Warm gloede
- Teer borste
- Erger pre-menstruele sindroom
- Laer seksdrang
- Moegheid
- Ongereelde siklus
- Vaginale droogheid
- Ongemak gedurende seks
- Uriene wat lek as jy hoes of nies
- Buierigheid
Vel-veranderinge gedurende peri-menopouse
- Vel is meer gedehidreerd en droog
- Vel lyk dowwer
- Pofferigheid en hangerigheid onder die oog-area lyk meer prominent
- Inflammasie en rooiheid as gevolg van warm gloede
- In sommige gevalle volwasse aknee weens veranderende hormoon vlakke
Lees meer hier: Ag nee aknee! 5 redes vir volwasse aknee en 5 moenies
Vel wat jeuk (pruritus)
“Baie vroue sukkel met vel wat jeuk. Die jeukerigheid kom mees algemeen op jou gesig en nek-area voor, maar veral in jou T-sone. (Die jeukerigheid hou ongelukkig nog aan gedurende menopouse as gevolg van wisselende hormoonvlakke. Dit hou eers op wanneer hormoonvlakke gestabiliseer het),” verduidelike dr. Judey.
Dr. Webster verduidelik dat ’n jeukerige vel veroorsaak word omdat die boonste lagie van jou vel (jou epidermis) dunner word, die pH van jou vel effe meer word, en dat die hoeveelheid vetselletjies in jou heel buitenste lagie (die stratum corneum) minder word.
Raad vir vel wat jeuk
Dr Judey beveel aan
Gebruik serum en vogroom twee keer per dag. Kies produkte wat bestanddele soos peptiedes, hialuroonsuur, melksuur en selfs teeboom-olie bevat om jou vel te kalmeer.
Professionele mikronaald-terapie (micro-needling) elke ses tot sewe weke kan ook met die jeukerigheid help en help dat nuwe kollageen vorm.
Dr. Ian beveel aan
Gebruik ’n roomreiniger vir jou gesig en lyf met ’n pH so na as moontlik aan jou vel se natuurlike pH (5,5)
Vermy reinigers wat baie skuim en harde tonikums en gesigskrop.
Raad vir warm gloede
- “Probeer so koel as moontlik bly. Probeer klere dra wat temperatuur nie insuleer nie nie. Kies eerder klere wat van materiaal soos linne of katoen gemaak is, wat ‘asemhaal’ en goed is vir sirkulasie.
- Gesels met jou dokter oor biosimilêre (biosmilar) hormoonmedikasie om die graad en ergheid van jou warm gloede te beheer,” sê dr. Judey.
- Dr. Webster maan dat sommige mense (veral as jou vel baie lig is) moontlik rosacea kan ontwikkel as gevolg van warm gloede. Kyk gerus na hierdie produkte op dermastore.co.za wat hy aanbeveel.
- Dr. Judey beveel aan dat jy haar Biomedical Vitamin & Mineral Spritz (R610, biomedicalemporium.com) bo-oor jou grimering ook aanspuit. Wend dit ook aan voordat jy jou dagroom of serum aanwend, dit bevat peptiedes en anti-inflammatoriese bestanddele, wat help om jou vel te bevogtig en te kalmeer.

Stylvol produk-aanbevelings
’n Familielid het gedurende die vakansie raad gevra omdat sy vreeslik sukkel met warm gloede. Ek het die volgende aanbeel



Nog handige produkte



Nog ’n goeie wenk wat ons by grimeerkunstenaar Carissa Bosman geleer het, is om Rizla papiertjies in jou handsak te hou, en olierigheid en sweet daarmee op te klad. Dit is ’n goedkoop weergawe van gesigkladpapiertjies.
Lees meer hier ’n Grimeerkunstenaar se 7 beste wenke vir sweet-weerstandige grimering