Grimeerkunstenaar Carissa Bosman deel wenke vir sweet-weerstandige grimering, want grimering wat amper so vinnig soos wat jy dit aanwend weer afstroom van jou gesig af, is hierdie tyd van die jaar ’n bekende gevoel. Deur Suzanne Kotzé
13/01/2023
“Op tipiese Suid-Afrikaanse somersdae gebeur dit dikwels dat ons grimering bedags nie baie lank hou nie. Ek verstaan dit goed, want ek is self ’n ou bo-lip swetertjie. Ek kry vinnnig warm in my gesig,” vertel Kaapse grimeerkunstenaar Carissa Bosman.
Sewe beste wenke vir sweet-weerstandige grimering
Carissa Bosman deel met ons: Keer so dat jou grimering afsweet,
1. Maak seker jou vel is in ’n goeie toestand
My beste raad sal altyd wees om eerstens na jou vel se welstand en toestand om te sien. As jou vel mooi lyk, het jy geen of minimale grimering nodig nie.
2. Versorgde wenkbroue, wimpers en ’n lekker lipkleur
As jou wenkbroue mooi is (gekleur en gevorm) en jou wimpers gedoen is (lash lift/ tint en lift) lyk jy sommer al klaar mooi, so al wat jy dan nodig het is ’n lekker lipkleur.
3. Getinte sonroom
As jy voel jy het meer bedekking nodig is getinte sonroom/gel (my gunsteling is Heliocare se gel cream color) ‘n goeie opsie. Dis iets wat jy later weer kan aanwend. Hou net ’n grimeerfondasie borsel en sponsie om die produk in te blend.
4. Minder is meer
Moenie soggens te veel produkte op jou gesig aanwend nie, hou dit lig. Wend jou dagroom, sonskerm en primer wat jou vel laat mat lyk aan.
My gunstelinge is
5. Onderlaag wat hou
My gunsteling lankaanbly onderlaag is Lancôme Teint Idole Ultra Wear.
Ek het hierdie outjie al uitgetoets op die dansvloer (en onthou ek sweet in my gesig) en hy hou! Ek sit ook nie noodwendig ekstra poeier aan nie. As jou onderlaag en poeier saamsweet, kom dit in sulke patches af. Hierdie onderlaag hou beslis goed genoeg op sy eie en kan selfs weer gemeng word as jy nog wil aanwend. As jy voel jy moet poeier, doen dit lig en net op areas waar jy dit nodig het.
6. Kladpapier (blotting paper)
Kladpapier (blotting paper) is iets waarvan baie mense al vergeet het. Dit werk! Hou dit in jou handsak en blot die sweet en ekstra olies weg. Fendi en Palladio het kladpapier, maar Rizlas se tabakpapiere werk net so goed. Sit dit in ’n ander houertjie, niemand sal ooit weet nie.
7. Aanblysproei
Sproei wat jou grimering laat aanbly (setting spray) werk ook goed, Urban Decay All Nighter was die beste, maar jy sal hom ongelukkig net oorsee kry. Tans in Suid-Afrika hou ek van Lancôme se setting spray en Hannon Se Moisture Seal werk ook soos ’n bom.