Wees verseker jy is nie alleen nie, want hierdie ‘tienerprobleem’ van aknee is algemeen onder veral volwasse vroue ook. Danksy hormone. Deur Suzanne Kotzé
5 redes vir volwasse aknee
1. Hormonale veranderinge
“Hormonale veranderinge is ’n groot rede vir aknee,” sê Kaapse dermatoloog dr. Suretha Kannenberg.
Karen Bester, mediese opvoedkundige by Lamelle verduidelik hoe hormonale veranderinge ons velle beïnvloed.
- Gedurende jou tienerjare skei jou byniere manlike hormone af en jou eierstokke begin net aan die gang kom, maar sukkel om die hormoonvlakke te beheer. Dit gee aanleiding tot olierige vel en aknee en kan aanhou tot in jou jong-volwasse of selfs volwasse jare.
- In jou vrugbare jare mag jy dalk sukkel met ’n toestand soos polisistiese ovariële sindroom waar jou eierstokke nie deur die volledige proses gaan om ’n eier vry te stel nie. Gewoonlik wanneer ’n eier vrygestel word, word estrogeen ook afgeskei wat die manlike hormone wat geproduseer word balanseer. Aangesien estrogeen nie afgeskei word nie, het jy verhoogde manlike hormone wat kan lei tot ’n meer olierige vel en aknee.
- Gedurende swangerskap wissel jou en jou baba se hormone en dit kan aknee tot gevolg hê.

- Wanneer jy in jou peri-menopouse of menopousale fase is, neem die funksie van jou eierstokke af, wat veroorsaak dat die manlike hormone die dominante hormoon word aangesien jou byniere steeds manlike hormone afskei. Dit kan daartoe lei dat jou vel meer olierig word en kan aknee veroorsaak.
- Wanneer jy gespanne is, kan dit ’n hormonale wanbalans veroorsaak, veral as dit oor lang tydperke strek. Dit kan ook tot ’n meer olierige vel en aknee lei.
2. Genetika
“50% van pasiënte wat met volwasse aknee sukkel, het ’n eerstegraadse familie lid (ma of pa) met ’n geskiedenis van laat-aankoms-aknee,” sê dr. Suretha.
3. Medikasie
“Medikasie soos kortisoon (topikaal en oraal) en anaboliese steroïede kan ook volwasse aknee veroorsaak,” veruidelik dr. Suretha.
4. Okklussiewe grimering
Grimering wat jou porieë verstop (acne cosmedica) is ook ’n groot sondebok volgens dr. Suretha.
5. Rook
“Die rookgewoonte lei ook tot die tipiese kommedonale aknee (witkoppies),” sê dr. Suretha.
5 moenies as jy volwasse aknee het
Dr. Suretha sê:
1. Moenie druk of krap nie
Hierdie puisies sit baie keer diep onder die vel en kan vreeslike lelike merke veroorsaak. Soms kan kundiges die tipiese witkoppies uitkry, maar moet dit verseker nie self probeer doen nie.
2. Onoordeelkundige gebruik van kortisoonsalwe
Pasop om kortisoonsalwe onoordeelkundig te gebruik. Dit het baie langtermyn newe-effekte; onder andere puisies. Gebruik kortisoonsalf slegs onder die toesig van ’n dokter.
3. Moet dit nooit ignoreer nie
Volwasse aknee mag dalk ’n teken van onderliggende siektetoestande (soos polisistiese ovariële sindroom of androgeen produserende tumore) wees.
4. Oorreiniging
Moenie jou gesig oorreining nie.
5. Gebrek aan bevogtiging
Moenie ophou om ’n vogroom te gebruik nie; kies net ’n minder olierige een.
Produkte vir volwasse aknee
Goeie gesigwas
“Kies ’n gesigwas wat jou gesig goed skoonmaak. Een wat vrugtesure bevat soos Neostrata Clarifying Wash. As jou vel baie sensitief is (wat ook algemeen met ouer aknee-pasiënte gebeur) probeer La Roche Posay Effaclar Foam wash (vir olierige vel) of Effaclar H Wash (droeër vel),” sê dr. Suretha.

La Roche Posay Effaclar H Derma Soothing Hydrating Cleansing Cream (R245, Dis-Chem of Dermastore)
Ons sê probeer ook:

Sagte afskilfering
“Gebruik ’n sagte afskilferingsproduk (verkieslik met fyn korreltjies of ensieme) een tot twee keer per week.
Dr. Suretha bevel aan

La Roche-Posay Effaclar Ultra Concentrated Serum (R480)
Vogroom geformuleer vir jou tipe vel (olierige of droë vel)
“Ek beveel gewoonlik vogroom aan wat vrugtesure bevat soos Skinceuticals Hydrating B5 of Neostrata Sheery Hydration of La Roche Posay Effaclar Duo+ of Effaclar H lotion,” sê dr. Suretha.

Ons sê probeer ook:

Avène Cleanance Comedomed Concentrate (R310)
Lamelle Clarity Corrective AM (R580)
Lamelle Clarity Corrective PM Plus (R680)
Serums
“Skinceuticals bevat Silymarin; ’n splinternuwe anti-oksidant vir olierige en ‘blemish-prone skin’,” sê dr. Suretha.


Sonskerm
“Kies ’n ligte tekstuur en een met goeie SPF dekking. Van my gunstelinge sluit in: SkinCeuticals Physical fusion, Heliocare 360 Gel Oil free of La Roche Posay Anthelios Invisible Fluid.


Ons sê probeer ook

“Die meeste van my pasiënte wat volwasse aknee het, benodig egter ook medikasie” sê dr. Suretha.
Lees ook: