rokke
rokke

Partytjierok vir ’n geleentheid

Ons is so dankbaar dat ons weer saam met vriende en familie mylpale en verjaarsdae kan vier (en dat dit nie meer oor zoom hoef te gebeur nie!). Ons het albei onlangs ’n 50ste en ’n 60ste bygewoon en dit was die perfekte verskoning om weer ’n stylvolle stapel partytjierok vir ons klerekaste aan te skaf. Lees meer oor ons gunsteling nuwe rokkies hier: Deur Justine Kroes en Suzanne Kotze

Justine se partytjierok

Lazuli Knot Dress (R1200)

Ons het onlangs my Ma se 60ste gevier en ek het al ’n hele rukkie my oë op die Knot Dress van ontwerper Lazuli, en hierdie was die ideale geleentheid waarheen ek die nuwe gunsteling sou kon dra.

Die rok is gemaak van linne, ’n tydlose, luukse vesel en ’n belegging vir enige vrou se klerekas. Dit is een van die vriendelikste vesels wat jy aan jou lyf kan dra. ’n Stapelitem vir al die seisoene, die materiaal wat jou koel hou in die somer en warm hou in die winter – perfek vir hierdie onstuimige winter/somer weer wat ons tans ervaar.

Lees meer oor linne hier

Die ontwerp met die V-hals is verslankend en die geknoopte detail om my maagarea is veral vleiend. Dit span nie styf nie (’n gedeelte van my lyf wat ek na hierdie winter graag wil verbloem!). Die rok is beskikbaar in vier verskillende kleure, spice (amper ‘n roesbruin skakering), swart, wit en stone, die skakering wat ek gekies het.

Ek weet ek sal hierdie nommer nog jarelank kan dra, met tekkies of sandale en ’n denim baadjie vir ’n gemaklike voorkoms en hakskoene en goue juwele daarby vir ’n meer deftige voorkoms.

Suzanne se partytjierok

Frida Multicolor Jolie Dress (R1150, The Space)

Swart bly nou maar my staatmakerkleur. Ek hou van die boonste gedeelte van die rok wat deurskyn by die hals en die sagte swart valle. Die valle steek van die wintersondes weg, terwyl dit steeds my middel beklemtoon.

Ek het dit onlangs na ’n vriend se 50ste gedra saam met ’n swart sequin baadjie. Ek gaan dit beslis ook saam met my leerbaadjie en enkelstewels dra vir ’n bietjie meer van ’n rock-voorkoms. Dit mag selfs saam met my denimbaadjie en wit tekkies ook werk vir ’n meer informele voorkoms.

Lees ook: Bypassende rompe en bostukke

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Liplekker lipkleure
error: Content is protected !!