8 Bypassende stelle op ons kooplysie en hoekom ons daarvan hou

Dit is nie verniet dat trend-voorspellers WGSN (World Global Style Network) “dayjamas” as een van 2025 se top modetrends benoem het nie. ’n Styl wat gemaklik, mooi en veeldoelig is. Ons deel drie redes waarom bypassende stelle ’n goeie modekopie is plus 8 bypassende stelle wat ons dadelik wil koop:

Deur Justine Kroes

24/01/2025

3 Redes waarom ons van bypassende stelle hou:

1. Dit is veeldoelig

Die veelsydigheid van ’n bypassende stel is beslis ’n toprede waarom hierdie kopie vir ons ’n moet is. Die styl- en stileeropsies is byna eindeloos. Dra dit saam as ’n stel, of stileer die broek met ’n ander bloes. En stileer weer die boonste helfte van die bypasende stel by ’n ander broek of romp.

Kyk hoe mooi lyk Instagram bekende @ritzajvr in hierdie blou bypassende stel

2. Dit is gemaklik

Die meeste bypassende stelle (of ten minste die op ons wenslysie) is gemaklik, steeds mooi maar skep daardie gemaklike, pajamadrag gevoel. Selfs al lyk dit dalk soos pajamas (Justine se jongste is oortuig haar mamma dra pajamas dorp toe) is die stilering hier belangrik.

Poetry Terri Knit Top (R1 099) Wide Leg Knit Pants (R1 099)

Wees op die uitkyk vir koel en gemaklike materiale – linne, linne en viskosemateriaal kombinasies, kantoen en selfs sagte geweefde truimateriale.

3. Die krag van stilering met jou bypassende stel

Met die regte stilering kan jy jou bypassende stel werk toe, strand toe of selfs na ’n sosiale afspraak toe dra. Stilering en bykomstighede keuses is natuurlik hier belangrik.

8 Bypassende stelle op ons huidige wenslysie

Poetry Terri Knit Top (R1 099) Wide Leg Knit Pants (R1 099)

Poetry Taytum Woven Button Through Blouse (R899) Taytum Pants (R1 199)

Legit Long Sleeve Yarn Dye Stripe Shirt (R249,99) wide leg pants (R229,99)

Kyk hoe mooi lyk Instagram bekende @ritzajvr in hierdie blou bypassende stel

Legit Poplin Watercolour Stripe Shorts Blue (R199,99) shirt (R249,99)

Mr Price Oakridge Stripe Tank Top (R139,99) knit wideleg pants (R219,99)

Mr Price Slouchy Shirt (R229,99) wide leg pants (R219,99)

Toe ek hierdie een aanlyn sien wou ek dit dadelik aanpas:

PEP Stripe Button Up Shirt (R249,99) shorts (R129,99)

PEP Stripe Shorts Pink and red (R129,99) stripe shirt (R199,99)

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
veaudry
Alles-in-een krultang
error: Content is protected !!