Op soek na ’n fermer en glansender gelaat? Hier’s jou 2-in-1 kollageen hupstoot!

Daar is baie bevogtigers wat fermheid belowe. En net soveel wat glans belowe. Wat hierdie wonderroom uniek maak, is dat dit albei in een formule kombineer en voortbou op byna 50 jaar se navorsing oor velveroudering en fermheid.

Kyk, ’n vars, ferm en glansende gelaat is vir ewig op ons velsorg wenslysie, en danksy hierdie slim 2-in-1 bevogtiger kan ons uitsien na ’n droomvel en dit met minder stappe in ons velsorgroetine.  Hier’s hoekom hierdie kollageen hupstoot dagroom ’n moet-probeer is: Deur Justine Kroes

5 Redes om hierdie 2-in-1 kollageen hupstooot room te probeer

1. Kollageen hupstoot:

Namate ons ouer raak, neem die vel se produksie van ’n belangrike proteïen, kollageen, af. Hierdie proteïen hou jou vel ferm en soepel.

Kollageen werk soos ’n matras vir die vel, hoe gesonder dit is, hoe gladder lyk die oppervlak. Soos ons ouer word, word jou kollageenvesels se kwaliteit swakker, en daarom word die vel mettertyd dunner.

Selhernuwing raak ook al hoe stadiger. Al hierdie faktore saam veroorsaak dunner, losser vel. Eksterne faktore soos sonblootstelling, besoedeling en leefstylkeuses kan natuurlik die proses vinniger laat gebeur.

Daarom is dit belangrik om velprodukte te gebruik wat kollageenproduksie aanhits.

Die nuutste Clarins Extra Firming Energy reeks bevat ’n gepatenteerde formule, [COLLAGEN]3 TECHNOLOGY], wat ontwikkel is om jou kollageenreserwes ’n hupstoot gee.

Clarins Extra Firming Energy Cream (R1690)

Pecan Tree Extract:

Preserveer die kwaliteit van die kollageenvesels. ’n Plantinnovasie deur Clarins soos net hul kan. Hierdie plantekstrak beskerm die kollageenvesels teen ’n natuurlike reaksie waar suur die vel se proteïene aanval en beskadig (carbamylation).

Organic Mitracarpus Extract:

Help om die strukture van die kollageenvesels te versterk

Clarins Extra Firming Energy Cream (R1690)

Collagen Polypeptide:

Verbeter die kwantiteit van die kollageenvesels. Die molekule is kleiner (kan die vel beter binnedring) wat jou vel se eie produksie van kollageen aanhits en vermeerder.

Saam help hierdie trio om die vel gladder, fermer en meer jeugdig te laat lyk.

2. Die glansfaktor (en glansbestanddeel)

Organiese Rooi Ginseng-ekstrak is die nuutste wonderbestanddeel wat verantwoordelik is vir daardie gesonde gloeiende gesonde gelaat. Jy weet …daardie glansende vel effek wat selfs grimering nie kan naboots nie.

Die organiese rooi ginseng is ’n adaptogeniese plantekstrak wat die vel se natuurlike sellulêre energie ondersteun, sodat velselle selfs vinniger en meer doeltreffend kan vernuwe vir ’n vars, stralende gelaat.

Eenvoudig gestel? Dit help om moeë vel weer lewendig, energiek en glansend te laat lyk, soos ’n energiedrankie of koppie koffie vir jou vel!

3. Ultra-sensoriese tekstuur:

Die room is oranje in kleur (danksy die Red Ginseng ekstrak) en die tekstuur is fluweelsag maar nie swaar of olierig op die vel nie. Dit voel luuks met die eerste aanwending, maar beslis lig genoeg vir alledaagse gebruik. Die room versprei maklik oor die vel en laat dit byna onmiddelik sag, soepel en stralend vars lyk.

Clarins Extra Firming Energy Cream (R1690)

As jy mooi loer sal jy pêrelagtige glinsterende en ligreflekterende deeltjies in die room raaksien, wat natuurlik ook help om die vel onmiddellik meer stralend en glansend te laat lyk.

4. ’n Hervulbare potjie!

Met die natuur as die dryfkrag agter Clarins se innovasies, is Clarins ten volle bewus van hul omgewings-impak asook hoe om hierdie impak konstant te verminder.

Daarom is die nuwe Extra Firming Energy ook beskikbaar in ’n hervulbare potjie.

Getoets: Ons het onlangs weer ons potjies room uitgeruil en dit is so eenvoudig om te gebruik – trek eenvoudig jou leë potjie uit jou Clarins houertjie en druk jou vol potjie in.

Clarins Extra Firming Energy Cream (R1690)

Reuse impak op die omgewing.

Deur slegs twee keer jou Clarins potjie room te hervul, verminder jy die room se omgewingsimpak met 84%.

67% Minder glas word gebruik

42% Minder karton word gebruik

40% Minder plastiek word gebruik.

Clarins Extra Firming Energy Cream (R1690)

5. Resultate wat nie teleurstel nie

Clarins se navorsing het na 28 dae van gebruik die volgende bevind:

29%  van verbruikers se veltekstuur het voller en meer plomp gelyk

Fronslyne het 16% minder sigbaar gelyk

Voorkoms van nasolabiale voue het met 10% verminder

Verbruikers het ook reeds binne die eerste week verbeterde fermheid en stralende gelaat opgemerk.

Die resultaat is ’n room wat fermheid aanspreek terwyl dit terselfdertyd die gesonde glans terugbring wat baie vroue met tyd begin mis.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Suzanne toets ’n periokulêre verjongingsbehandeling (oogbehandeling)
error: Content is protected !!