Teen dié tyd weet ons nou al glansende vel lyk jonger, want nog vóór fyn lyntjies en plooie verskyn, is dit dikwels jou vel se natuurlike helderheid wat eerste begin verdwyn. Sisley Paris se nuutste toevoeging tot die ikoniese Black Rose reeks wil juis dít aanspreek met ’n serum wat daarop fokus om jou moëe, dowwe vel weer glansend, gehidreerd en vol lewe te laat.
Indien jy al gelukkig genoeg was om voorheen die Sisley Black Rose gesigmasker te gebruik, behoort jy super opgewonde te wees oor die nuwe Sisley Black Rose Radiant Youth Serum. Dis ontwikkel om jou vel varser, gesonder en meer stralend te laat lyk, selfs voordat sigbare tekens van veroudering begin wys. Hier’s hoekom hierdie serum ’n spesiale plek op jou badkamerrakkie verdien: Deur Justine Kroes
Sisley Black Rose, die ikoniese reeks
Die ikoniese Black Rose reeks van Sisley Paris word geassosieer met luuksheid en ’n ultrasensoriese velsorgervaring wat indrukwekkende resultate lewer. Bekend vir kultusstatus gunstelinge soos die Black Rose Cream Mask en Black Rose Skin Infusion Cream, fokus die reeks op die herstel van jou vel tot ’n vars, jeugdige voorkoms deur hidrasie en glansverbeterende bestanddele in te sluit.

Die nuutste toevoeging, die Sisley Black Rose Radiant Youth Serum, neem hierdie filosofie ’n stappie verder en dien as die mees gekonsentreerde produk in die reeks tot dusver.

Die formule stel ook ’n eksklusiewe molekulêre Black Rose-ekstraksie bekend wat die vel teen omgewingsfaktore en daaglikse aggressors beskerm wat met tyd kan bydra tot voortydige veroudering.

Suzanne sê “Ek is so opgewonde oor hierdie nuwe produk, die Sisley Black Rose gesigmasker was daar vir al die groot oomblikke, voor spesiale geleenthede en selfs in die hopsitaal met die geboorte van my kinders. Nou kan ons daagliks hierdie wonderbestanddeel in ’n ultra gekonsentreerde serum geniet, en ons hoef nie die gesigmasker net vir spesiale geleenthede te bêre nie”.
So werk die serum tot ‘n glansende vel:
1. Beskerm teen vroeë velveroudering
Een van die eerste tekens van veroudering is dikwels nie plooie nie, maar ’n verlies aan ’n glansende en stralende gelaat. Daaglikse omgewingsfaktore soos stres, UV-strale en besoedeling kan met tyd die vel moeg, vaal en minder stralend laat lyk.

Black Rose Concentrate:
Danksy die wonderbestanddeel van die Black Rose Concentrate, ryk aan antioksidante bekend as antosianiene, help hierdie bestanddeel om die vel teen omgewingskade te beskerm terwyl dit ’n meer jeugdige voorkoms ondersteun.
Knotted Kelp Extract
’n Ekstraksie van seewier is nog ’n kragtige ant-oksidant en bevat boonop anti-inflammatoriese voordele.
Vitamien B12
Die ultra strelende Vitamiene B 12 beskerm die vel teen enige verdere inflammasie (en gee boonop die serum sy pienk kleur).
2. Sisley se 4 fasette en bestanddele vir ’n glansende vel en stralende gelaat
’n Plomp vel – vel voel en lyk voller en meer gehidreerd. Danksy die bestanddeel hialuroonsuur. Hialuroonsuur werk as ’n bevogtiger en trek watermolekules aan wat velselle opplomp en jou vel hidreer.
Verfynde veltekstuur – vel voel gladder en sagter. Suurlemoen-ekstraksie verskaf sagte mikro-afskilfering van die vel om die veltekstuur te verfyn vir ’n gladder, meer stralende velvoorkoms.
Helderder gelaat (vitality) – vel lyk varser en gesonder danksy die energieke rooiwyn ekstraksie om moeë vel weer lewendig, wakker en ’n vars vel voorkoms aan te hits.

Glansend (luminosity) – vel lyk helderder en meer glansend danksy die Einkoring-ekstraksie (Einkorn Wheat Extract). Hierdie bestanddeel help met die organisasie en plasing van die epidermale selle (jou boonste lagie velselle), wat die veloppervlak gladder en meer egalig laat vertoon.
Gebruik die serum so:
Sisley beveel aan om die serum soggens en saans te gebruik op skoon droë vel. Die eerste stap voordat jy jou gesigroom aanwend. Volg hierna op met die Black Rose Skin Infusion Cream.

Ultra vars en ultra effektief
Die innoverende ontwikkeling van die produk stop nie net by die formulasie van bestanddele nie, hierdie serum is slim geseël tot die laaste oomblikke voor jou eerste gebruik.
Sisley het ’n innoverende “mix-to-activate” tegnologie ingesluit by die ontwikkeling van die serum.
Die rede hiervoor? Sommige aktiewe bestanddele, veral antioksidante, kan hul krag verloor wanneer dit aan lig en suurstof blootgestel word. Sisley het dus verpakking ontwikkel om maksimum varsheid en doeltreffendheid van die serum te behou.
Meng jou produk so:
Stap 1

Stap 2

Stap 3

Stap 4

Stap 5

Die ultra slim drupper is ontwerp om die perfekte hoeveelheid serum op te trek met een klik, genoeg serum vir beide jou gesig en nekarea.
Sisley Black Rose Radiant Youth Serum beloof:
Volgens Sisley se eie navorsing het verbruikers ’n duidelike sigbare verbetering aan hulle velle geïdentifiseer met die glans, helderheid en veltekstuur, asook ‘n vel wat gladder, voller en meer stralend lyk.

Die resultaat is ’n vel wat nie net gesonder lyk nie, maar ook meer uitgerus en vars voorkom en bevestig net weer die Black Rose-reeks as Sisley se glans-gefokusde velsorgfamilie.







