bad
bad

Pamperlangbad met van ons gunsteling nuwe badprodukte

Ons ken die weelde van ’n pamperlangbad, maar gun ons dit genoeg vir onsself? Met meer tyd tuis, is dit dalk net die blaaskans wat jy nodig het. Jy kan altyd jou ontspanningstydjie ook vir jou laat werk deur tussendeur ’n paar skoonheidsbehandelings ook te doen. Deur Suzanne Kotzé

Maak seker jou gesin weet jy neem bietjie ‘my-tyd’ sodat niemand jou pla nie. (Sluit die badkamer deur as dit moet!)

Terwyl die water van jou pamperlangbad inloop

  • Skakel jou foon af.
  • Steek ’n lekkerruik-kers aan. Ja, selfs in die dag ook.
  • Was en skilfer jou gesig af. 
  • Gebruik ’n lyfborsel, of smeer solank ’n lyfskrop aan plekke wat gouer droog word, soos jou elmboë, knieë, hakke en enkels.
  • Maak seker daar is ’n handdoek by die bad. 
Die Nuri Candle (R300, beskibaar by Thérapy boetiek in Kenilworth, Kaapstad of by nuricandles.co.za) het geure van sandelhout en laventel en is ook in ‘size-inclusive’ groottes soos die curvy reeks beskbaar.

Gooi jou gunsteling badprodukte in

Essensiële olie

Gooi 3-4 druppels (moenie te kwistig wees hiermee nie!) van jou gunsteling essensiële olie in jou bad. Isabel Roos, besturende direkteur van The Isa Carstens Academy het ons geleer dat die volgende olies bekend is vir hulle ontspannende en kalmerende eienskappe

  • Roiemeense kamille (chamomile)
  • Roosmalva (rose geranium)
  • Laventel (lavender)
  • Lemoenblom (Neroli)

Lees ook: Kan essensiële olies help vir angstigheid en slaaploosheid?

Badsout

Placecol Wellness Solutions Magnesium Salt (R250) is heerlik strelend, 100 % natuurlik en veganis-vriendelik. Jy kan dit selfs met room meng en as lyfskrop ook gebruik. Dit help ook met styfheid en pyne en is geskik vir sensitiewe velle.  

Pink Cosmetics Salt Soak Cake (R95) is van Engelse sout gemaak wat magnesium bevat. Dit is gegeur met Japanese kersiebloeisels. Jy hoef nie die hele koekie op een slag te gebruik nie. Gooi dit in die bad en haal dit uit en laat dit droog word sodat jy dit weer kan gebruik. 

Bad bom of pille

Ons beste luukse bederfbad is met Chanel No5 Factory 5 Bath Tablets (R1 335 vir 10 pille). Hierdie is beslis nie vir elke dag se bad nie (behalwe as jou begroting dit toelaat), maar vir ’n ekstra spesiale bad is hierdie hemels. Slegs vir ’n beperkte tydperk beskikbaar by die Chanel boetiek in Sandton, Johannesburg en die V&A, Waterfront, Kaapstad.

Pink Cosmetics Bathbombs Designer Fragrances (R225 vir ses, pinkcosmetics.co.za) gee lieflike kleur en geur aan jou bad. Ons is gaande oor badbomme, dit laat jou sommer opgewek en speels voel. Die bomme bevat geen sulfate nie, en slegs “body-approved” kleurstowwe wat nie sleg is vir jou vel nie en natuurlike fyngeur-olies word in alle Pink Cosmetics produkte gebruik. Dit bevat ook kakaobotter, kaolienklei en soetamandel-olie.

Hierdie Chill Pill (R110 vir 200g, acakeofsoap.co.za) is ‘n wonderlike geskenk wat iemand beslis sal laat glimlag. Hierdie reuse bad bom (dubbel so groot soos gewone) kan in twee gebrek word. Dit bevat slegs natuurlike bestanddele en geen kleurstowwe. Kaolien klei, essensiële olies en amandel olie is van die bestanddele. A cake of soap glo aan plastiek-vrye verpakking so as jy dit nie dadelik gaan gebruik nie, bêre dit in ‘n lugdigde houer.

Borrels

Die innoverende Lush Solid Bars (R89-R125 elk) is borrelbadprodukte in ’n soliede vorm. In ware Lush styl is daar geen plastiekbottel of onnodige verpakking nie. Krummel dit onder lopende water en geniet jou borrels. Van die groter produkte kan hergebruik word. 

Rainbow bubble bar (R80, Lush) het ‘n vars suurlemoeng geur terwyl die Milk (R80) strelend en bevogtigend is en vry van kleurstowwe. Dt word aanbeveel vir sensitiewe velle. Laasgenoemde skuim wel nie veel nie, en lat jou bad en vel effens olieriig voel Heerlik strelend.

Sodra jy in die bad is

  • Gun jouself tyd om behoorlik te ontspan
  • Was jou hare (onthou om ’n beker byderhand te hou vir afspoel as jy nie ’n stortkop het nie). 
  • Druk jou hare liggies droog met jou handdoek en wend ’n haarmasker aan. 
  • Smeer ’n gesigmasker aan.
  • Was jou lyf in sirkelbewegings

As jy amper klaar met jou pamperlangbad is:

  • Skeer jou beenhare (as jy skeer)
  • Spoel jou masker af. 

Sodra jy uitgeklim het:

  • Druk jou lyf met ’n handdoek droog, moenie vryf nie, want jou vel is nou meer sensitief. 
  • Smeer ’n lyfolie of -room aan terwyl jou vel nog klam is. As jy geskeer het, kies liefs ’n parfuum- en alkoholvrye room. As jy skeer, is daar klein mikro-skeurtjies in jou vel en parfuum mag dit irriteer. 
  • Skuur jou voete met ’n voetskuurdertjie. Die bekende podiater Bastine Gonzales beveel aan dat jy jou voete vir minstens 20 minute moet week voor jy begin skuur. 
  • Smeer voetroom aan. 

Sensitiewe vel?

Hou die water louwarm en moenie te lank daarin lê nie. Gebruik ongegeurde produkte wat goed bevogtig. 

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
13 goed wat jy omtrent vitamien C en jou vel moet weet
error: Content is protected !!