Justine en Suzanne multi-funksionele oorbelle
Justine en Suzanne multi-funksionele oorbelle

Ons dra nou: Multi-funksionele oorbelle

Die trend “curated ear” is ’n mode tendens wat Suzanne en Justine geniet om te dra, en daarby multi-funksionele oorbelle. Multi-funksionele oorbelle, wat is dit? Lees meer hier en loer gerus na die gunstelinge wat ons nou dra: Deur Justine Kroes en Suzanne Kotze

04/03/2022

Multi-funksionele-oorbelle?

Die term verwys na oorbelle wat op talle verskillende maniere gedra kan word, met of sonder ekstra versierings. Ons geniet die kreatiwiteit wat hiermee gepaard gaan. Vir elke uitrusting kan ons unieke oorringe op mekaar stapel en saamstel.

Die ‘curated ear’

Die ‘curated ear’ of gestapelde oor is gewoonlik ’n versameling van oorkrabbers, hoops– en huggies-styl oorbelle wat noukeurig uitgesoek en gekombineer word. Oorringe aaneen reg rondom die buitekant EN ook aan die binnekant van jou oor gestapel.

Suzanne het onlangs vir haarself tweede gaatjies laat inskiet. Sy sê:

“Ek het my tweede gaatjie op die ingewing van die oomblik laat doen. Ek was by die Kirsten Goss winkel en toe die verkoopsdame noem dat die oorbelle wat ek wou koop eintlik sou mooi lyk saam met ’n tweede gaatjie het ek net daar besluit om dit te laat doen.”

Suzanne

“Ek het my eerste gaatjies op sewe gekry, en onthou net vaagweg die ‘geweer’. Nadat ek nie van die oorbelkeuse gehou het by Lovisa nie, het ek besluit om eerder na Queen of Steel toe te gaan in EGG, Cavendish. Hulle oorbelkeuse is groter en ek wou darem van die oorbelle hou wat ek vir vier tot ses weke moet inhou. Ek was egter nie voorbereid daarop dat hulle dit met ’n naald deurdruk nie. Maar dit is glo minder seer en meer presies. Jou oor word eers ontsmet, merkies waar die oorbelle moet gaan word geteken en dan word die naald deurgedruk, gevolg deur die oorbel. Dit was glad nie so seer as wat ek gedink het dit gaan wees nie. Dit is twee weke later en my een oor was vir een dag bietjie rooi, nadat ek baie tyd in die swembad deurgebring het. Ek gooi elke nou en dan soutwater op. Ek het nog geen rofies of enige iets gehad nie”.

Ons gunsteling multi-funksionele oorbelle:

Voorstad Studio

Die lara loops van Voorstad Studio (R550) is van ons gunsteling oorbelle om te dra. Jy kan die klei gedeeltes uit haal en minder maak of verwyder en net die goue skyfies dra, of andersom! Die opsies om te stileer is eindeloos.

Lara Loops met klei ringetjies
Lara Loops sonder klei ringetjies

Pina Jewels

Pina Jewels se plastiek madeliefies en hartjies het omtrent die modekringe in Kaapstad oorgeneeem, ons sien dit oral op ore van jonk en oud! Hierdie prettige plastiek madeliefies pas maklik op enige huggie-styl oorringe en is omtrent in al die kleure van die reënboog beskikbaar.

Pina Daisies (R110 per paar)

Kirsten Goss

Suzanne se mooiste goud Kirsten Goss JOËLLE oorbelle (R1390) kan met Pina jewels of enige ander “charms” versier word. Suzanne dra ook haar Kirsten Goss Serpent Sister oorbelle hierby. Saam is dit die perfekte kombinasie vir ’n “curated ear”!

Kirsten Goss JOËLLE oorbelle (R139) met en sonder Pina Jewels by.

Lovisa

Met hierdie sakpas opsie van Lovisa (R200 daar is goud en silwer ook beskikbaar) kan jy ’n klomp “huggies” styl oorbelle bymekaar dra. En as jy meer as een gaatjie het, versier dan met ringetjies of Pina Jewels. Justine dra soms twee stelle met die Pina Jewels madeliefies in elk. Prettige, vrolike ore!

Lovisa oorbelle met en sonder Pina Daisies

Lees ook gerus: Reënboogmode: die goedvoel trend wat ons nou wil dra

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Nivea Naturally Good
NIVEA Naturally Good
error: Content is protected !!