Olivia Rubin

Reënboogmode: die goedvoel trend wat ons nou wil dra

Dalk ’n mikro-trend (vir nou!), maar reënboogmode-items raak al hoe meer gewild, en ons verstaan hoekom. Lees meer oor die reënboogmode goedvoelgier en ’n hele klompie helder gunstelinge op ons wenslysie: Deur Justine Kroes

Reënboogmode maksimalisme

Die ‘rainbow maximalism’ trend is vanaf vroeg 2021 gewild te danke aan tik tok en mode influencers wat interessante uitrustings bymekaargesit het (en ons wat dit geniet om die trends dop te hou!). Of dit nou neon- of pastelkleure is, is die idee agter die trend dat jy soveel moontlik, minstens 4 verskillende kleure, van kop tot tone dra.

Foto: Ontwerper Olivia Rubin

Nadat die pandemie getref het, is dit duidelik dat mense meer risiko’s neem met hul modekeuses en dit mag dalk net die rede wees waarom die trend behoorlik vlamgevat het. Hoe meer helder en bont hoe beter! Meer is meer met kleur en dit is presies die doel van hierdie trend.

Die dopamine dressing beweging versterk die idee agter reënboogmaksimalisme en is nog ’n tendens wat hier is om te bly. Hierdie terme of modetendens beskryf die aksie van klere-items aantrek wat jou goed en vreugdevol laat voel. Gewoonlik helder skakerings en prettige patrone. Reënboogmaksimalisme is duidelik dopamine dressing se jonger suster!

Reënboogontwerpers om dop te hou:

Olivia Rubin, ’n Londense klere-ontwerper se reekse word gekenmerk deur die gebruik van helder of pastelskakerings (ja, al die skakerings saam!). Ons kan verstaan hoekom haar ontwerpe kultusstatus bereik het – almal wil so ’n goedvoel kledingstuk dra!

Olivia Rubin

Ons het uit nuuskierigheid aanlyn geloer of dit moontlik is om vanuit Suid-Afrika klere-items op Olivia Rubin se webtuiste te bestel – en dit is! Ons het wel opgemerk dat die invoer/uitvoerkostes vinnig duur kan raak. So vra dalk of vriende of familie van iemand weet wat uit die VK terugkeer SA toe om sodoende ’n paar rand te spaar op jou bestelling! Volg hul vir helder uitrusting inspirasie op Instagram hier.

Hier is ’n paar reënboog mode-items tans beskibaar:

Mr Price Chunky Sport Sandal (R149,95)
Handsak en beursie Colette Hayman
Multicolored Hoop Earrings (R209 Zara)
The Fix Multicolour Sneakers (R149,95)
Zara Striped Dress (R799)
Steve Madden Baguette Bag (R999)
Lovisa Gold and Rainbow Ball Drop Earrings (R230)
Zara Printed Crop Top (R619)
Lovisa Gold Rainbow Drop Earrings (R200)
Zara Quilted Case (R339)
Cotton On Everyday Crop Pulloover (R349)
Zara Multicolored Glass Earrings (R339)

Lees ook: Gaan vir groen!

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Stylvol toets: Mikronaaldterapie
error: Content is protected !!