As julle soos ons baie hou van gekleurde lipsalf, sal julle ook gaande wees oor Labello se nuutste toevoeging tot hul reeks, die nuwe Labello Lip Caring Oils, vir lieflike lippe! Deur Justine Kroes
Bevogtiging vir jou lippe
Ek gebruik graag die bekende Labello Lip Crayons, só graag dat ek altyd een byderhand het, op my lessenaar, in my handsak, in my kar, daar is selfs een wat rondbeweeg in Suzanne se kar ingeval ek ook daarin ry! Ek was baie opgewonde toe ek die nuwe Labello Lip Caring Oils (R79,99) ontvang het om te toets.
Hierdie nuwe lipolies bevat jojoba olie (vry van minerale olies!) en laat my lippe werklik vir ure lank bevogtig. Dit bestaan uit ’n vegan formule en bevat net natuurlike bestanddele wat nog ’n bonus is.
Glansende lippe is tans weer groot mode, en het jy geweet ’n effense glans op jou lippe laat jou lippe dadelik voller lyk?
Hierdie is beslis my nuutste gunsteling lipglans, dit hou my lippe vir ure lank sag en gehidreerd, gee die mooiste natuurlike kleur aan my lippe en voed my lippe met al die goeie bestanddele EN dit ruik boonop besonders, amper goed genoeg om te eet!
Drie skakerings beskikbaar
Dress Nude
Is my heel gunsteling skakering, een lagie gee ’n pragtige subtiele en natuurlike kleur aan my lippe. Vir ekstra kleur wend ek twee of drie lae bo-oor mekaar aan vir ’n helderer weergawe van dress nude.
Candy Pink
Is die mooiste sagte pienk skakering, effense kleur en laat ’n mooi sagte vlek op my lippe. Die pienk skakering is ontwerp om by elke veltoon te pas, danksy die blou/koel ondertoon van die pienk.
Clear Glow
Ek hou van ’n bietjie kleur op my lippe, anders lyk my gesig effens vaal en moeg so ek wend sommer díé een bo oor my Labello Lip Crayon in coral crush aan, dit gee die skakering ’n pragtige glans, laat my lippe voller lyk en laat die kleur boonop langer aanbly.
Lees ook: Georganiseerde grimeersakkies