dermastore gunstelinge
dermastore gunstelinge

Nuutste Dermastore gunstelinge

Ons het onlangse twee nuwe produkte van Dermastore (.co.za) ontvang, ’n gesigwasmiddel wat hou en hou plus ’n hidrerende oornag-slaapmasker wat puisies beveg, lees gerus wat ons daarvan dink. Deur Justine Kroes

Huxley Cleansing Gel (R530) & FEEV Hyper Clarifying Night Mask (R480)

FEEV Hyper Clarifying Night Mask (R480 dermastore)

’n Ligte masker wat jy oornag kan aanlos wat beloof om die vel te hidreer en terselfdetyd daardie ongewenste puisies te beveg. Die gesigmasker bevat bestanddele soos Succinic Acid, ’n tipe suur wat vel sagkens afskilfer, dit balanseer verder die vel se pH-vlak en beheer oortollige talgkliere.

Dit bevat ook anti-inflammatoriese bestanddele soos teeboomolie en wintergreen wat die vel streel. Hialuroonsuur sorg vir ekstra vog en glans.

Justine sê:

Ek sukkel taamlik met ’n sensitiewe vel en die afgelope ruk met puisies, danksy gereeld gesigmasker dra. Die FEEV Clarifying Night Mask is my gunsteling nuwe masker, my vel voel werklik sysag en gehidreerd teen die volgende oggend. Boonop laat die masker my puisies minder opsigtelik geswel en seer voel. Gedurende die wintermaande is my vel ekstra sensitief, maar hierdie masker laat geen irritasie of brand gevoel na gebruik nie.

Ek gebruik die masker twee keer ’n week, of wanneer daar ’n paar ongewenste puisies hul verskyning maak. Die masker voel lieflik sag en strelend wanneer ek dit aanwend, dit is ook nie taai nie en trek vinnig in. So jy hoef jou nie te bekommer dat die masker aan jou kussingsloop sal afsmeer nie. Ek spoel eenvoudig die volgende oggend die masker met water af – die resultaat is keer op keer glansende, bevogtigde vel!

Huxley Cleansing Gel (R530 dermastore)

’n Hidrerende gesigwasmiddel wat ’n reeks bestanddele bevat wat die gesig reinig maar nie droog of trekkerig laat voel nie. Die hoofbestanddele, kaktus ekstrak en Sahara turksvysaad-olie, bied hidrasie en anti-oksidante voordele vir die vel. Die gesigwas bevat ook hialuroonsuur wat hidrasie op dieper vlakke van jou vel bewerk.

Justine sê:

Die gesigwasmiddel van Dermastore wat hou en hou en hou! Ek gebruik nou al byna 3 maande lank soggens en saans hierdie gesigwasmiddel, en het nou eers die einde van die houertjie bereik. Ek dubbel-reining saans my vel, eers met miselwater (micellar water) aan ’n katoenballetjie en daarna was ek my gesig met die Huxley Cleansing Gel. Die pompbotteltjie is so handig in die stort en verseker dat ek net genoeg van die gesigwas uitpomp en gebruik. Ek kan nie wag om my volgende botteltjie te bestel nie.

Lees ook: Pienksout-kristallampe; waarvoor (en) werk dit regtig?

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
lipstiffie Revlon Super Lustrous
Lipstiffie; glansend versus mat
error: Content is protected !!