Himalayan salt lamp
Himalayan salt lamp

Pienksout-kristallampe; waarvoor (en) werk dit regtig?

Ons het ’n pienksout-kristallamp aangeskaf vir die Stylvol tuiskantoor, bloot omdat dit mooi is en inpas by die dekor. Begin jy egter nalees oor die ligte is daar glo talle voordele. Maar is dit werklik so? Deur Suzanne Kotzé

Die ‘voordele’ van die pienksout-kristallamp

Verkopers van die pienksout-kristallampe (wat natuurlik uit pienksoutkristalle gemaak word) sê dit het die volgende voordele:

  • verbeter jou luim
  • help met slaap
  • verminder allergieë
  • suiwer die lug

Dit werk glo deur allergene, toksiene en gifstowwe na die oppervlak te trek. 

Maar werk dit regtig?

Daar is weinig wetenskaplike bewyse dat hierdie lampe hoegenaamd doen wat hulle sê. 

Hier is my ondervinding van ons pienksout-kristallamp. 

Dit verbeter ons luim

Die pienk lig lyk baie mooi en skep ’n lekker gevoel; warm en koesterend. Kyk ons na kleuterapie weet ons ook dat pienk bekend is as koesterende kleur. Die pienk lig dra beslis by dat ons sommer beter voel in die kantoor.

Ons sien geen verskil in allergieë nie. 

Ek en Justine is altwee geneig om hooikoors te kry en sukkel ook gereeld met jeuk. Ons kon glad nie agterkom dat dit enige verskil gemaak het nie.

Suiwer dit die lug?

Hierdie is nie moontlik om te weet nie. Ons het wel ook ’n spekboom net buite die kantoor, so wie weet, dalk suiwer die twee saam die lug. 

Die lampe trek water

Die eerste keer wat ek dit opgemerk het, was daar toevallig ’n leë glas op die lessenaar langs die lamp en ek het gedink iemand het ’n glas water omgestamp. Die water het selfs die lessenaar gevlek en die gloeilampie was geblaas. Toe dit weer gebeur, vertel Justine my dat die lampe water uit die lug trek. Wat natuurlik sin maak. 

Afgeskakel sal jou lamp water trek, so hou dit liefs die heeltyd aan.
Om dit te voorkom moet jy
  • die lig aanlos
  • die nie naby ’n venster sit nie
  • jou lamp in ’n bakkie laat staan

Vandat ek die lamp die heeltyd aanlos, lek dit nie meer nie. Dit trek natuurlik krag, maar die gloeilampie is so klein dat dit nie veel is nie. 

Sal ek weer die pienksout-kristallamp koop?

Ek is regtig gaande oor die pienk, koesterende gloed wat dit skep. Ek wens wel ek het geweet van die water, voordat my lessenaar gevlek is. Dit is duur, maar ek sal dit waarskynlik weer koop, bloot omdat dit mooi is. 

Ek het my Himlayan Crystal Salt Lamp (R549,99 vir die medium grootte) by Wellness Warehouse geloop.

Lees ook: Kleurterapie; neem so beheer met kleur

Teken in op ons nuusbrief en word deel van die binnekring.

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
leergordels Nina Skep
Modekuns leergordels
error: Content is protected !!