Netjiese (plus gesonde!) naels

Bio Sculpture is ons nommer een keuse vir jelnaels – en wanneer ons naels ’n blaaskans nodig het, kry ons vingerpunte steeds salonstandaard naelsorg tuis met hierdie lieflike produkte. Ons het ’n klompie Bio Sculpture naelsorgprodukte getoets, lees meer oor hoe ons netjiese (plus gesonde!) naels tuis aanpak. Deur Justine Kroes

Bio Sculpture Remover Sachet

Hierdie is die heel beste uitvindsel! ’n Klein sakkie wat jy maklik kan oopskeur – binne-in is ’n lappie wat reeds deurweek is met naellak-verwyderaar. Dit is so handig – dis nie meer nodig om jou watte en jou hele botteltjie naellakverwyderaar saam te sleep in jou naellaktassie nie. Boonop vee dit naellak blitsvinnig weg – ek gebruik so een lappie per hand. So handig om in jou handsak te hou vir wanneer jou naellak NOU moet af.

Klik hier om te koop gebruik die kode STYLVOL10 vir 10% afslag wanneer jy by Bio Sculpture koop

Biosculpture Remover Sachet (R190 vir x100 sakkies)

Bio Sculpture Ethos Kiwi Scrub

Hierdie olie-gebaseerde skrop vir jou naels gee ’n tikkie luuksheid aan my tuis-mani. Ek gebruik dit nadat ek my naellak verwyder het. ’n Klein druppel op elke nael en ek masseer die skrop goed rondom my nael en naelbed in – dit verwyder enige dooie velletjies en naellak wat dalk agtergebly het.

Die skrop/olie bevat vitamien C en E om naels te hidreer. My naels voel skoon en dit ruik boonop hemels! Onthou net om jou hande goed te was na gebruik, jou naellak sal nie hou as jy bo-oor oliebehandelde naels aanverf nie!

Klik hier om te koop

Bio Sculpture Ethos Kiwi Scrub (R110 vir 14 ml)

Bio Sculpture Ethos Vitamin Dose

Hierdie is my heel gunsteling Bio Sculpture produk – en danksy die wonder-druppels (en goeie nael tegnici natuurlik!) is my naels sterker as ooit en groei teen die spoed van lig. Hierdie wonderdruppels bevat ’n kombinasie van vitamiene en ginseng-wortelekstrak wat die keratienstruktuur in jou nael se metabolisme aanhits en versterk.

Ek drup ’n druppel op elke naelbed en wanneer ek jel op my naels dra, drup ek sommer ’n druppel onder die voorpunt van my nael in.

Klik hier om te koop

Bio Sculpture Ethos Vitamin Dose (R110)

Bio Sculpture Ethos Lavender Base

’n Basislagie van jou drome! Spesifiek ontwikkel om droë en gebreekte naels te voed, is hierdie basis-lagie ’n gunsteling vanuit die Ethos reeks. Die sagte pienk skakering is so mooi, ek dra dit sommer as ’n naellak kleur. Ek verf eenvoudig net ’n bo-lagie oor. Een van my gunsteling “nude” skakerings. hierdie gee dadelik vir my netjiese (plus gesonde!) naels.

Koop dit hier

Bio Sculpture Ethos Lavender Base (R110 vir 14ml)

Bio Sculpture Gemini Nourishing Nail Polish

’n Naellakreeks beskikbaar in byna al die kleure van die reënboog (en selfs nog meer!). Hierdie naellak hou nou al 5 dae op my naels en ek is werklik beïndruk! Ek dink ek gaan ’n reuse versameling van die skakerings begin opbou!

Klik hier om te koop

Bio Sculpture Gemini Nourishing Nail Polish (R110)

Bio Sculpture Ethos Almond Oil

My amandelolie houertjie is amper klaar – danksy twee dogtertjies wat elke aand na hare blaas vra vir ’n handmassering. Ek kla nie – ek is te dankbaar beide my dogtertjies wil graag aandag aan hul naels gee (dit en natuurlik die lekker massering wat mamma se salon gee voor slaaptyd!). Ek vryf ’n druppel of twee in hul kleine handjies en masseer die olie goed in hul naelvliesies en sommer myne ook in. Dit bevat amandel, jojoba, avokado en vitamien E olies om naels en naelvliesies te hidreer.

Klik hier om te koop gebruik die kode STYLVOL10 vir 10% afslag wanneer jy by Bio Sculpture koop

Bio Sculpture Ethos Almond Oil (R110)

Lees ook: Lipstiffie wat hou en hou

Teken in op ons nuusbrief en word deel van die binnekring.

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Dior La Colle Niore
La Colle Noire
error: Content is protected !!