Maak jy jou oë toe en jy ruik CIRCA Lily & Rosewood kerse of geurstokkies, sien jy in jou geestesoog die mooiste bos vars gesnyde blomme in die voorportaal van jou droomhuis. Deur Suzanne Kotzé
promosie
Die beperkte uitgawe CIRCA Lily & Rosewood
Die Australiese reeks huisgeure van CIRCA is van ons gunsteling huisgeure, wat beslis kers opsteek by van die heel luukse, duur reekse, maar teen baie beter pryse.
Die beperkte uitgawe Lily & Rosewood geurverspreider, geurstokkies en kerse het die mooiste verpakking. As jy hierdie as geskenk gee het jy nie eers nodig het om dit toe te draai nie. Die mooi blom en plantpatroon wat op die verpakking is, lyk kompleet of dit uit ’n betowerende tuin kom en is ’n goeie weerspieëling van hoe dit ruik.
Hoe ruik die CIRCA Lily & Rosewood reeks?
Die geur is modern en vars, so asof die blomme pas gesny is. Die geur van soet lemoene en pienk peper tesame met klassieke wit blomme en vanielje en kasjmier-muskus skep ’n verwelkomende, warm geur; koesterend genoeg asof dit voel of jy n geurdrukkie kry. So sit gerus ’n kers of geurverspreider by jou ingangsportaal om jou of jou gaste te verwelkom elke keer as die voordeur oopgemaak word.
Waaruit bestaan CIRCA Lily & Rosewood-reeks?
Die mooiste 350 g groot kerse (R699) in ’n sagte pienk kershouer wat sag gloei wanneer die kers aangesteek word. Let wel dat hierdie pienk kershouers ’n beperkte uitgawe is, wat waarskynlik van die rakke gaan vlieg. (Circa is werklik so gewild dat die produkte dikwels baie vinnig uitverkoop in Dis-chem. Ons moes al ’n paar keer met leë inkopiesakkie daar uitstap!)
’n 250 ml geurverspreider (R799) ook in ’n sagte pienk botteltjie.
Liquidless Diffuser Duo (R799) met ’n pakkie Lily & Rosewood en ook Sea Salt & Vanilla geurstokkies. Hierdie minimalistiese houertjie is so mooi dat dit enige plek in jou huis sal pas. Die stokkies is reeds vooraf in geur deurweek, daarom het jy geen geurvloeistof nodig nie. Jy druk bloot die stokkies in die mooi houertjie.
Ons sien uit na koesterende oomblikke van stilte en heerlike geure tydens ’n alleentyd vroegoggend of ’n laataand koppie tee of koffie.