Al ooit gewens daar was ’n lipstiffie wat van oggend tot aand op jou lippe hou? Hier is die goeie nuus – daar is! Ons het onlangs Lipped SA se Tattoo Lipstick raakgesien op hul Instagramblad en ons wou dadelik toets of dit werk – lees hier meer oor lipstiffie wat hou en hou: Deur Justine Kroes
Wat is die Tattoo Lipstick?
’n Tipe lipvlek-ink/ lipstiffie wat heeldag lank hou. Dit wend maklik aan en hou werklik ure lank.
Hoe werk dit?
- Jy koop ’n houertjie/ boksie wat 20 katoenstokkies met ink bevat. (Dit lyk nes ’n oorstokkie).
- Die ink sit in die middelste gedeelte van die stokkie – breek (snap) eenvoudig die bopunt van stokkie af, daar sit ’n lyntjie wat aandui presies waar jy dit moet breek.
- Hierdie aksie laat die ink/lipkleur na een kant toe vloei. Wees versigtig om die ink nie op jou vingerpunte of klere te mors nie.
- Gebruik nou die katoenpunt wat vol kleur is as ’n vlek op jou lippe – wend dit eenvoudig soos ’n lipstiffie aan.
- Werk versigtig en netjies – ek het heel eerste my lippe omlyn met die stafie en daarna my lippe ingekleur.
Hoekom ons daarvan hou?
- Daar is 4 verskillende skakerings beskikbaar, Pink, Red, Rose Red en Nude, met 20 kleurstafies in elk van die boksies. Teen R240 per boksie. Klik hier om te bestel.
- Daar is ook “multicolour” boksies beskikbaar, met 20 stafies X 5 van elk van die verskillende kleure in een so ’n boksie beskikbaar.
- Na middagete, aandete en masker dra bly die kleur net mooi op sy plek!
- As jy die kleur wil verfris, wend ’n kleurlose lipsalf aan jou lippe, dit bied ook ekstra hidrasie wat die lipvlek nie gee nie.
- Die lipkleur verwyder blitsvinnig met grimeerverwyderaar en ’n stukkie watte.
Lees ook: Tuis-mani truuks