Diego Dalla Palma Icon Time
Diego Dalla Palma Icon Time
diego-dalla-palma-iIcom-time.jpeg

Jonger vel vir langer met silwer, goud en platinum

In die welweeskringe en langlewendendheidstudies is daar ’n groot fokus om nie ouderdom te beveg nie, maar eerder te fokus om gesonder en langer te leef.  Dit is waarop die Italiaanse Icon Time reeks van Diego Dalla Palma ook fokus as dit by jou velsorg kom; jonger vel vir langer. Deur Suzanne Kotzé, Foto’s: Tegan Smith

Promosie

Jonger vel vir langer met Diego Dalla Palma se Icon Time reeks

Diego Dalla Palma is aanlyn beskikbaar by Orleans Cosmetics en by uitgesoekte salonne.

Die Icon Time reeks fokus op vel langlewendheid en hoe om jou vel se natuurlike vermoë om te hernu en herstel te ondersteun sodat jou vel met tyd meer veerkragtig kan wees. (En letterlik en figuurlik kan terugbons).

Veroudering gaan oor meer as plooie

Die Icon Time reeks is ontwikkel rondom die idee dat veroudering oor veel meer as plooie gaan. Wat onder die vel gebeur; stadiger velhernuwing, kollageen wat swakker is en verskillende vellae wat nie met mekaar ‘praat’ nie. Die reeks teiken die dieper velprosesse met ’n konsep genoem sellulêre bio-herlewing (bio-revitalisation). Hiervolgens word jou vel aangemoedig om op sy beste te werk, ongeag jou ouderdom.

Silwer, goud en platinum; ’n pasgemaakte benadering vir elke dekade

Die Icon Time-reeks fokus spesifiek op verskillende dekades van veroudering, en elke dekade het nie net die naam van ’n edelmetaal nie, en ooreenstemmende verpakking (wat dit superluuks laat lyk nie), maar die edelmetale word ook in bestanddele gebruik vir hul funksionele voordele.

Silwer: Icon Time Silver (vanaf dertigs)

Die Icon Time Silver reeks fokus daarop om jou ‘jeugkapitaal’ te behou.  Die doel is voorkoming. Die formules help om jou velversperring te versterk, hidrasie ’n hupstoot te gee en om jou vel te beskerm teen vroeë tekens van veroudering wat deur spanning, besoedeling en selfs blou lig van skerms veroorsaak word.

Die Silver Revitalising Anti-Age Cream (R1595, Orleans Cosmetics) verhelder dowwe vel, bevorder suurstoftoevoer en dien as ’n beskermende skild teen daaglikse aanvallers. Die ligreflekterende tekstuur maak dit ook ideaal as ‘n stralende grimeerbasis. Justine gebruik op die oomblik hierdie room en is beïndruk met hoeveel meer glansend haar vel is.

Goud: Icon Time Gold (vanaf veertigs) 

Die fokus is beskerming en herstel om kollageen (wat jou vel ferm en glad hou) te behou. Soos ons kollageen natuurlik minder word, probeer die reeks die produksie ondersteun om verdere afname te voorkom.

Die Gold Redensifying Anti-Age Cream (R1755, Orleans Cosmetics) is ryker en  fokus om plooie gladder te maak en digtheid te herstel wat die vel mettertyd fermer maak. Ek gebruik op die oomblik hierdie room en my vel voel sterker.  

Icon Time Platinum (vyftigs) 

Die intensiewe reeks teiken dieper behoeftes; soos die verlies aan elastistiteit en stadiger vel metabolisme. Die doelwit is om jou die vel se interne prosesse te reaktiveer, sodat dit help met fermheid, digtheid en terugbons.

Die Platinum Skin-Renewal Anti-Age Cream (R1855, Orleans Cosmetics) help met diep voeding en hernuwing. Dit is veral geskik vir droë of volwasse vel, wat help om elastisiteit te verbeter en lyne sigbaar te versag.

Die dryfveer van die Icon Time reeks; edelmetale en gevorderde wetenskap

Die reeks gebruik nie net die kleur van edelmetale vir hul verpakking (wat dit superluuks laat lyk) nie, maar dit word ook vir hul funksionele voordele gebruik.

Silwer

Silwer help om die velversperring te versterk en dit teen omgewingskade te beskerm.

Goud

Goud word gebruik in peptiedkomplekse wat kollageen stimuleer en sellulêre langlewendheid ondersteun.

Platinum

Platinum word intussen gekoppel aan die verbetering van kommunikasie tussen velselle en die handhawing van die struktuur wat die vel ferm en plomp hou.

Behalwe die metale, is die formules propvol hoëprestasie-bestanddele wat ontwerp is om die belangrikste kenmerke van veroudering aan te pak.

Icon Time Silver bestanddele

Die Anti-InflammAging System in die Silver-reeks teiken lae-vlak, chroniese inflammasie; ’n verborge drywer van voortydige veroudering. Deur hierdie proses te onderdruk, help dit om droogheid, sensitiwiteit en vroeë plooie te verminder.

Nog ’n uitblinker is Oxygeskin, wat sellulêre respirasie bevorder. Eenvoudig gestel, dit help velselle om meer energie te produseer, wat lei tot beter kollageen-, elastien- en hialuroonsuurproduksie; die boustene van gesonde, gloeiende vel. Dit beskerm ook teen oksidatiewe stres van digitale toestelle, ’n moderne probleem wat dikwels “blouligveroudering” genoem word.

Icon Time Gold reeks bestanddele

Golden Coll-Peptiedes en NO-A.G.E.S peptiedes werk saam om kollageen te stimuleer terwyl dit beskerm word teen glikasie; ’n proses waar oortollige suiker velproteïene beskadig, wat lei tot verslapping en plooie.

Icon Time Platinum reeks bestanddele

Die Platinum-reeks werk selfs dieper met sy Age Delay Complex, wat die produksie van sogenaamde “jeugproteïene” aanmoedig.  Terselfdertyd help platinum-gebaseerde peptiede om die vel se strukturele raamwerk te handhaaf, wat fermheid en elastisiteit verbeter.

Hidrasie en struktuur danksy die 51+3 Hyalu Complex™

Die hele Icon Time reeks bevat die sogenaamde 51+3 Hyalu Complex™, ’n kragtige kombinasie van aktiewe bestandele wat hidrasie en sellulêre kommunikasie aanmoedig. Dit vul noodsaaklike elemente in die vel aan terwyl dit aminosure verskaf wat noodsaaklik is vir kollageen- en elastienproduksie.

Die resultaat is vel wat nie net gehidreerd voel nie, maar ook struktureel sterker is;  gladder, fermer en meer veerkragtig.

Vir alle ouderdomme

Icon Time Gold Elixer Serum

Icon Time Gold Elixer Serum (R2095, Orleans Cosmetics)

Wat ’n luukse serum. Ek verbeel myself sommer korreltjies goud (eintlik hialuroonsuur mikro-kapsules) bars oop soos ek die serum aansmeer. Dit bevat kollageen-versterkende peptiede om plooie te verminder, fermheid te verbeter en veltoon te herstel.  My vel lyk beslis meer glansend en voel gehidreerd vandat ek dit gebruik. Die tekstuur is lieflik.

Icon Time Gold Neck Cream

Die Icon Time Gold Neck Cream (R1345, Orleans Cosmetics) help nie net om jou nek en borsarea fermer te maak en plooie minder sigmaar te laat lyk nie, maar dit help ook om meer definisie te gee (en die voorkoms van ’n dubbelken te verbeter.) Onthou wend dit opwaarts van jou bors na jou ken aan.

Icon Time Collagen Booster Firming Face Emulsion

Die Icon Time Collagen Booster Firming Face Emulsion (R1995, Orleans Cosmetics) bevat minerale in ’n beige-kleur wat jou vel dadelik glansend laat lyk. Gebruik dit as die laaste stap van jou velsorgroetine (na jou dagroom en voor jou grimering.)

Icon Time Correcting Eye cream

Die Icon Time Correcting Eye cream (R1195, Orleans Cosmetics) bevat oranje kleurkorigerende pigment om donker kringe minder sigbaar te laat lyk en verbeter mikro-sirkulasie.
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Isabel de Villiers runway
Isabel de Villiers se klerekuns
error: Content is protected !!