Hierdie speelse, vroulike goedvoelgeur gaan jy wil dra

Daar is iets omtrent ’n fyngeur wat dadelik jou luim lig; nes jou gunsteling liedjie of ’n spontane aandjie uit saam met vriende. En dit is juis die gevoel wat die nuwe fyngeur I Want Choo With Love wil vasvang. Speels, vroulik en onweerstaanbaar. Deur Suzanne Kotzé.

Jimmy Choo I Want Choo With Love Eau de Parfum en die I Want Choo-versameling

As jy reeds van die I Want Choo-versameling hou, dink aan I Want Choo With Love as die stralende, speelse sussie. I Want Choo With Love is die vierde toevoeging tot die reeks, en dit sluit ten volle aan by wat die I Want Choo-fyngeure vasvang;  selfvertroue, glans en daardie goedvoel-energie wat jy heeldag (en nag) saam met jou wil dra.

I Want Choo With Love is ’n goedvoelgeur

’n Fyngeur gaan oor veel meer as lekker ruik;  dit gaan ook oor goed voel.

I Want Choo With Love vier die soort liefde wat werklik saak maak: jou vriendskappe, jou gekose familie en daardie allerbelangrikste selfliefde.

Daar is min dinge soos ’n aand uit saam met ‘n vriendin om jou te laat goedvoel, en natuurlik ook ‘n spuitjieI Want Choo With Love.

‘n Moderne “pienk vanielje”-geur

Geskep deur meester-parfumeurs Amandine Clerc-Marie en Gabriela Chelariu, bou die geur op Jimmy Choo se kenmerkende pienk, sag, gloeiende en onbeskaamd vroulik gevoel. Die resultaat? ’n Moderne pienk vanielje-geur wat terselfdertyd verslawend en moeiteloos elegant is.

Die geurnote van Jimmy Choo I Want Choo With Love

Topnote

Jy ruik eers die helder, sappige note van framboos, mandaryn en lemoenblom. Dit ruik vars, effens soet en beur jou dadelik op.

Middelnote

Soos die sappige topnote tot bedaring kom, kom blomnote van roos, hibiskus en kammetjie deur, wat ’n sagte, romantiese hart byvoeg.

Basisnote

Dan kom die ware towerkrag: ’n warm, romerige basis van vanielje, sandelhout en muskus wat pragtig op die vel bly hang.

Die glansryke bottel

Die beeldskone bottel met sy glinsterende, spieëlagtige pienk afwerking lyk glansryk en modern. ’n Handgeskrewe “With Love”-detail van kreatiewe direkteur Sandra Choi voeg ’n persoonlike, amper intieme tikkie by, terwyl die kenmerkende JC-monogram natuurlik ook aandag trek.

Stadsliggies van Londen is die agtergrond

Die advertensieveldtog vang die elektriese energie van vriendskap vas teen die agtergrond van Londen in die nag. ’n Aand van mooi aantrek, uitgaan en die vreugde van die oomblik vasvang.

Modelle Rebecca Longendyke en Sacha Quenby keer terug as die gesigte van die geur.

In sy kern is I Want Choo With Love ’n viering:  van verbintenis, van selfvertroue en van daardie klein vonkies geluk wat ons met ander en onsself deel.

NS aangesien min van ons modelle in Londen is, beteken ’n aandjie uit dalk ’n skemerkelkie saam met ’n vriendin of selfs boekklub. ’n Goedvoel-aand met goedvoel-vriendinne en ’n goedvoelgeur.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
5 Redes waaroom hierdie 30 minute oogbehandling ’n moet-probeer is
error: Content is protected !!