Netjiese naellak in ’n japtrap!

Hou jy ook daarvan om vinnig jou naels te verf wanneer jy ’n stil oomblik het, maar die gejaag laat jou ook met naellak wat oral om jou naelbed vasklou? Ons het ’n slim oplossing gevind – netjiese naellak in ’n paar minute! Deur Justine Kroes

Morgan Taylor Edge Perfection

Ek is so dankbaar vir dié slim ontwerp wat my naelverfproses blitsig vinnig maak. Ek moes voorheen altyd met ’n oorstokkie en naellakverwyderaar my nailbed sit en netjies vee. Maar met die Morgan Taylor Edge Perfection (R264) is dit super maklik – verf eenvoudig die lagie (effens soos ’n gom maar nie taai nie) op jou naelbed en nael vliesies – en trek dit af wanneer jy jou kleur klaar geverf het.

Stap 1

Maak seker jou naels is mooi skoon, verf dan met jou basislagie. Hierdie stap laat my naellak altyd langer aanbly – as ek van hom vergeet, dop my naels sommer al binne die eerste dag af.

Die Morgan Taylor 3-In-1 Base, Treatment & Top Coat (R280) is tans ’n gunsteling wat ek as basislaag en bo-lagie bo oor my kleur gebruik; boonop werk dit as ’n behandeling op my naels te voed.

Stap 2

Verf nou die Morgan Taylor Edge Perfection rondom jou naelbed/ naelvliesies, maak seker jy verf so naby as moontlik aan jou nael.

Verf dan jou gunsteling kleur naellak op jou naels.

Onthou om die bopunt van jou naels te verf om die naellak te seël – hierdie stap verseker ook dat my naelkleur langer hou.

Stap 3

Wag totdat die Edge Perfection droog is en trek dit stadig met ’n haartangetjie af. Die haartangetjie maak dit maklik om die gom gedeelte raak te vat en af te trek.

Verf nou jou bo-lagie vir ekstra blink en houkrag, en moet nie van jou naelvliesolie vergeet nie.

’n Gunsteling wat alewig in my handsak saam my rondtoer, is die Sally Hansen Cuticle Rehab (R120).

Siedaar, salonperfekte naels in 1, 2,3!

Lees ook: Botaniese olieserum en ’n ‘jade’ roller

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Stylvol Bril
Brilkies-wenke
error: Content is protected !!