Nuxe Super Serum 10
Nuxe Super Serum 10

Botaniese olieserum en ’n ‘jade’ roller

Dit voel behoorlik of jou vel hierdie botaniese olieserum; die Nuxe Super Serum [10] opdrink terwyl die geur en tekstuur jou laat voel asof jy in ’n spa is. Wend jy dit boonop met die groenkwartsroller (wat jy gratis saam met die serum kry) aan, is jy behoorlik in pamperlang-hemel. Deur Suzanne Kotzé

Daar was groot opgewondenheid by Stylvol toe ons die pakkie van Nuxe ontvang het! Ons is nog altyd aanhangers’ van die Franse velsorgreeks, bekend vir sy botaniese bestanddele en natuurlike aanslag. 

Botaniese olieserum

Nuxe Super Serum
Nuxe Super Serum [10] (R1260 vir ’n 30ml botteltjie beskikbaar by Woolworths, Foschini Beauty)

Beskou jy na die Nuxe Super Serum [10] van naby lyk dit asof dit bestaan uit duisende klein balletjies. Hierdie balletjes is in der waarheid mikrosfeertjies gevul met botaniese olies, omring deur die super-bevogtigende hialuroonsuur. Die hialuroonsuur is spesiaal ontwikkel om van ’n uiters lae massa te wees sodat dit jou vel dieper kan penetreer. Soos jy waarskynlik weet kom hialoroonsuur natuurlik in ons velle voor, maar soos baie ander goeie dinge, word dit al hoe minder soos ons ouer word. Deurdat dit bevogtig, help dit ook dat ons velle plomper lyk. Die serum bevat ook een van ons ander gunsteling bestanddele, niasinamied of vitamien B3 wat jou vel helderder laat lyk.

En watter botaniese olies is binne-in die sfeertjies?

Die hoofbestanddeel in die sfeertjies is ’n botaniese kompleks wat Edelweiss selle bevat. Soos jy dalk sal weet, groei die Edelweiss plante aan die hange van die Alpe (Ja jy mag maar Sound of Music in jou kop).

Hierdie skaars blommetjies word eeue lank reeds gebruik in tradisionele medisyne, maar dit is ook ’n gewilde bestanddeel in velsorg omdat dit ’n baie sterk anti-oksidant bevat (glo sterker as vitamien C) en met selhernuwing help.

Die teenverouderingsvoordele is glo so effektief dat daar tans ’n patent hangende is hiervoor. Moet egter nie bekommerd wees nie; Nuxe gebruik nie die blommetjies nie. Hulle gebruik slegs ’n stukkie van die plant deur dit in die laboratium te kweek. 

Volgens Nuxe kan die serum jou vel 10 jaar jonger laat voorkom. Let wel nie noodwending lyk nie. Na twee weke se gebruik lyk ek vir myself meer glansend en my vel voel beslis minder droog. 

Trek jou pipet so halfvol met die serum en wend dit soggens en saans aan jou gesig, nek en décolleté.

’n ‘Jade’ (groenkwarts) roller pasella saam met die serum

jade roller

Koop jy die serum kry jy nou die groenkwartsroller gratis. 

Ek is al lank nuuskierig oor die roller en glo beslis dat massering van jou gesigspiere kan bydra dat jy jonger lyk. Die groenkwartsroller maak dit egter makliker en vinniger en met die koue steen van die roller voel asof jy die pofferigheid (opgehoopte gifstowwe en vloeistof) sommer dadelik begin wegmasseer.

Hoe om die ‘jade’ roller te gebruik?

Kyk die video hier:

Lees ook: Porseleinlepels vir pofferige oë met die Cryo-oogbehandeling

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Virtuele haarsalon
error: Content is protected !!