RVB Instant glimmer
RVB Instant glimmer

Grimering vir somerglans

Met die son wat meer lewe en energie bring is ons ook skielik lus vir somerglans; om meer glansend en verbrons te lyk. Ons probeer RVB Glimmer Instinct Fluid Face Highlighter. Deur Suzanne Kotzè

Somerglans met RVB Glimmer Instinct Fluid Face Highlighter

Jy kyk net na die houertjie van die RVB Glimmer Instinct Fluid Face Highlighter (R495, beskikbaar by orleanscosmetics.co.za) en dit voel soos somer!

Dit het my dadelik laat voel of ek ’n ligte somersrok moet aantrek en ’n strooihoed en sonbril moet opsit met ’n lang mengeldrankie in die hand.

As jy net kyk na die vloeistof kan jy sien dat dit baie glansend is, so begin beslis met minder eerder as meer. Ek het natuurlik eers te veel aangesit (en Justine het laggend na my verwys as ‘Robocop’). Jy kan dit of aanwend op die gewone plekke waar jy ’n beklemtoner gebruik (onder jou wenkbroue, op die bokant van jou wangbene, op op jou kupidobogie). Anders kan jy ’n druppel inmeng by jou onderlaag.

My gunsteling manier om dit te gebruik is laasgenoemde. Begin net weereens met minder eerder as meer, want jy wil nie te glansend lyk nie. Ek gebruik so twee druppels. Dit gee ’n pragtige gesonde glans. Ek wend ook ’n tikkie net onder my wenkbroue aan en op my kupidobogie. Vermy dit egter rondom jou oogarea waar jy plooitjies het, want dit beklemtoon beslis plooitjies hier. Dit is juis daarom dat ek dit eerder net onder my wenkbroue gebruik, en dit voel asof dit jou oogarea ook varser en oper laat lyk.

Baie mense verkies ’n mat onderlaag vir elke dag en hierdie is ideaal om te gebruik vir daardie dae of aande wanneer jy meer glansend wil lyk. So hoef jy nie twee onderlae te hê nie.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Stylvol Bril
Brilkies-wenke
error: Content is protected !!